- Loof
die Here dat ons lewe en die nuwe jaar met Hom kan begin: Ons begin 2014 met ‘n nuwe boek om
vol te skryf. Wat ‘n gawe om te kan
lewe – en alles te geniet asof uit God se hand. God wat
ons Skepper is het alles gemaak en gesien dat dit goed was. AS Hy vir ons die nuwe lewe gee deur sy
Seun Jesus Christus, moet ons met oorgawe lewe en Hom dien en eer.
- Dit
is belangrik om te weet dat God my liefhet. Joh. 3:16 bewys God se liefde -Jesus het die prys betaal vir ons sonde. My liefde vir God en my naaste is 'n gevolg van God se liefde en Jesus se inwoning in my hart. Iemand het gesê sonder liefde is elke
dag vreugdeloos: Dan word jou 7 dae
‘n week: Sadday, Moanday, Tearsday, Wasteday, Thirstday, Frightday,
Shatterday.
- Gebruik elke dag om wysheid te bekom:
3.1 Ps. 1
- Oordink die Here se Woord dag en nag en vind jou vreugde daarin. Dit is so eenvoudig om die Here se woord te
oordink. Kry vir jou ‘n notaboek en
skryf neer watter gedeelte jy elke dag lees.
Skryf dan twee vrae neer: Wat sê
gedeelte van God? Wat sê gedeelte vir
my? Bid hierdie waarhede terug tot God
en dink deur die dag daaraan. Spurgeon
sê dat die Bybel moet vir ons wees wat ‘n Akkerboom vir ‘n eekhorinkie is – Sy
blyplek, sy rusplek, kos, medisyne, skatkis, vreugde en wapenrusting.
3.2 Bid
gedurig – loof God in jou gebed vir uitkoms wat Hy gaan gee - Paulus en Silas in die tronk. Gebed maak dit vir beperkte mense moontlik om
‘n onbeperkte God te ontmoet. Wat kan ek
vir ander mense en vir myself bid volgens Kol.1:9 – 11 – Dat ons God se wil sal
verstaan, Geestelike insig sal groei, Dat ons vir God sal bly maak en
verheerlik, Goeie vrugte sal dra, God beter sal leer ken, Geesvervuld sal wees,
vasstaan in die geloof, Christus se vreugde sal beleef en in alles dankbaar sal
wees.
3.3 Getuig van die Here se genade in jou lewe
– kyk na Bybelkarakters en sien hoe hulle uit genade gered is uit beproewings
en geseëvier het. Moses in die woestyn,
Josef in die tronk, Dawid na sonde.
3.4 Bely
jou sonde – bely bekommernisse - 1 Pet. 5:7
- “Gooi al jou bekommernisse op
Hom, want Hy sorg vir julle”. Al gaan
dit hoe moeilik, gooi al jou bekommernisse op Hom, want Hy belowe Hy sorg. Neem al die beloftes van die Here ter harte
en herinner Hom daaraan.
3.5 Wees deel van God se familie – beteken
baie vir jou medemens en dien God in die gemeente - Vind uit wat is jou gawes
en dien die Here daarmee. Moenie dink
aan groot goed wat jy moet doen vir jou geloofsgenote nie, dink aan dinge wat
vir jou maklik is soos ‘n glimlag, liefde, ondersteuning, gebed, ‘n bord sop,
nooi iemand uit vir tee en sit jou beste teegoed voor.
- 2 Pet. 3:18 - “Groei in die genade en kennis van ons Heer en Verlosser, Jesus Christus”
Groei in geloof d.w.s. glo die
beloftes heelhartig. Ons moet geloof hê
wat enduit volhard.
God is altyd getrou, ek net soms – ek moet gedurig
sy aangesig soek – Hy moet my metgesel
wees. Ek moet ten spyte van bekommernis
en swaarkry, geloof in God behou – Kl. 3:25
Die Here is goed vir wie op Hom
bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra.
Groei ook in liefde – mag die liefde van
God my gedagtes, woorde en dade beïnvloed
Groei in nederigheid – groei
afwaarts in nederigheid en opwaarts in gebed en gemeenskap met
God
Groei in die kennis van God
- Fisies: Leef gesond – drink baie water, doen gereeld oefening – stap. Eet die regte kos.
Lees goeie boeke.
Vul blokkiesraaisels in. Lag
lekker – medisyne in lag – Spr. 13:9, 15:13, 15:15,
17:22. Bid dat die Here jou sal verlos van
“verslawings” soos sjokolade, koop, te veel eet, ens.
Drink ‘n teelepel klapperolie per dag – baie goed
vir die geheue!! Dit bring suurstof na
die brein!!