Sunday 16 June 2013

Waarvoor om vir ons eie kinders en die kinders van die wêreld te bid


A.  Bid dat kinders die Here Jesus Christus sal ken as hul Verlosser en dat hul gevul sal wees met die Here se liefde en die werking van die Heilige Gees in hul lewe sal ondervind sodat hul lewenswandel vrugdraend en vol bewyse sal wees dat hul God se kinders is.

B.  Bid dat kinders die 9voudige vrug van die Gees van Gal. 5:16-23 sal dra:
1.       Dat hul die Here hul God sal liefhê met hul hele hart en siel en hul naaste sal liefhê soos
             hulself. (Matt. 22:37-39)
2.       Dat hul vreugde sal uitstraal omdat hul ‘n skoon gewete het wat deur Jesus gesuiwer is
3.       Dat hul vrede sal hê omdat hul vir God vertrou
4.       Dat hul geduld sal hê in alle omstandighede omdat hul wag op die Here
5.       Dat hul vriendelikheid en respek teenoor ander sal openbaar
6.       Dat hul goedheid sal uitstraal omdat hul reg en geregtigheid onderskryf
7.       Dat hul getrou  sal wys in groot en klein sake
8.       Dat hul sagmoedig sal wees en sensitief sal optree teenoor hul naaste soos wat Jesus ons
            geleer het toe Hy op die aarde was
9.       Dat hul selfbeheersd sal wees en hul emosies en dade sal beheer en nie sal toelaat dat slegte
            emosies en dade hul sal  beheer nie

C. Bid dat kinders deur God se liefde in staat sal wees om die 13voudige
             bewyse van die liefde van 1 Kor. 13:1-8 uit te leef:

1.      Lankmoedig (Geduldig) en vriendelik met ander sal wees
2.      Nie jaloers op ander sal wees nie
3.      Nie vol van hulself en grootpraterig sal wees nie
4.      Nie lelik met ander mense sal wees en onwelvoeglik sal optree nie
5.      Ander se belange bo hul eie sal stel
6.      Nie liggeraak sal wees en ‘n verbitterd teen mense sal wees nie
7.      Mekaar sal vergewe en nie boek sal hou van die kwaad nie – onthou Jesus het alles vir jou
          vergewe aan die kruis!
8.      Hul nie oor onreg sal verheug nie, maar verheug sal wees oor die waarheid
9.      Die mooi en goed in ander sal soek en raaksien en die kwade sal bedek
10.  Hul naaste sal glo en vertrou en sal bid vir geloofwaardigheid van mense
11.  In alle omstandighede hoopvol sal bly
12.  Verdraagsaamheid teenoor ander sal openbaar en  volhardend liefde sal bewys
13.  In liefde so sal optree dat hul nooit die Here en mense teleur sal stel nie
                                                   


 
 "KEEP ON KEEPING ON LOVING ONE ANOTHER"

1 comment:

Woordlose boek se oorsprong en boodskap