1. TEDDIEBERE-PIEKNIEK: (vir kleuters)
Pak
al jou sagte speelgoed en teddiebere in ‘n mandjie en pak bekertjies en
koeldrank en koekies in ‘n ander mandjie.
Nooi
een of twee maatjies na die piekniek en vra hulle moet ook hulle beertjies
saambring.
Vra
vir Mamma om vir julle ‘n kombers of slaapsak onder ‘n boom oop te gooi.
Pak
al die speelgoed een kant van die kombers uit, pak al die eet en drink-goed aan
die ander kant uit en hou lekker fees!!
2. LIEDJIES EN GEDIGTE-PIEKNIEK:
Nooi
iemand wat kitaar kan speel en kinderliedjies ken. Neem ‘n gedigteboek en die Bybel saam.
Vra
vir elkeen om iets saam te bring na die piekniek – rou groente soos
wortelstokkies of komkommerringe, tamaties in wiggies gesny; vrugte soos druiwe
of appels of piesangs. Julle kan ook
vrugtesap saamneem en broodrolletjies of toebroodjies.
Neem
papierborde saam en laat elkeen ‘n gesig uitpak op die papierbord met die
vrugte en groente voordat dit geëet word.
Na
die ete kan julle lekker saamsing en kan gediggies of ‘n Psalm uit die Bybel
gelees word.
Iemand
of almal kan selfs bid en die Here loof
en prys vir al Sy seëninge!
3. STRAND-PIEKNIEK:
Maak
seker die wind waai nie op die Strand nie!
Pak
‘n mandjie met:
toebroodjies,
gebakte wors, gekookte eiers (10 min. Nadat die water begin kook het), sout en peper, tamaties, ‘n
pak aartappelskyfies, koeldrank. Onthou
die bekertjies en papierborde.
Neem
‘n reisdeken of slaapsak, opvoustoele en sambreel asook ‘n bal.
Kry
‘n lekker plek vir jul gesin en pak alles uit.
Eet eers lekker rustig en bekyk die pragtige see en berge en loof die
Heer vir die wonder van die Skepping.
Speel
dan ‘n paar balspele, swem as dit lekker warm is en vier FEES!
4. PIEKNIEK MET JOUSELF:
Het
jy al daaraan gedink dat jy op jou eie ‘n piekniek kan hou? Hier is hoe:
Dek
vir jou ‘n mooi tafeltjie met ‘n mooi tafeldoek en sit jou spesiale bord, glas
of koppie daarop met jou gunsteling eetgoed. (My gunsteling eetgoed sal
wees: Soutbeskuitjies, kaas, tamatie,
avokadopeer, neute, tee en sjokolade)
Speel
die CD waarvan jy baie hou. (My
gunsteling is een van Mozart se klavierkonserte)
Teken
‘n prent van Psalm 23 waar staan: “Die
Here is my Herder, ek kom niks kort nie.
Hy laat my in groen weivelde rus.
Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag.”
5.
PIEKNIEK OM JOU EETKAMERTAFEL: Pak speletjies soos Dambord, “Chinese Checkers”,
“Rummikub”, “Thirty seconds”, Uno ens.op tafel.
Pak broodrolletjies en worsies uit op ‘n skinkbord met pakke aartappelskyfies, tamatiesous en
aanmaak koeldrank. Sny ook appels op in 16des en plaas in bakkies op tafel vir
peusel. Besluit watter speletjies
wanneer gespeel gaan word en hou boek van wie wen. Besluit ook wanneer om te eet. Geniet ‘n heerlike piekniekete en
speletjiesaand!!