Sunday 4 August 2013

5 Feite en 5 Waarhede oor die Bybel


Daar is 5 feite en 5 waarhede oor die Bybel wat ons vir ons kinders kan leer: Vergelyk Mnr. Sam Doherty se lesboek “The Bible” 

NOMMER EEN
NOMMER TWEE
NOMMER DRIE
NOMMER VIER
NOMMER VYF
sê dat God die Skepper is van die Hemel en die aarde, die son, maan en sterre en die natuur.  Party mense aanbid ander gode en maak vir hulle beelde om te aanbid, maar die Bybel vertel vir ons dat daar net een God is en dat ons net vir Hom mag aanbid.  Hy raak jaloers as ons ander gode het wat sy plek in ons lewens inneem
sê dat die Bybel bestaan uit twee dele.  Die eerste deel noem ons die Ou Testament en die tweede deel noem ons die Nuwe Testament.  In die Ou Testament word alles vertel wat God gesê en gedoen het voordat Jesus Christus gebore is en die Nuwe Testament vertel vir on swat God gesê en gedoen het nadat Jesus gebore is.  Die Ou testament kyk vorentoe na Jesus se geboorte en dood aan die kruis en die Nuwe testament kyk terug na Jesus se kruisiging.
 
sê dat elke deel van die Bybel (O.Testament en Nuwe Testament) kan verdeel word in 3 dele.  Die eerste deel bestaan uit Geskiedenis- wat in die verlede gebeur het en die laaste deel uit Profesië oor wat in die toekoms gaan gebeur.  Die middelste deel vertel van die ondervindinge van mense.
 
sê vir ons daar is 4 Evangelies aan die begin van die Nuwe Testament.  Hulle is Matteus, Markus, Lukas en Johannes.  Hulle is baie belangrike boeke, want hulle vertel vir on swat het met Jesus gebeur toe Hy op aarde geleef het en wat Hy gedoen he tom dit moontlik te maak dat ons gered kan word.     Daar word 4 belangrike dinge vertel van Jesus:  Hy is gebore as ‘n baba in Bethlehem, Hy het 33 jaar op die aarde geleef en nooit sonde gedoen nie, Hy het aan die kruis gesterf vir ons sonde en Hy het na drie dae opgestaan uit die dood en leef vir ewig.
 
sê die eerste vyf boeke van die Ou Testament is Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri, Deuternomium.  Hierdie vyf boeke is deur Moses geskryf en word genoem die Pentateug.  Die Duitse Bybel praat van Mose 1, Mose 2, Mose 3, Mose 4 en Mose 5.  Hierdie 5 boeke vertel vir ons hoe alles begin het. Hoe die wêreld begin het, hoe die lewe begin het, hoe die eerste mense gemaak is, hoe sonde en slegte dinge begin het, hoe verskillende tale begin het, en hoe die verskillende volke begin het.
 
Nommer een
Nommer twee
Nommer drie
Nommer vier
Nommer vyf
Daar is net een manier hoe ek gered kan word en seker kan wees dat ek Hemel toe kan gaan – dit is om in Jesus te glo
 
Die Bybel leer vir my dat daar twee soorte mense op aarde is.  Die een groep het vir Jesus aangeneem as hul Verlosser en glo in Hom, die ander groep glo nie in Jesus nie en het Hom nie aangeneem as Verlosser nie.
Elkeen wat glo is dan soos ‘n huis wat op rots gebou is of soos ‘n boom wat vrugte dra en op die regte pad na die Hemel.  Elkeen wat nie glo nie is soos ‘n huis wat op sand gebou is, of soos ‘n boom wat nie vrugte dra nie of op die breë pad wat nie Hemel toe gaan nie.
 
 
Die Bybel leer vir ons dat God is drie persone in een.  God die Vader wat vir my en die wêreld baie lief is.  Hy wil hê ek moet ‘n sy kind wees en daarom het Hy sy Seun Jesus  na die aarde gestuur om te sterf vir my en dit moontlik te maak dat ek sy kind kan wees.  Die Heilige Gees is die Een wat met my praat en vir my help om in Jesus te glo en vir my help om tot God te bid.
Het jy al ooit gevra:  “Wie is Jesus?”  Daar was eenkeer 4 vriende wat uitgevind het wie Jesus is.  Hierdie 4 het ‘n vriend gehad wat lam was en hulle het besluit om hom na Jesus te neem.  Toe hulle by die huis kom, was die huis vol mense en kon hul hom nie by die deur inneem nie.  Hulle besluit toe om hom deur die dak te laat sak tot by Jesus.  Jesus het toe 4 dinge gedoen:  1.  Hy het vir die man gesê: “Jou sonde is vergewe”  2.  Jesus het vir die mense wat vrae gehad het oor Hom, presies gesê wat hulle dink, omdat Hy God is weet Hy mos alles.   Jesus het vir die man gesê:  “Staan op en loop”.  Dit het gewys dat Hy vir hulle vriend omgegee het.  4.  Hulle het gesien hoe hulle vriend sy bed optel en loop.  Net God kan mense gesond maak – Jesus is God.
 
Daar was iemand wat getrou het en hy nooi toe 10 meisies na die bruilof.  Vyf van die meisies het met lampies vol olie gewag vir die bruidegom om te kom.  Toe Hy kom, het hulle saam met Hom na die bruilofsaal gegaan en vrolik fees gevier.  Die ander vyf se lampies het nie genoeg olie gehad nie en toe die bruidegom kom, kon hulle nie saamgaan nie, want hulle was nie gereed nie. 
           Toe hulle gaan aanklop by die bruilofsaal het die bruidegom gesê:  “Ek ken julle    nie”
Watter groep van 5  meisies wil jy wees?  Die wat reg was toe die bruidegom kom of die wat nie reg was nie?
Die manier om reg te wees vir die bruilofsfees met Jesus, is om in Hom te glo en Hom te vertrou.
 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap