Wednesday 4 December 2013

Kersfeestyd


Kerskaartjies met ‘n verskil:   In baie van ons boeke is daar kaartjies van ons kinders waarin hulle vir ons sê hoe bly hulle is dat ons hulle Pappa en Mamma is.  Sulke selfgemaakte kaartjies beteken so baie.  Wil julle nie hierdie Kersfees jul eie kerskaarte maak en daarin skryf wat julle Pappa, Mamma, Oupa, Ouma, Huishulp of Tuinman, Boet en Sus vir julle beteken nie. 
Voorbeelde: 
Baie dankie dat Pappa so hard gewerk het die afgelope jaar.  Ons kan rustig en veilig  woon,  ons kan genoeg eet en drink en ons het genoeg klere om aan te trek. Ek hoop dat ek ook eendag so goed vir my gesin sal kan sorg. Dankie dat Pappa vir my van Jesus  vertel.   Ek is trots op Pappa.  

Baie dankie dat Mamma so goed vir ons gesorg het die afgelope jaar.  Mamma is die wonderlikste Mamma in die wêreld.  Dankie dat Mamma geduld met my het as ek slordig is.  Dankie dat Mamma vir my bid.  Ek gee aan Mamma hierdie Kersfees emmers vol liefde.  

Baie dankie Oupa en Ouma vir alles wat julle vir my beteken.  Dankie dat julle gereeld vir my bid.  Ek sal ook gereeld vir julle bid vir goeie gesondheid en dat julle nog lank vir my gespaar sal bly.
Dankie dat julle in my belangstel en vir my liefhet.  Ek is lief vir Oupa en Ouma. 

BID: Bid en vra dat die Here die Kerstyd vir julle wysheid sal gee oor hoe om dit ‘n baie aangename tyd te maak.  Vra vir die Here wat julle moet koop, wie julle moet nooi, wat julle moet eet en hoe julle Hom kan verheerlik in alles.  Onthou Kerstyd is ‘n Christusfees en nie ‘n materialistiese fees nie. Reik ook uit na die mense in jul buurt deur jul gebede.   

EBENHAESER-IMMANUEL-JEHOVAH-JIREH
1.     I pray that you will be able to look back on 2013 and praise the Lord for His provision.  Samuel set up a stone after God gave him victory and named the place EBENHAESER that meant “Up to now the Lord helped us.” (1 Sam. 7)
2.     I pray that you will experience God with you over the Christmas season – IMMANUEL – that means God with us.   (Matt.1:23)
3.     I pray that you will put your hands in the hands of God and trust and hope in Him for the future, because He is JEHOVAH-JIREH – He will provide for you as He provided for Abraham. (Gen. 22:23-24)

 

 

 

 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap