Prepare an easy German meal:
1. Make mash potatoes
2. Stew apple pieces
3. Open a can of "sauerkraut" and heat
4. Heat some German sausage
Use mustard for the sausage
SONDAG MIDDAGETE: Hierdie maaltyd is my kinders en kleinkinders
se gunsteling en ek maak dit gereeld as hulle kom kuier:
Tuna-Voorgereg: Maak
witsous deur 1 eetlepel margarine te smelt op stoof, roer 2 eetl. Meel, ½ t.
sout en ook 2 koppies melk by. Kook stadig tot dik word – roer aanhoudend
dat dit nie brand nie tot gaar. (1/2 minuut)Voeg 2 eetlepels mayonaise by en 1
blikkie fyn tuna. Roer goed. Skep op gekerfde slaaiblare op ‘n
kleinbordjie of skulp.
Hoofgereg word in oond geplaas voor kerk en na kerk
oopgemaak en bietjie oop gebraai.
Plaas 1 of 2 hoenders of hoenderstukke in vlekvrye
staal bak of “corning ware” bak met ‘n
deksel.
Sny 3 aartappels, 2 uie en 3 wortels in stukke
bo-op hoender.
Maak in beker 250ml. water met 1 pakkie wit uiesop,
2 eetlepels mayonaise, 2 eetlepels blatjang aan.
Gooi die blatjangmengsel oor hoender en groente. Bak in oond by 200̊ vir 90 minute in bak met
deksel. Maak oop 20 minute voor jy
opskep, draai vleisstukke om en laat oop
bak in oond vir sowat 15 minute.
Nagereg:
Appeltert
3
groot appels of blik kookappels Kook
met ‘n bietjie suiker en naeltjies. Gooi in bak en sit volgende deeg daaroor:
4
hoogvol eetl. Meel, 2 t. bakpoeier en sout. Meng met 1 eetl. Botter, 2 eetl.
Suiker, 1 eier en ½ kop. Melk Bak vir 20
minute in voorverhitte oond op 200̊ .
Haal uit oond en sit 2 eetl.
Botter gemeng met 2 eetl. Stroop bo-oor warm nagereg dat dit kan intrek.
Jellie poeding Meng
volgende bestanddele: 4 eetl. Botter, 2
eetlepels Suiker, 1 pakkie jellie in 1 kop. Kookwater. Plaas in vuurvaste bak. Maak volgende deeg aan en skep in jellie mengsel: ¼ kop. Botter, ¾ kop. Suiker en 1 eier. Voeg 1 ½ kop. meel, ½ t. sout en 2 t. bakpoeier by bottermengsel
om die beurt met ½ kop. Melk.
Bak
vir 20 minute en bedien warm met room of roomys.
Heerlike maklike botterbroodjies:
Meng 'n koppie melk en 1/2 koppie natuurlike yoghurt met 1 eier in 'n mengbak.
Voeg 3 koppies bruismeel, 1/2 teelepel sout en 1/3 koppie kookolie daarby.
Meng goed. Plaas groot lepelsvol in 'n gesmeerde kolwyntjie-pan en bak in 'n vooraf verhitte oond (200 grade). vir 15 minute.
Sny in helfte deur sodra goed deurgebak en bedien met botter, room en aarbeikonfyt! Of tamatie en kaas! Of maaskaas en appelkooskonfyt!
Easy Scones:
Mix in a mixing bowl: 1 cup of milk, 1/2 cup of plain yoghurt and 1 egg. Add 3 cups of Self-raising flour, 1/2 teaspoon of salt, 1/3 cup of cooking oil. Mix well. Place spoonfuls in a sprayed muffin pan and bake in a pre-heated oven (200 grades) for 15 minutes.
Cut in halves and serve with butter, cream or jam; tomato and cheese or cottage cheese and apricot jam!! Enjoy!!
Drie maklike maaltye:
1. Kerriemaalvleis, rys en slaai
Op een plaat jou kastrol met rys; ander kastrol kerrie: Bietjie olie in kastrol en braai ui wat opgesny is. Voeg pakkie maalvleis by (ek maak maalvleis in klein plat pakkies op dan gooi ek dit so gevries op ui. Voeg water by en draai plaat op medium. Voeg wortelringe, aartappelkwarte, gevriesde ertjies by en laat kook sowat 10 minute. Voeg nog water by as dit wil aanbrand. Voeg nou 2 eetlepels kerrie-poeier, 2 teelepels borrie, 2 eetlepels appelkooskonfyt, 2 lepels blatjang en sout by. Kook weer so 10 minute. Voeg nou blikkie “baked beans” by. Roer liggies en kook verdere 10 minute.
Bedien kerrie op rys met blatjang asook ‘n mengelslaai of piesangslaai (kerf piesangs op en meng met bietjie appelkooskonfyt en room).
2. Spaghetti en maalvleis met mengelslaai
Op een plaat kook jy spaghetti en ander kastrol braai 1 ui in bietjie olie. Voeg maalvleis by en laat kook. Voeg by diee vleismengsel sout, peper, worcestersous, blikkie uie en tamatie mengsel of tomatiepuree of albei. Kook tot gaar. Plaas spaghetti in vergiettes of sif en spoel af onder warm water.
Eet vleismengsel op spaghetti en rasper kaas bo-oor. Eet met mengelsaai of beetslaai
3. Pannekoek-maaltyd
Maak pannekoekdeeg in ‘n beker met tuit aan sodat jy dit sommer in pan kan uitgooi. Meng 1 ½ kop. Water, 1 ½ kop melk, ½ kop. Olie, 3 eiers, sout, 1t. Asyn. Klits goed en voeg 2 kop. Bruismeel by. Verhit pan met bietjie olie vir 1ste pannekoek, daarna is olie nie meer nodig. Sodra blasies breek aan bokant van pannekoek, draai dit om en bak anderkant gaar. Nie te warm plaat, maar ook nie te koel.
Eet vulsels by: tuna gemeng met blaarslaai en mayonaise; gegeurde maalvleis met kaas; kaneelsuiker, appelvulsel met room of roomys.
Ongebakte vrugtekoek blokkies
Meng 500g. Gemengde vrugtekoekmengsel en glanskersies of dadels. Kook 10 minute oor lae hitte en voeg 2 lepels appelkooskonfyt en 3 eetlepels margarine by. Haal af van stoof en voeg 1 geklitste eier by en meng goed terwyl nog warm is. Breek ‘n pak Marie beskuitjies in stukkies en voeg by vrugtemengsel. Meng goed en druk plat in ‘n pan. Sny blokkies en plaas in yskas om styf te word.
Sjokolade blokkies
Breek pak beskuitjies fyn en plaas in mengbak. Gooi pak versiersuiker (500g) bo-oor en 4 eetlepels kakao poeier en 1 teelepel vanilla. Smelt 6 eetlepels margarine en haal van stoof af – voeg 1 geklitste eier by en meng vinnig sodat eier nie stukkies maak. Voeg by beskuitjie-mengsel en roer goed. Druk plat in plat gesmeerde bak. Sny blokkies en plaas in yskas.
Gebakte yoghart tert
Maak pakkie Marie beskuitjies fyn en meng met 2 eetlepels gesmelte margarine. Druk plat in bak vir kors.
Meng 500g yoghart (enige geur), 1 blikkie kondensmelk en blikkie vrugte (enige soort – ek hou van appelkose) sonder die sap. Gooi in tertkors en bak in mikrogolfoond vir 6 min. Plaas in yskas en geniet dit sodra dit afgekoel het.
Warm uit die oond-sjokolade koek:
Hierdie
resep was een van ‘n paar resepte wat ek ingestuur het na “die Huisgenoot” in 1990. Dit is toe geplaas in ‘n
artikel: “Kitskos uit die Pastorie” en
is ook later geplaas in een van Huisgenoot se resepteboeke. Die resep is uit nood gebore, want ek het
vergeeet dat die predikante-byeenkoms by ons huis gehou sou word nie en het
inderhaas hierdie koek gebak en die sjokolade versiersel warm oorgegooi en
bedien. Toe almal begin eet, het hulle
my baie gekomplimenteer en wou graag die resep hê.
750 ml. Bruismeel
420 ml. Strooisuiker
250 ml. Margarien
250 ml. Melk
4 eiers
75 ml. Kakao
125
ml. Warm water
Voorverhit
die oond tot 200 ̊C. Smeer ‘n oondpan
met margarien. Klits die eerste 5 bestanddele saam met ‘n elektriese klitser
vir 5 minute. Maak kakao en warm water
aan en voeg by mengsel en klits nog ‘n minuut.
Gooi in voorbereide pan en plaas in oond en bak vir 30 – 40 minute tot
toetspen of mespunt droog uitkom as dit ingesteek word.
Maak
versiersuikermengsel aan en gooi warm oor warm gebakte koek sodat dit kan intrek: versiersuiker (2 koppies vol), 50ml. Kakao, 25
ml. Margarien, 125ml. Kookwater en 1 teelepel vanilla geursel.
Dit
is baie lekker om as nagereg met roomys geëet te word!
Warm chocolate cake:
750 ml. Self raising flour
420 ml. Sugar
250 ml. Margarine
250 ml. Milk
4 eggs
75 ml. Cacao
125 ml. Warm water
420 ml. Sugar
250 ml. Margarine
250 ml. Milk
4 eggs
75 ml. Cacao
125 ml. Warm water
Preheat oven to 200 ̊
Celsius. Spray an oven pan with a
non-stick spray.
Beat the first 5 ingredients
for 5 minutes with an electric mixer
until smooth. Mix cacao and warm water
and mix 1 more minute. Put in oven pan
and bake for 30 – 40 minutes.
Mix
icing sugar mixture: 2 cups of icing sugar, 50 ml. Cacao, 25ml. Margarine, 125ml
warm water and 1 teaspoonful of vanilla essence.
As
soon as you take the chocolate cake from the oven, put the icing sugar mixture
on top and spread over the warm cake so that the icing can soak into the cake!!
Eat
warm or cold with tea or eat with ice-cream as desert!
1 pakkie Minestrone soppoeier
2 gerasperde of fyn gesnyde aartappels
2 fyn gesnyde uie
2 wortels in dun ringe gesny.
Roer aanhoudend tot dit kook en kook oor stadige hitte vir sowat 10 minute tot groente sag is.
Voeg 2-3 koppies fyn gekerfde kool daarby.
Kook tot alles sag is en dien op.
Vars suurdeeg brood daarby of enige ander brood is aan te beveel.
No comments:
Post a Comment