Monday 27 May 2013

Bybellesse i.p.v. Bybelstories

1. Om ‘n Bybelles aan te bied moet die inhoud van die boodskap suiwer wees en die aanbieder wat die Skrifwaarhede aanbied moet ook daarvolgens leef!   Die kwalifikasies van ‘n aanbieder is om wedergebore te wees, een wat streef na heiligmaking en ‘n oortuigde gelowige wees.

2.  Hoe sien God kinders:
2.1  Hul toestand:  In God se oë is daar twee soorte kinders volgens Joh. 3:36 – die wat in die Seun van God glo en die ewige lewe het en die wat ongehoorsaam is aan die Seun van God op wie die straf van God bly.
Kinders is in sonde ontvang en gebore – Ps. 51:5
Kinders moet die Evangelie hoor en die Evangelie moet so vertel word dat geredde kinders daardeur geinspireer word om te groei en toe te neem in heiligmaking.  Die ongeredde kind moet tot geloof kom as hulle die Evangelie hoor.  Jy Evangeliseer “by hook and by crook!”  Vir die ongeredde kind is jy ‘n “Visser van mense” en vir die geredde kind is jy ‘n Herder om die “lammers te laat wei”!
 
 
2.2  Hul waarde:  Elke kind is vir God van waarde – Matt. 18:14;  Jesus het kinders baie lief en hul is waardevol vir die toekoms om die Evangelie suiwer oor te dra aan die volgende geslag – Ps. 78
2.3  Hul potensiaal:  Kinders kan lewe en getuig van God se almag; Kinders wat gered word, is ‘n hele lewe wat gered is; Kinders het ‘n groter kapasiteit om te leer. 

 “Many Books can inform, but only the Bible can transform” 

Die verskil tussen ‘n Bybelstorie en ‘n Bybelles:  ‘n Bybelstorie is bloot die vertelling van ‘n verhaal soos dit in die Bybel aangeteken is, maar met ‘n Bybelles word die hoofwaarheid op die kind van toepassing gemaak en leer hy/sy deur die werking van die Heilige Gees wat God se wil vir sy lewe is.  Die ongeredde kind moet geleentheid kry om Jesus aan te neem en in Hom glo - Joh. 1:12 en die geredde kind moet geleentheid kry om Bybelwaarhede op sy lewe van toepassing te maak en geestelik te groei. (2 Pet.3:18) 

Watter kind het ‘n Bybelstorie gehoor en watter kind het ‘n Bybelles gehoor?
Na Sondagskool toe die gesin aan etenstafel is, vra die Ouers vir die 2 seuns: Wat het jul vandag in die Sondagskool gehoor?  Jannie antwoord:  “Ek het gehoor hoe Dawid ‘n reus doodgemaak het as ‘n jong seun net met ‘n slingervel en ‘n klippie.  Ek wens darem ek was so sterk soos Dawid!”

Pieter antwoord:  “Ek het gehoor van Josef.  Hoe hy oral baie onregverdig behandel is en selfs in die tronk was sonder dat hy dit verdien het.  In alles het hy geweet die Here het ‘n plan met sy lewe.  Ek het vandag besef, hoekom ek nie in die eerste voetbalspan is nie, die Here het ‘n doel daarmee.”

(Jannie het ‘n storie gehoor wat nie op sy lewe toegepas is nie, terwyl Pieter ‘n Bybelles gehoor het en dit kon toepas in sy lewe) 

Die verskillende dele van ‘n Bybelles:  Soos enige storie, het ‘n Bybelles ‘n inleiding, die verloop van die verhaal, ‘n klimaks en ‘n einde.
1.Die Inleiding: Die inleiding van ‘n verhaal is baie belangrik, want dit is hier waar jy ‘n kind se aandag wen of verloor.  Doen dus moeite om die inleiding so aan te bied dat jy die kind boei.
2.  Die verloop van die verhaal  Neem jou Bybel, lees die gedeelte waaroor die Bybelles gaan goed deur en skryf die hoofpunte van die verhaal in eenvoudige frases neer
3.  Die Klimaks    Dit is die hoogtepunt van die verhaal.  Die held wen of die probleem is opgelos of die geheim is ontdek.
4.  Die Einde Hou die einde kort en net ‘n paar sinne om die verhaal af te rond en om die kinders op te roep om te reageer op die waarheid wat God hul geleer het
Hoe weet ek wat is die hoofwaarheid in die Skrifgedeelte?
* Bid daaroor en wag op die leiding van die Heilige Gees. * Vra vrae – Wat het God of Jesus in gedeelte gedoen?  Wat leer gedeelte van God?  Wat leer ons van hoofkarakters?  Is daar ‘n leerstelling wat verduidelik moet word bv. God is regverdig?

Daar is 5 kategorië van hoofwaarhede:
  1. ‘n Waarheid of leerstelling om te glo bv. God is alomteenwoordig. (Visualiseer op sirkel-God het geen begin of einde)
  2. ‘n Waarskuwing om op ag te slaan bv. Wees verseker dat jou sonde jou sal uitvind. (Visualiseer op driehoek – ‘n gevaarteken)
  3. ‘n Voorbeeld om na te volg, bv. God se kinders moet elke dag tot Hom bid soos Daniel gedoen het.
  4. ‘n Belofte om toe te eien bv. God belowe dat Hy ons gebede sal verhoor
  5. ‘n Gebod om te gehoorsaam, bv. God beveel “Jy mag nie steel nie.”
Hierdie hoofwaarheid moet in een sin opgesom word.  Vereenvoudig word en aan die kind verduidelik word.  Illustreer die hoofwaarheid op ‘n kruis of sirkel en herhaal dit deur die verhaal sodat die kind aan die einde van die verhaal weet wat die hoofwaarheid is.  Weef die waarheid deur die verhaal in en pas dit elke keer toe op die kind se lewe.
Onthou die toepassing van die hoofwaarheid op die geredde kind en ongeredde kind is nie dieselfde nie. Die ongeredde kind moet na die Here Jesus gelei word en die geredde kind moet geleer word om geestelik te groei.
Die toepassings word deur die aanbieder gedoen, maar die Heilige Gees oortuig die kind van sy sonde en hoe om geestelik te groei.

 

MARY JONES AND HER BIBLE

The story of a young girl who walked twenty-five miles to get a Bible in her own language. 

Many years ago, a little girl lived with her mother in a small cottage in the Welsh countryside. Her home was in a green valley in the shadow of a mountain, and from there you could sometimes see the sea in the far distance. Her father was a weaver who worked very hard to support his family but sadly he died when Mary was young.
On Sunday mornings, Mary dressed in her Sunday best, would walk to the little chapel in the village two miles away.
At the front, the minister would open a large, black, leather-bound book. As he began to read, Mary would marvel at the wonderful words and store them up in her heart. After the service, she would go cautiously up to look at the impressive book. There were two words printed in gold on its cover. Mary guessed that these said ‘Holy Bible’ because she had heard the minister mention the name of the book. The words inside looked odd to her. ‘How can anyone ever make sense of these squiggles?’ she thought. ‘Oh, how I wish I could read this book for myself, or even have one for my own!’
Then, on Sunday morning, the minister, announced that a school was to open in the village. Mary was excited. ‘Now I can learn to read,’ she said, ‘and make sense of those strange marks in the book at chapel.’
The schoolmaster, Mr Evans, and his wife moved into a farmhouse not far from Mary’s home. Mary worked extra hard to finish her chores quickly so that she could go to the Evans’ house to learn to read. Her parents saw how hard their daughter worked at both schoolwork and her duties at home.

Months passed and seasons changed, until at last Mary was asked to read from the chapel Bible one Sunday morning. She was not very tall, so a special wooden box for her to stand on so that she could see the words properly. Now the squiggles were no longer strange to her. She read perfectly. Mr and Mrs Jones were very proud of their daughter.

After the service, Mary rushed up to her mother. ‘I must have a Bible, I must have a Bible!’ she cried. Her mother gently placed his hand on her shoulder. ‘But Mary, Bibles are expensive, and we haven’t much money.’
‘I know, I know, that’s why I am going to save up for one, and I don’t care how long it takes me. I’ll do jobs for other people, I’ll save all my pennies, I’ll do anything just to have my own Bible.’

And that is exactly what Mary did. For six long years she saved all she could until the day came when she had enough money to buy a Bible. Mr Evans had told her that there was a man in a town called Bala who had a number of Bibles. Mary, now fifteen, told her mother that she was going to walk to Bala.
Her mother exclaimed, ‘Daughter, that’s nearly twenty-five miles away!’ But there was no changing Mary’s mind – she had waited too long for that. So, with her purse of money and some bread and cheese tied up in a bundle, she set off.

The journey to Bala seemed endless. Mary followed many paths, crossed valleys and streams and found her way around hills. As her weariness grew and her aching limbs seemed almost too much to bear, she muttered words of encouragement to herself. ‘Come on, Mary, not much further now,’ she thought. Eventually she came to the brow of a hill, from which she could see the edge of a town. Dusk was falling, and candlelight had begun to flicker in cottage windows. Mary's heart pounded with excitement. Here was Bala at last!

She recognised it from Mr Evans’ clear description. With renewed energy and a new determination, she set off again down the hill.
Mary asked for directions to find Mr Charles. After knocking on several doors and asking for directions, she found his house. She ran up the garden path and knocked loudly on the large oak door.

As it was opened, Mary made her request for a Bible, the words tumbling over themselves in her eagerness: ‘I’ve walked twenty-five miles to get here, I’ve saved up for six years to buy a Bible, I’ve got the money here, you can count it if you like – please can I have a Bible?’

Mr Charles was taken aback. ‘You had better come in and tell me all about it, but first you must have something to eat. You must be famished.’ He smiled kindly and beckoned the housekeeper to take Mary to the kitchen. After she had eaten, Mary told Mr Charles everything.

He was moved by her account. And he held out to her a brand new Bible. Mary stared at it for a long moment before taking it with both hands. Then she expressed her heartfelt thanks.

The next morning, Mary, clutching her treasured possession, said goodbye to Mr Charles and started on her way home. She arrived to a grand reception. It seemed as if everyone was there. Her mother threw her arms around her and hugged her. Nearby stood Mr Evans and the minister, smiling broadly and clapping their hands. Everyone was cheering and wanted Mary to show them her Bible. As she held the book up for all tosee, she murmured a few quiet words. ‘Thank you, Jesus, thank you Mr Charles,’ she said.
In his study, Mr Charles remembered how the young girl had disappeared over the brow of a hill still holding the new Bible to her chest. He began to think of all the other Mary Joneses who must be wanting Bibles, not only in Wales but in England, Scotland, Ireland, and even in other more distant lands. 

In 1804, the British and Foreign Bible Society was formed by Thomas Charles and other important men in response to needs which stories like that of Mary Jones had brought to light.

Bible Society is working for the day when the Bible’s God-given revelation, inspiration and wisdom is shaping the lives and communities everywhere. 

Bible Society,
T: 01793 418100 F: 01793 418118 biblesociety.org.uk Charity Registration No 232759

Stonehill Green, Westlea, Swindon SN5 7DG

 

1 comment:

  1. Geluk met jou blog, Sus! Mag jy baie mense leer daardeur. Geniet dit!
    Em.

    ReplyDelete

Woordlose boek se oorsprong en boodskap