Wednesday 14 August 2013

Onderwyser soos Jesus


Wil jy ‘n goeie leermeester wees vir jou kinders en kleinkinders en ander?   (Vergelyk “Children’s Ministry Resource Bible - bl. 1208)

1.    Maak Jesus jou Leermeester.   Neem Hom aan as jou Verlosser en laat Hy in jou lewe en vir jou  wys hoe om te leef.  (Gal. 2:20)

2.    Maak Jesus se metodes jou metodes:

2.1 Jesus het elke onderwerp goed geken en goed weergegee  (Die Bergpredikasie – Matt. 5-7)

2.2 Jesus het aangepas by die toehoorders voor hom – groot groepe, klein groepe of individue:  Mark. 4:1-2; Luk. 22:14-21, Joh. 3:1-21(Nikodemus)

2.3 Jesus het illustrasies gebruik om sy lering te verduidelik – Luk. 10:25-37 (Barmhartige Samaritaan)

2.4 Jesus het sy toehoorders aangemoedig om die waarhede in hul lewens toe te pas sonder om druk op hulle uit te oefen. – Mark. 10:17-27 (Die ryk jongman)

2.5 Jesus het gedurige gesoek om sy Vader te verheerlik en sy leerlinge aangemoedig om dieselfde te doen – Joh. 15:1-17

2.6 Jesus het gedurig sy metodes afgewissel:

2.6.1     Hy het Skrifuitleg gebruik – Luk 24: 27, 32, 44-45

2.6.2     Stories of gelykenisse vertel – Mark. 12:1-11

2.6.3     Voorbeelde uit alledaagse lewe gebruik  om geestelike waarhede oor te dra – Luk. 6:1-5

2.6.4     Vrae van toehoorders geantwoord en daarop uitbrei – Matt. 18:1-14

2.6.5     Jesus het self vrae gevra – Luk. 13:18 – Hoe is die Koninkryk van God?

2.6.6     Jesus het lesings aangebied wanneer Hy groot groepe toegespreek het  - Matt. 5-7

2.6.7     Jesus het geleer van die konkrete voorbeelde na abstrakte – Joh. 15:1-10 – Wingerdstok en lote

2.6.8     Jesus het objeklesse gebruik – Matt. 22:15-22 – Muntstuk met keiser se kop daarop

2.6.9     Jesus het simbole gebruik om geestelike waarhede beter te verduidelik – brood en wyn – Matt. 26:26-29

2.7  Jesus het sy toehoorders aangemoedig om die lesse wat Hy hul geleer het, toe te pas in hul daaglikse lewe.

2.8  Jesus het ‘n heilige lewe geleef en baie tyd in gebed deurgebring.  Hy het gebid vir sy bediening en ook vir sy leerlinge – Joh. 17 – die Hoëpriesterlike gebed.

 

NET DIE HEMELSE VADER KAN VAN JOU DIE BESTE LEERMEESTER MAAK.  GEE JOU LEWE OOR AAN HOM, BID VIR DIE WYSHEID WAT DIE HEILIGE GEES JOU GEE EN STREEF JESUS SE VOORBEELD NA!

 

 

 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap