Wednesday 19 June 2013

Toets jouself aan die 10 Gebooie


Die Onse Vader gebed leer ons om te vra dat God ons sonde sal vergewe. Toets jouself om te sien of jy nie God se 10 gebooie in  Eksodus 20 oortree nie.  Hierdie gebooie is die riglyne waarvolgens ons moet lewe:   Die 10 gebooie kan ons nie hou as ons nie glo in Jesus Christus wat die Wet en die profete volbring het nie.  Hy het die prys betaal sodat ons van ons sonde verlos kan word en Hy is ons Helper om ons uit dankbaarheid so te laat leef dat hierdie 10 gebooie die stippellyne vir ons lewenspad is.
1-2.  Is daar ander gode in jou lewe wat belangriker is as God, bv. geld, besittings,  werk, familie, stokperdjies, wat die sterre voorspel?  Indien wel dan oortree jy die eerste en tweede gebod –  God sê dat ons geen ander gode voor Hom mag stel nie en ons mag hul nie aanbid nie.
3.      Gebruik  jy die Here se naam as ‘n vloekwoord of as ‘n stopwoord i.p.v. om Go se Naam net te gebruik as jy bid of van Hom getuig?  Indien jy dit doen oortree jy die derde gebod.
4.     Doen jy al jou werk gedurende 6 dae van die week sodat jy die 7de dag kan  gebruik as ‘n rusdag en dag waarop jy aan  jou verhouding met jou Hemelse Vader werk deur na ‘n Evangeliese Kerk te gaan en saam met mede-gelowiges die Here te dien?  Indien jy aangaan op Sondae asof dit ‘n gewone werksdag is, oortree jy die 4de gebod.
5.      Eer jy jou ouers en eer jou kinders vir jou as ouer?  Indien nie, word die 5de gebod oortree.
6.    Jy mag nie moordpleeg en mense se lewe neem nie, maar as jy van mense skinder en hul karakter skend, is dit so goed soos moord pleeg.  (6de gebod)
7.     Jy mag nie egbreuk pleeg nie – is jy skludig aan huweliksontrou? Fisies of met jou gedagtes? Gee jy aanleiding tot huweliksontrou omdat jy nie jou huweliksmaat liefhet nie? – (7de gebod)
8.     Jy mag nie steel nie – Steel jy van God of van jou naaste? God se geld? God se tyd? Tyd by die werk? Te min betaling vir my naaste vir dienste gelewer? (8ste gebod)
9.     Jy mag nie vals beskuldig nie – beskuldig jy mense verkeerdelik van dinge wat hul nie gedoen het nie of jok jy oor jou eie onskuld? (9de gebod)
10.  Jy mag nie begeer nie – is jy onvergenoegd en begeer om ryker te wees of ander se besittings te hê?  Is jy onvergenoegd met hoe jy lyk en wie jy is? Is jy besorg oor jou naaste wat minder het as jy? (10de gebod)

Bely jou oortredinge voor die Here en pleit om Sy GENADE.  Vra dat Hy vir jou in Christus Jesus nuwe Lewe sal gee en jou sal help om Hom in alles wat jy doen of dink of sê, te verheerlik! 
 
 
John Piper sê:  “The fuel of worship is a true vision of the greatness of God; the fire that makes the fuel burn white hot is the quickening of the Holy Spirit; the furnace made alive and warm by the flame of truth is our renewed spirit; and the resulting heat of our affections is powerful worship, pushing its way out in confessions, longings, acclamations, tears, songs, shouts, bowed heads, lifted hands, and obedient lives.”

 
 
 

 
 
 
 
 
 
 
 

 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap