Monday 29 July 2013

KINDEREVANGELISASIE-BEDIENING:


  1. ROEPING:   Maak seker van jou roeping – as kind van God, as kinderwerker.    Weet dat jou bediening uniek is.    Jou taak is uniek en net jy met die hulp van die Here weet hoe om die pad te loop.  Vra jouself af hoekom jy Kinderevangelisasie doen, is dit jou liefde vir God wat jou dring – dit is al wat saak maak. Hand. 1:8  Ons sal krag ontvang om te getuig wanneer Heilige Gees oor ons kom en ons sal begin getuig in ons omgewing en dan verder.  Aanvaar die beloftes van die Here vir jou bediening en herinner Hom gereeld daaraan – Jos. 1:5 en 6
  2. VERTROU DIE HERE:  Gee elke dag jou taak aan die Here oor en doen elke dag iets wat met jou bediening te doen het. 
  3. PROGRAM:   Beplan jou program sodat jy tyd bestee aan:  
3.1         Jou eie geestelike lewe – hou gereeld stiltetyd en sonder jou af met die Here om met  Hom te praat oor jou geestelike groei en jou bediening

3.2         Jou voorbereiding berei deeglik voor vir jou vergaderings, klubs en besoeke.  Bid vir leiding en wysheid van die Here.

3.3         Jou visie bedink en beplan- luister wat die Here vir jou sê en deel dit met jou ondersteuners en werkers

3.4         SPAN:  Kry ‘n span wat jou bystaan met jou bediening:  Komitee, leiers by klubs, helpers by klubs, voorbidders.  Maak kontak  met jou komitee(eenkeer per kwartaal), leiers(eenkeer per week met e-pos en sien by klubs), helpers(eenkeer per week met e-pos en klubs) en voorbidders (eenkeer per week met epos met gebedsversoeke).  Maak seker mense weet wat jy doen en gee vir hul spesifieke gebedsversoeke.

3.5         Nuusbriewe en deputasie – stuur gereeld nuusbriewe uit om te vertel van jou bediening.  Bid vir wysheid om interessante nuusbriewe uit te stuur.  Beplan gereelde deputasie besoeke aan mense wie vir jou finansieel kan ondersteun.  Moet nooit dink jy bedel vir geld nie, maar sien dit as ‘n geleentheid om vir mense om betrokke te raak by jou bediening en deel is van jou sendingspan!  3 Johannes verse 6-8 het my baie daarmee gehelp!

3.6         VAKANSIE:  Beplan jou werksdae goed en ook  jou vakansies – bid vir wysheid.  Deur goeie beplanning sal jy nie jou huismense afskeep nie!

  1. OPLEIDING:  Jy moet goed toegerus wees vir die werk wat jy doen deur die nodige opleiding te kry.  CEF het ‘n Super Seminaar kursus wat gereeld op verskillende plekke aangebied word.  Daarna volg die TCE 1 en 2 en dan die Instrukteurs kursusse.  Sodra jy die kursusse deurloop het, kan jy ook kursusse aanbied en jou mense help sodat hulle ook goed toegerus is vir hul taak.  Bied  gereeld werkswinkels aan vir jou span waar jul die kwartaal se werksaamhede bespreek en jy vir hul voorsien van materiaal om te gebruik in die klubs of Sondagskool.  CEF het uitstekende materiaal vir kleuters en kinders van 4-14.   (Epos in Suid-Afrika: cefsalit@gmail.com)
  2. SKEP MOED:  Moenie moedeloos word nie en weet net die Heilige Gees help jou met die groot taak om kinders te evangeliseer.   Dit is nie jou bediening nie, dit is die Here se oes en Hy help jou met die taak en stuur ook die regte mense om vir jou te help!
  3. BID EN VERTROU:   Bid Jabes se gebed dat die Here jou grondgebied sal vergroot – moenie te vinnig groei nie, anders kom jy nie oral by nie. Begin klein en bid en werk aan span en brei jou bediening uit met die hulp van die Here.

 

CEF SE WEBBLAD VIR IDEES:  wonderzone.com

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap