Tuesday 31 December 2013

Nuwejaar!!

Vat vyf vir 2014   -     5   Nuwejaar gedagtes: 

  1.  Loof die Here dat ons lewe en die nuwe jaar met Hom kan begin:     Ons begin 2014 met ‘n nuwe boek om vol te skryf.  Wat ‘n gawe om te kan lewe – en alles te geniet asof uit God se hand.  God wat ons Skepper is het alles gemaak en gesien dat dit goed was.  AS Hy vir ons die nuwe lewe gee deur sy Seun Jesus Christus, moet ons met oorgawe lewe en Hom dien en eer.     
  2. Dit is belangrik om te weet dat God my liefhet. Joh. 3:16 bewys God se liefde -Jesus het die prys betaal  vir ons sonde. My liefde vir God en my naaste is 'n gevolg van God se liefde en Jesus se inwoning in my hart.  Iemand het gesê sonder liefde is elke dag vreugdeloos:  Dan word jou 7 dae ‘n week: Sadday, Moanday, Tearsday, Wasteday, Thirstday, Frightday, Shatterday.
  3. Gebruik elke dag om wysheid te bekom:    
     3.1    Ps. 1  -  Oordink die Here se Woord dag en nag en vind jou vreugde daarin.  Dit is so eenvoudig om die Here se woord te oordink.  Kry vir jou ‘n notaboek en skryf neer watter gedeelte jy elke dag lees.  Skryf dan twee vrae neer:  Wat sê gedeelte van God?  Wat sê gedeelte vir my?   Bid hierdie waarhede terug tot God en dink deur die dag daaraan.  Spurgeon sê dat die Bybel moet vir ons wees wat ‘n Akkerboom vir ‘n eekhorinkie is – Sy blyplek, sy rusplek, kos, medisyne, skatkis,  vreugde en wapenrusting.
    3.2    Bid gedurig – loof God in jou gebed vir uitkoms wat Hy gaan gee -  Paulus en Silas in die tronk.  Gebed maak dit vir beperkte mense moontlik om ‘n onbeperkte God te ontmoet.  Wat kan ek vir ander mense en vir myself bid volgens Kol.1:9 – 11 – Dat ons God se wil sal verstaan, Geestelike insig sal groei, Dat ons vir God sal bly maak en verheerlik, Goeie vrugte sal dra, God beter sal leer ken, Geesvervuld sal wees, vasstaan in die geloof, Christus se vreugde sal beleef en in alles dankbaar sal wees.
    3.3   Getuig van die Here se genade in jou lewe – kyk na Bybelkarakters en sien hoe hulle uit genade gered is uit beproewings en geseëvier het.  Moses in die woestyn, Josef in die tronk,  Dawid na sonde.
   3.4   Bely jou sonde – bely bekommernisse - 1 Pet. 5:7  -  “Gooi al jou bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle”.  Al gaan dit hoe moeilik, gooi al jou bekommernisse op Hom, want Hy belowe Hy sorg.   Neem al die beloftes van die Here ter harte en herinner Hom daaraan. 
   3.5   Wees deel van God se familie – beteken baie vir jou medemens en dien God in die gemeente - Vind uit wat is jou gawes en dien die Here daarmee.  Moenie dink aan groot goed wat jy moet doen vir jou geloofsgenote nie, dink aan dinge wat vir jou maklik is soos ‘n glimlag, liefde, ondersteuning, gebed, ‘n bord sop, nooi iemand uit vir tee en sit jou beste teegoed voor. 
 
  1. 2 Pet. 3:18 -  “Groei in die genade en kennis van ons Heer en Verlosser, Jesus Christus
            Groei in geloof d.w.s. glo die beloftes heelhartig.  Ons moet geloof hê wat enduit volhard.

            God  is altyd getrou, ek net soms – ek moet gedurig sy aangesig soek – Hy moet my metgesel

             wees. Ek moet ten spyte van bekommernis en swaarkry, geloof in God behou – Kl. 3:25

              Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra.

             Groei ook in liefde – mag die liefde van God my gedagtes, woorde en dade beïnvloed

             Groei in nederigheid – groei afwaarts in nederigheid en opwaarts in gebed en gemeenskap met
                God  
             Groei in die kennis van God
 
  1.  Fisies:    Leef gesond – drink baie water, doen gereeld oefening – stap.  Eet die regte kos. 
             Lees  goeie boeke.  Vul blokkiesraaisels in.  Lag lekker – medisyne in lag – Spr. 13:9, 15:13, 15:15,

             17:22.  Bid dat die Here jou sal verlos van “verslawings” soos sjokolade, koop, te veel eet, ens.

             Drink ‘n teelepel klapperolie per dag – baie goed vir die geheue!!  Dit bring suurstof na die brein!!

 

 

 

 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap