Saturday 29 June 2013

VAKANSIEPLANNE - HOU PIEKNIEK!!

ORGANISEER ‘N LEKKER PIEKNIEK VIR BINNENSHUIS OF BUITE IN DIE NATUUR:  

1.  TEDDIEBERE-PIEKNIEK: (vir kleuters)

Pak al jou sagte speelgoed en teddiebere in ‘n mandjie en pak bekertjies en koeldrank en koekies in ‘n ander mandjie.

Nooi een of twee maatjies na die piekniek en vra hulle moet ook hulle beertjies saambring.

Vra vir Mamma om vir julle ‘n kombers of slaapsak onder ‘n boom oop te gooi.

Pak al die speelgoed een kant van die kombers uit, pak al die eet en drink-goed aan die ander kant uit en hou lekker fees!!  

2.  LIEDJIES EN GEDIGTE-PIEKNIEK:

Nooi iemand wat kitaar kan speel en kinderliedjies ken.  Neem ‘n gedigteboek en die Bybel saam.

Vra vir elkeen om iets saam te bring na die piekniek – rou groente soos wortelstokkies of komkommerringe, tamaties in wiggies gesny; vrugte soos druiwe of appels of piesangs.  Julle kan ook vrugtesap saamneem en broodrolletjies of toebroodjies.

Neem papierborde saam en laat elkeen ‘n gesig uitpak op die papierbord met die vrugte en groente voordat dit geëet word.

Na die ete kan julle lekker saamsing en kan gediggies of ‘n Psalm uit die Bybel gelees word.

Iemand of almal  kan selfs bid en die Here loof en prys vir al Sy seëninge! 
 

3.  STRAND-PIEKNIEK:

Maak seker die wind waai nie op die Strand nie! 

Pak ‘n mandjie met:

toebroodjies, gebakte wors, gekookte eiers (10 min. Nadat die water  begin kook het), sout en peper, tamaties, ‘n pak aartappelskyfies, koeldrank.  Onthou die bekertjies en papierborde.

Neem ‘n reisdeken of slaapsak, opvoustoele en sambreel asook ‘n bal.

Kry ‘n lekker plek vir jul gesin en pak alles uit.   Eet eers lekker rustig en bekyk die pragtige see en berge en loof die Heer vir die wonder van die Skepping.

Speel dan ‘n paar balspele, swem as dit lekker warm is en vier FEES!
 

4.  PIEKNIEK MET JOUSELF:

Het jy al daaraan gedink dat jy op jou eie ‘n piekniek kan hou?  Hier is hoe:

Dek vir jou ‘n mooi tafeltjie met ‘n mooi tafeldoek en sit jou spesiale bord, glas of koppie daarop met jou gunsteling eetgoed. (My gunsteling eetgoed sal wees:  Soutbeskuitjies, kaas, tamatie, avokadopeer, neute,  tee en sjokolade)

Speel die CD waarvan jy baie hou.  (My gunsteling is een van Mozart se klavierkonserte)

Teken ‘n prent van Psalm 23 waar staan:  “Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie.  Hy laat my in groen weivelde rus.  Hy bring my by waters waar daar vrede is.  Hy gee my nuwe krag.”

 

5. PIEKNIEK OM JOU EETKAMERTAFEL: Pak speletjies soos Dambord, “Chinese Checkers”, “Rummikub”, “Thirty seconds”, Uno ens.op tafel.  Pak broodrolletjies en worsies uit op ‘n skinkbord  met pakke aartappelskyfies, tamatiesous en aanmaak koeldrank. Sny ook appels op in 16des en plaas in bakkies op tafel vir peusel.  Besluit watter speletjies wanneer gespeel gaan word en hou boek van wie wen.  Besluit ook wanneer om te eet.  Geniet ‘n heerlike piekniekete en speletjiesaand!!

 

Memorize Scripture


Winter holiday idea:  Memorize Scripture and teach children to memorize Scripture.
Challenge them to memorize Scripture and give them points for each verse that they can recite properly.  Teach them the meaning of the verses and have a quiz at the end of the holiday.
Start with Ps. 8, Ps. 13, Ps. 23, Ps. 117, Ps. 121, Ps. 131,
“When should we read, pray, memorize? Every day without exception. No less than fifteen minutes and no more than thirty minutes a day. One chapter a week should be manageable by most readers. If you find yourself overwhelmed, take a week's refreshment and see my book for ideas in getting unstuck. Then return to the spot where you left off. The Lord will surely bless your effort.”
Scripture by Heart: Devotional Practices for Memorizing God's Word  Joshua Choonmin Kang
Start to memorize new Bible portions by repetition:

  • Pray for wisdom to memorize Scripture – James 1:5 – God gives generously.
  • Copy the verse reference and verse text on an index card that you can carry with you.
  • Develop and practice a plan that allows you to recite your verse (silently or out loud) numerous times throughout the day. For example, when you wake up each day, recite the verse from your “verse repetition card” at least three times. As you get ready for the day, place your verse card within sight so you can recite the verse as you are doing something else.
  •  During the day, remember to use the extra seconds and minutes to recite the verse reference and text from your card. You will be surprised how many times you will be able to read from your verse card in your off times” (such as walking from one place to another, cleaning up, etc).
  • Use the Bible verses that you memorize in your prayers.  You can pray the whole book of Ephesians as a prayer to God.   Pray Psalm 117 like this:  “I want to praise you, O Lord, with all the nations.  I want to extol You with all the preople.  For your love is great toward us.  Your faithfulness endures forever.  I praise you, o Lord.”
  • Put actions to the verse
  • Within a few days, you will discover that you can recite the verse reference and text without looking at the card. When that begins to happen, renew the “repetition, not memorization” plan with a new verse.
  • Periodically, review the verses you know.  When you cannot sleep at night, repeat the verses!!  This is medicine for sleeplessness!! Do not count sheep – that is a waste of time!!
When the Lord Jesus was tempted by Satan, he knew how to conquer him with Scripture. Are we able to use the Sword of the Word to conquer Satan?  Eph. 6: 17 – Sword of the Spirit . Ps. 119:11  

Write down in a small book all the verses or portions of Scripture you know and revise them from time to time.  

Joshua Choonmin Kang says: Why Memorize The Bible?

I can think of four reasons:
To know God. All we need to know about God, at least on earth, the Bible tells us. It records God's life and his works. It quotes Jesus as saying that in eternal life we will know more about God. But for now the Bible is our best source for learning about God.
To imitate Christ. Everyone in the New Testament who personally received Christ was called a disciple, and with that came a responsibility. Disciples must emulate their teacher. They must imitate the teacher's way of thinking and acting. As the disciples do this, they become more like Christ himself. But it doesn't happen overnight; it's a gradual, never-ending process.
To worship God. Worshiping God is the cause of our existence, the very reason for our existence. The Lord puts it quite plainly. "My chosen people [are] / the people whom I formed for myself / so that they might declare my praise" (Isaiah 43:20-21).
To fulfill God's mission.Jesus committed the Scriptures to memory and had full mastery over them. His being was filled with the Scriptures. As a child he grew in wisdom on account of them. He walked in them, proclaimed them even from the cross, even as he was accomplishing God's work of redemption.
In the footsteps of the first disciples, we too have a mission to the world. We must diligently commit the books of the Bible to memory, which will transform our hearts as stewards prepared with the truth of his Word.
The apostle Paul speaks to this point explicitly: "Do your best to present yourself to God as one approved by him, a worker who has no need to be ashamed, rightly explaining the word of truth" (2 Timothy 2:15).

Wednesday 26 June 2013

Truths for the believer for the future

God is Sovereign and in Control of the future.  Hold onto these 10 truths for the future! 
  1. The Bible will have the answer to all your questions and will change your life when you read it – “Many books can inform, but only the Bible can transform”
  2. God will hear all your prayers and answer according to His Will.
  3. God will love you just as always     
  4. Jesus will be the only way to Heaven.  You are called to preach the Gospel message!
  5. God will bless you with His blessings everyday
  6. The Holy Spirit will work in your life and the world everyday
  7. God will accept your praise and worship – continue to that continually
  8. God will still use preachers who preach the Gospel according to His Will and according to the Scriptures
  9. God will help you and every believer to have victory over Satan every day
  10. There will be a place at the Cross for you to kneel every day and ask Jesus to forgive your sins and help you to live a life glorifying Him in whatever you do or say or think!
 
God is Soewerein en in beheer van die toekoms.  Hou vas aan hierdie 10 waarhede vir die toekoms! 
  1. Die Bybel sal die antwoorde op al jou vrae hê  en jou lewe verander soos jy dit lees
  2. God sal elke dag jou gebede verhoor en antwoord soos Hy dit goed dink.
  3. God sal jou nog net so lief hê soos altyd
  4. Jesus se versoening aan die kruis is nog steeds vir verlorenes die enigste Weg na die Vader.  Jy is geroep om dit te verkondig!
  5. God sal elke dag Sy seëninge oor jou uitstort.
  6. Die Heilige Gees sal nog steeds sy werk doen in jou lewe en in die wêreld
  7. God sal nog steeds die lofprysing en aanbidding van jou aanvaar – loof en prys Hom elke dag!
  8. Daar sal nog steeds preke gepreek word wat deur God gebruik word om jou te verander
  9. God sal jou en elke gelowige  help om  elke dag die oorwinning oor Satan te behaal
  10.  Daar sal nog steeds plek by die Kruis wees waar jy elke dag kan kniel en vir Jesus kan ontmoet en jou sonde kan bely.

 S. Charnock said:  “Power is God’s hand or arm, omnisience His eye, mercy His bowels, eternity His duration, but holiness is His beauty.”

Vroue verheerlik die Here!

Tien riglyne -  Hoe ek as vrou  en moeder en grootmoeder vir  God kan  verheerlik  en  Hom in alles kan geniet!

1.       Wees seker van jou geloof!   Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe? 
Antw.  Dat ek met liggaam en siel in lewe in in sterwe nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus behoort.  Hy het met sy kosbare bloed vir al my sonde ten  volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos.  Hy bewaar my op so ‘n wyse dat sonder die wil van my Hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie.  Alles moet inderdaad tot my saligheid dien.  Daarom verseker Hy my ook deur sy Heilige Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe.
(Heidelbergse Kategismus)
 
2.       Vind vreugde in die Here se Woord,  dink daaroor na en memoriseer dit! – Ps. 1 “Dit gaan goed met die mens wat vreugde vind in die gebooie van die Here en sy voorskrifte dag en nag oordink…..”
 
3.       Bid  oor alles! – Fil. 4:6-7 “Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles.  Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen.  As julle so bid sal julle God se vrede beleef.”
 
4.       Stry  teen sonde in jou lewe!  – Rom. 6:11-13 – “Moenie toelaat dat sonde jul lewens beheer nie…..julle is betrokke in ‘n geestelike oorlog. Moenie jul liggaamlike  vermoëns as wapens van ongeregtigheid vir sondaars  beskikbaar stel nie, maar stel dit aan God beskikbaar as wapens van geregtigheid…”
Stry as vrygespreekte sondaar! Miga 7:8-9  “Ek het geval, maar sal weer opstaan….Hy sal weer lig in my lewe bring.”  Ps. 51:14 “Laat my weer blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is…”
 
5.       Aanvaar  vreugde in die Here as ‘n geskenk van God!  -   Gal. 5:22 “Die vrug van die Gees is liefde, vrede, vreugde….”
 
6.       Volhard  in geloof! -   2 Tim. 4:7 “Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi en ek het gelowig gebly.”
 
7.       Verheerlik  die Here deur na jou liggaam om te sien! -   Kry rus, oefening en regte dieet waarvoor die Here jou liggaam gemaak het. 1 Kor. 6:20 “ want julle is teen ‘n duur prys gekoop.  Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik.  
Verwonder  jou  in God se openbaringe in die natuur en prys Hom daarvoor   Matt. 6:30 “As God dan die veldplante wat vandag daar is en môre verbrand word, so mooi aantrek, hoeveel te meer sal Hy nie vir julle sorg nie?”
 
8.       Preek  vir jouself i.p.v. luister na jouself! - Ps. 42:6&12 “Hoekom is ek nou so mismoedig? Hoekom is ek so hewig ontsteld? Nee, ek plaas my hoop op God! Ek sal Hom weer prys.  Hy is my redder en my God!”
 
9.       Spandeer  tyd met Geesvervulde mense en  lees   geestelike boeke veral biografieë van gelowiges! -   Spr. 13:20 “Hy wat met wyse mense meng, verkry self ook wysheid.  Meng jou met dwase en jy word self soos hulle.”
(Augustine Bookroom www.augustine.co.za)
 
10.   Wees tot  ‘n seën vir ander omdat die Here jou  seën! -   Ps. 67:1-3 “Mag God ons genadig wees en ons seën, mag Hy tot ons redding verskyn, sodat Sy dade oor die wêreld heen bekend mag word, sy reddende  krag onder alle nasies”
 

Neem tyd om die 10 punte deur te werk en merk af nadat jy vir die Hemelse Vader gevra het om jou daarmee te help!

Saturday 22 June 2013

JESUS SE LEWE


Jesus se lewe ‘n lewe van gebed, lering, omgee en swaarkry

 Jesus Christus ons Here is 2013 jaar gelede gebore en elke dag as julle die datum neerskryf  moet jul dankie sê dat Jesus na die aarde gestuur is deur God sy Vader om soos ons ‘n mens te word en vir ons te kom leer hoe om te lewe.  

1. JESUS SE LEWE WAS ‘N LEWE VAN GEBED: Jesus het gekom om vir die mense te leer hoe om te bid.  Dit is opgeteken in Matt. 6 vs. 9-13.

  • Daar leer Jesus vir ons dat ons vir God ons Vader moet loof en prys omdat Hy ons Vader is.
  • Hy leer vir ons om te bid dat God se Koninkryk sal groter word en meer mense God se kinders moet word.
  • Hy leer ook vir ons dat ons altyd God se wil moet soek.
  • Hy leer ons om te bid vir alles wat ons elke dag nodig het.
  • Ons moet om vergifnis vra as ons verkeerde dinge gedoen, gesê of gedink het wat nie vir God verheerlik nie. Hy leer ons ook om ander te vergewe.
  • Hy leer ons dat ons vir God moet vra om ons te help dat ons nie in versoeking kom nie en dat ons nie die verkeerde pad sal loop nie.
HET JY AL VIR ANDER MENSE GEBID DAT HULLE IN JESUS MOET GLO?  

2.  JESUS SE LEWE WAS ‘N LEWE VAN LERING:  Jesus het vir mense geleer oor baie dinge.  Toe Hy 12 jaar oud was het Hy vir die priesters in die tempel geleer en hulle was verbaas oor hoe Hy vir hulle geleer het.  Lees Mark 1:21-28 te.  Daar sien ons hoe Jesus in die sinagoge(Joodse kerk) in Kapernaum vir die mense geleer het en hoe hulle verbaas was oor hoe Hy vir hulle leer.   Jesus het die mense geleer, maar Hy wou ook hê hulle moes verander.  Hy het vir Saggeus geleer oor sy Vader in die Hemel en Saggeus het vir Jesus aangeneem en tot bekering gekom.

Jesus het vir 3 jaar sy dissipels geleer hoe hulle moet leef en hoe hulle moet optree as Hy dood is en terug is Hemel toe. Nadat Hy hemel toe is, het God die Heilige Gees gestuur om vir ons ‘n Helper te wees en in ons te woon.

WYS JOU LEWE VIR ANDER MENSE HOE OM SOOS JESUS TE LEWE?   

3.  JESUS SE LEWE WAS ‘N LEWE VAN OMGEE:  Jesus stel belang in elke mens.  Hy het baie mense gesond gemaak, maar Hy wil ook vir elkeen ‘n vriend wees.  Hy was ‘n vriend vir die melaatses, vir die Tollenaars, vir sondaars.  Hy het vir siekes gesond gemaak en vir sondaars die pad gewys hoe om in Hom te glo.   Lees die Bybelboek Markus en kyk hoeveel mense Jesus gesond gemaak het en hoeveel in Hom geglo het.

GEE JY OM VIR MENSE OM JOU 

4.  JESUS SE LEWE WAS ‘N LEWE VAN SWAARKRY:   Jesus het op aarde baie gely ter wille van ons sondaars.  Die meeste mense het  nie in Hom geglo nie en wou nie hê Hy moes na hulle dorpe kom nie.  Hulle het selfs probeer om Hom met klippe dood te gooi.  Hulle het dinge van Hom gesê wat nie waar is nie en Hom gekruisig saam met 2 misdadigers.   Ten spyte van al die swaarkry, het Hy steeds lief gebly vir die mense en gebid dat almal sal vergewe word vir wat hulle aan Hom doen.

AS JY DALK SWAARKRY OMDAT JY VIR JESUS VOLG EN LIEFHET, MOET JY OP HOM VERTROU DAT HY JOU SAL HELP.  In Hebr. 13:6 is daar ‘n belofte vir jou:  “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie...” 
 

Toe Jesus gekruisig is, het daar 2 misdadigers alkant van Hom gehang.  Die een misdadiger het Jesus aangeneem terwyl hy langs Jesus gehang het en Jesus het vir hom gesê: “Vandag sal jy saam met My in die paradys wees”.  Hy is saam met Jesus Hemel toe.  Die ander misdadiger het nie in Jesus geglo nie, en is verlore.
 

WAT VAN JOU?  As jy in Jesus glo, en sy kind is, mag jou lewe ‘n lewe van gebed, lering, omgee en selfs swaarkry wees.
As jy nog nie in Jesus glo nie en die Here gee jou die begeerte om te glo, kan jy nou daar waar jy is, soos volg bid:  “Hemelse Vader, dankie dat Jesus Christus na die aarde gekom het om Sy lewe te gee vir my sondes.  Ek bely my sonde voor U, ek wil graag breek daarmee.  Help my om U kind te wees en U te volg.  Leer my deur U Woord en Gees hoe ek moet leef.  In Jesus se Naam. Amen.”

 

 

Thursday 20 June 2013

CONVERSION/BEKERING

Martyn Lloyd-Jones said:  “Do you expect anything to happen when you get up to preach? Are you expecting it to be the turning point in someone’s life..?  That is what preaching is meant to do....  Seek this power, expect this power, yearn for this power; and when the power comes, yield to Him.”

Martin Luther said:  “only the Holy Spirit could take the Word from the ear into the human heart.”
‘n Ou Spoorwegman se bekering en gebed:     ‘n Ou spoorwegman het by ‘n byeenkoms tot bekering gekom, en is gevra om te bid.  Hy het ‘n oomblik geaarsel en toe eerbiedig met ‘n bewende maar helder stem gesê: “O, Here, noudat ek die vlag gestryk het, bid ek U:

·         neem my voete van die ruwe spoorbaan af en plaas hulle veilig bo-op die
           trein van redding. 

·         Laat wysheid my handlamp wees en die Bybel my hooflig

·         Laat die trein gekoppel wees met die sterk skakel van liefde

·         En, Hemelse Vader, hou alle wissels gesluit wat na sylyne uitdraai, veral die wat
                 lei na ‘n doodloopspoor. 

·         O, Here, as dit U wil is, laat elke sinjaal langs die lyne die witlig van hoop
            vertoon sodat ek die lewensreis kan aflê sonder om stil te hou

·          En, Here, laat die tien gebooie my rooster wees

·         En wanneer ek die reis volgens roostertyd afgelê het en in die groot donker
          stasie van die dood ingetrek het, mag die Superintendent van die heelal sê: 
          “Mooi so, goeie en getroue dienaar, kom teken die betaalstaat en ontvang
         jou loon van ewige geluksaligheid.”

Baptist Confession of Faith
(1689) Rewritten in modern English by Andrew Kerkham
1st ed. 1999, revised ed. 2001
Andrew Kerkham

Chapter 10
EFFECTUAL CALLING
10.1 Those whom God1 has predestined to life,2 he is pleased (in his appointed and accepted time)3 to effectually call4 by his Word5 and Spirit.6 He calls them out of that state of sin and death in which they are by nature, to grace and salvation by Jesus Christ.7 He enlightens their minds spiritually and savingly to understand the things of God.8 He takes away their heart of stone, and gives to them a heart of flesh.9 He renews their wills, and by his almighty power causes them to do what is good.10 He effectually draws them to Jesus Christ,11 yet in such a way that they come completely freely, for they are made willing by his grace.12  (1) Rom 8:28-29 (2) Rom 8:29-30; 9:22-24; 1Co 1:26-28; 2Th 2:13-14; 2Ti 1:9 (3) Joh 3:8; Eph 1:11
(4) Mat 22:14; 1Cor 1:23-24; Rom 1:6; 8:28; Jude 1:1; Psa 29; Joh 5:25; Rom 4:17; (5) 2Th 2:14; 1Pe 1:23-25; Jas 1:17-25; 1Jo 5:1-5; Rom 1:16-17; 10:14; Heb 4:12;(6) Joh 3:3,5-6,8; 2Co 3:3,6
(7) Rom 8:2; 1Co 1:9; Eph 2:1-6; 2Ti 1:9-10;(8) Act 26:18; 1Co 2:10,12; Eph 1:17-18;(9) Eze 36:26
(10) Deu 30:6; Eze 36:27; (11) Joh 6:44-45; Eph 1:19; Phi 2:13;(12) Psa 110:3; Joh 6:37; Rom 6:16-18. 10.2 This effectual call is of God's free and special grace alone, not on account of anything at all foreseen in us. It is not made because of any power or action in us,1 for we are altogether passive in it, we are dead in sins and trespasses until we are made alive and renewed by the Holy Spirit.2 By this [regeneration] we are enabled to answer this call, and to embrace the grace offered and conveyed in it, this power being none other than that which raised up Christ from the dead.3

(1) 2Ti 1:9; Tit 3:4-5; Eph 2:4-5,8-9; Rom 9:11
(2) 1Co 2:14; Rom 8:7; Eph 2:5
(3) Joh 6:37; Eze 36:27; Joh 5:25; Eph 1:19-20
 
HET JY AL TOT BEKERING GEKOM?  MAAK DAN DIE OU SPOORWEGMAN SE GEBED JOU GEBED.
INDIEN NIE - MAAK MARTIN LUTHER SE WOORDE JOU GEBED:  "ONLY THE Holy Spirit could take the Word from the ear into the human heart"

 

 

Wednesday 19 June 2013

Toets jouself aan die 10 Gebooie


Die Onse Vader gebed leer ons om te vra dat God ons sonde sal vergewe. Toets jouself om te sien of jy nie God se 10 gebooie in  Eksodus 20 oortree nie.  Hierdie gebooie is die riglyne waarvolgens ons moet lewe:   Die 10 gebooie kan ons nie hou as ons nie glo in Jesus Christus wat die Wet en die profete volbring het nie.  Hy het die prys betaal sodat ons van ons sonde verlos kan word en Hy is ons Helper om ons uit dankbaarheid so te laat leef dat hierdie 10 gebooie die stippellyne vir ons lewenspad is.
1-2.  Is daar ander gode in jou lewe wat belangriker is as God, bv. geld, besittings,  werk, familie, stokperdjies, wat die sterre voorspel?  Indien wel dan oortree jy die eerste en tweede gebod –  God sê dat ons geen ander gode voor Hom mag stel nie en ons mag hul nie aanbid nie.
3.      Gebruik  jy die Here se naam as ‘n vloekwoord of as ‘n stopwoord i.p.v. om Go se Naam net te gebruik as jy bid of van Hom getuig?  Indien jy dit doen oortree jy die derde gebod.
4.     Doen jy al jou werk gedurende 6 dae van die week sodat jy die 7de dag kan  gebruik as ‘n rusdag en dag waarop jy aan  jou verhouding met jou Hemelse Vader werk deur na ‘n Evangeliese Kerk te gaan en saam met mede-gelowiges die Here te dien?  Indien jy aangaan op Sondae asof dit ‘n gewone werksdag is, oortree jy die 4de gebod.
5.      Eer jy jou ouers en eer jou kinders vir jou as ouer?  Indien nie, word die 5de gebod oortree.
6.    Jy mag nie moordpleeg en mense se lewe neem nie, maar as jy van mense skinder en hul karakter skend, is dit so goed soos moord pleeg.  (6de gebod)
7.     Jy mag nie egbreuk pleeg nie – is jy skludig aan huweliksontrou? Fisies of met jou gedagtes? Gee jy aanleiding tot huweliksontrou omdat jy nie jou huweliksmaat liefhet nie? – (7de gebod)
8.     Jy mag nie steel nie – Steel jy van God of van jou naaste? God se geld? God se tyd? Tyd by die werk? Te min betaling vir my naaste vir dienste gelewer? (8ste gebod)
9.     Jy mag nie vals beskuldig nie – beskuldig jy mense verkeerdelik van dinge wat hul nie gedoen het nie of jok jy oor jou eie onskuld? (9de gebod)
10.  Jy mag nie begeer nie – is jy onvergenoegd en begeer om ryker te wees of ander se besittings te hê?  Is jy onvergenoegd met hoe jy lyk en wie jy is? Is jy besorg oor jou naaste wat minder het as jy? (10de gebod)

Bely jou oortredinge voor die Here en pleit om Sy GENADE.  Vra dat Hy vir jou in Christus Jesus nuwe Lewe sal gee en jou sal help om Hom in alles wat jy doen of dink of sê, te verheerlik! 
 
 
John Piper sê:  “The fuel of worship is a true vision of the greatness of God; the fire that makes the fuel burn white hot is the quickening of the Holy Spirit; the furnace made alive and warm by the flame of truth is our renewed spirit; and the resulting heat of our affections is powerful worship, pushing its way out in confessions, longings, acclamations, tears, songs, shouts, bowed heads, lifted hands, and obedient lives.”

 
 
 

 
 
 
 
 
 
 
 

 

Tuesday 18 June 2013

Daily encouragement.

Read the book of Philippians in the Bible and help children to use these 10  guidelines to glorify God.   Paul wrote this letter to encourage people to stand firm and rejoice regardless of circumstances.  Rule over your circumstances by God’s grace and do not allow them to rule over you! 
1.    Know and rejoice in the knowledge  that God initiates your salvation, He continues it and
        He will carry it on to completion until the day of Jesus Christ! – Phil. 1:6
2.    Live a life worthy of the Gospel – Phil. 1:27-30
3.    Let the Holy Spirit renew your mind through the Word every day so that you can let your
         light  shine like stars in this world – Phil. 2:15-16
4.    Have no confidence in yourself, but have confidence in knowing Christ and the power of His
        resurrection, sharing His sufferings and take hold of that for which Christ Jesus took hold
         of you.     Phil. 3: 10-12
5.     Know that with the Lord you can do anything – Phil. 4:13
6.     Rejoice in the Lord always – Phil. 4:4
7.     Do not be anxious – but pray with thanksgiving and make your requests known to God –
         Phil. 4:4-5
8.     Find peace in Yehovah-Shalom, our God of peace -  Phil. 4:6, Ps. 131
9.     Be “good” thinkers – think about pure, right, noble, true things– Phil. 4:8 
10.   Know that our God will meet all our needs according to His will and all the riches in Jesus
             Christ our Lord and Saviour – Phil. 4:19 
 
Only the believers can be great thinkers, because they have
   great things to think about!”  -  Ps. 8

Leer vir kinders wat die 10 seëninge van die Heilige Gees is en mag dit hul daagliks versterk:
1.   Die Heilige Gees gee vir ons geloof in Jesus Christus  - Rom. 8:16-17
2.   Die Heilige Gees tree vir ons in as ons bid – Rom. 8:26
3.   Die Heilige Gees versterk ons innerlik – Efes. 3:16
4.   Die Heilige Gees oortuig ons van wat reg en verkeerd is – Joh. 16:8-11 (1933 vertaling)
5.   Die Heilige Gees bewerk eenheid  1 Kor. 12:12-14
6.   Die Heilige Gees bewaar ons tot met die wederkoms – Efes. 1:13b-14
7.   Die Heilige Gees gee vir ons krag om te getuig en vir ander van Jesus te vertel. – Hand. 1:8
8.   Die Heilige Gees stort God se liefde in ons harte uit – Rom. 5:5
9.   Die Heilige Gees is ons Trooster  om by ons te bly tot in ewigheid– Joh. 14:16
10. Die Heilige Gees lei ons stap vir stap sodat ons in alles vir Jesus kan verheerlik – Joh. 16:13  

Sing die lied:  Weet jy nie, weet nie jy’s ‘n tempel ?(3x)
                         Jy is ‘n tempel van die Heilige Gees.
                         Vol van lof, vol van krag, vol van vreugde (3x)
                          Jy is ‘n tempel van die Heilige Gees

Woordlose boek se oorsprong en boodskap