Wednesday 31 July 2013

DIE HEMEL EN HOE OM DAAR TE KOM


Die Hemel en hoe om daar te kom.  Maak ‘n boekmerk van die eerste deel nr. 1-6 deur dit op stywe karton te plak en ‘n lintjie of toutjie onderaan te heg.  Leer kinders om met die hulpmiddel teenoor mense te getuig oor hoe om gered te word.

1.Die Hemel – daar is net een manier om daar te kom!  Jesus het gesê: “Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”  Joh. 14:6
                                                                     
Die Hemel is ‘n wonderlike plek.  Die Bybel sê vir ons daar is nie trane, dood, hartseer, pyn of siekte in die hemel nie.  God is die lewe en die heerlikheid van die Hemel.  Daar is net een manier of Weg om in die Hemel te kom en dit is deur die Here Jesus Christus.  Hy is die Weg.  (Joh. 14:6)
2.Ek is ‘n sondaar -  “Almal het gesondig en is ver van God af.”  Rom. 3:23  
          


                        
Daar is een ding wat ons kan uithou uit die Hemel.  Dit is sonde.  Die Hemel is ‘n perfekte plek.  God is Heilig en God en sonde kan nie saam wees nie.  Almal het gesondig en is ongehoorsaam aan God. (Rom. 3:23)  Het jy al gejok of gesteel of was jy al ongehoorsaam?  Ons sonde verdien om gestraf te word.
3.God het my lief  “Want so lief het die God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die Ewige Lewe sal hê.”  Joh. 3:16  
                              
God het ons lief ten spyte van ons sonde.  God die Vader het Sy Seun, Jesus Christus na die aarde gestuur om vir ons te sterf.  (Joh. 3: 16) 
4.Christus het vir my gesterf – “Christus het vir ons sondes gesterf.... Hy is begrawe, en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte.”  1 Kor. 15:3-4 
        
 
 
                     
Ons sonde maak dat ons die dood verdien – om vir ewig van God geskei te wees.  Die Bybel sê:  Christus het vir ons sonde gesterf” (1 Kor. 15:3-4)  Toe die Here Jesus Christus aan die kruis gesterf het, het Hy in ons plek gesterf.  Hy het ons  straf op Hom geneem.  Hy het vir al ons sonde betaal .  Hy het weer opgestaan uit die dood en Hy is ons Redder.
5.  God se wonderlike geskenk  “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof.  Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God.”  Efes. 2:8
                           
God het die geskenk van die ewige lewe.  Ons kan nie enigiets doen om onsself te red nie.  Dit is God wat dit moet doen.  As ons draai van ons sonde, vergeef Hy ons en gee vir ons nuwe lewe.  Die nuwe lewe kry ons omdat Jesus Christus Sy lewe vir ons gegee het.
6.  Ek ontvang die geskenk  “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” Joh. 1;12
     
 
                             
Dit is nie genoeg om alles te glo wat ons weet van die Hemel, ons sonde, God se liefde en Christus se dood en opstanding nie.  Ons moet ons vertroue in Hom stel.  As jy vir God nou vra om jou sonde weg te neem en jou Sy kind te maak, en jy bedoel dit, kan jy seker wees, God sal dit doen en die geskenk aan jou gee om Sy kind te wees. 

Heaven and how to get there.  Use the left part nr. 1-6 as a bookmark.  Glue it onto thick paper.  Teach children to use this to witness to people.

1. HEAVEN – ONLY ONE WAY!  Jesus said ...”I am the way, the truth and the life: no man cometh unto the Father, but by me.”  John 14:6   
      
         
Heaven is a wonderful place.  The Bible tells us that there are no tears, death, sorrow, pain or sickness in heaven.  God is the life and the glory of heaven.  There is only one way of getting there: it is through the Lord Jesus Christ.  He is the way. 
(John 14:6)
2. I HAVE SINNED – “For all have sinned, and come short of the  glory of God.” Rom. 3:23
 

There is one thing which stops us from going to heaven.  It is our sin.  Heaven is a perfect place.  God is holy and God and sin cannot be together.  Everyone has sinned and disobeyed God.  (Rom. 3:23)  Have you lied, or stolen of disobeyed? Our sin deserves to be punished
3. GOD LOVES ME “For God so loved the world, that He gave his only begotten Son, that whosoever believeth in Him should not perish, but have everlasting life.” John 3:16
                  
God loves us, in spite of our sin.  God the Father sent His Son to die for us. (John 3:16)
4. CHRIST DIED FOR ME “...Christ died for our sins...He was buried, and He rose again the third day according to the scriptures.”
1 Corinthians 15:3-4
                
                   
Our sin means we deserve death – to be separated from God for ever.  The Bible says: “Christ died for our sins” (1 Cor. 15:3-4).  When the Lord Jesus died on the cross, he died in our place.  He took our punishment.  He paid for all our sin.  He rose again from the dead.  He is a living Saviour.
5. GOD’S WONDER-FUL GIFT “For by grace are ye saved through faith; and that not of yourselves: it is the gift of God.” Ephesians. 2:8
               
God has the gift of eternal life.  We cannot do anything to save ourselves.  It is God who must do it all.  When we turn from our sins, He forgives us and gives us new life, and it is because of what the Lord Jesus has done for us.
6. I RECEIVE THE GIFT
“But as many as received Him, to them gave He power to become the sons of God, even to them that believe on His name.” John 1:12
 
                
                
It is not enough to believe everything about heaven, our sin, God’s love and even Christ’s death and resurrection for us.  We must receive Him as our personal Lord and Saviour.  We must put our trust in Him.  If you ask Him right now to take away your sin and make you a child of God, and you mean it,  you can be sure He will do it, because of what the Bible says.  (John 1:12)

 

 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap