Wednesday 9 October 2013

Stappe om God se kind te word


Vyf stappe om te neem sodat  jy Hemel toe kan gaan:

1.     Erken dat jy ‘n verlore sondaar is!  Paulus sê vir ons in Romeine 3:23 dat almal gesondig het.  In Jesaje 59:2 staan daar dat sonde ons skei van God.  In 2 Tessalonisense 1:8-9 staan daar dat die straf vir die sonde die ewige verdoemenis is, weg van die teenwoordigheid van die Here en van sy magtige heerlikheid!

2.    Besef dat jy verlossing van sonde nodig het!  Om verlos te wees van sonde, moet jy weer gebore word.  Jesus het in Joh.3:3 vir Nikodemus gesê dat as iemand nie weer gebore – nuut gebore – word, hy die Koninkryk van God nie sal sien nie.  Jy moet God se kind word deur vir Jesus aan te neem as jou Verlosser.  Joh. 1:12.

3.    Niks wat jy doen, kan jou red van jou sondige bestaan nie:  Titus 3:5 sê dat God ons verlos nie op grond van wat ons verdien nie, maar deur Sy groot genade en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee.   Ons verlossing is ‘n geskenk van God – Efesiërs 2:8-9.  Net deur die Naam van Jesus Christus ons Verlosser kan daar vir ons redding wees!

4.    Glo dat Jesus vir jou sondes gesterf het:  Jesus het ons sondes aan die kruis gedra en deur Sy lyding het daar vir ons redding gekom.  1 Petrus 2:24.  Jesus se bloed reinig ons van al ons sonde – 1 Joh. 1:7.  Jesus se opstanding uit die dood het voorsiening gemaak dat ons die ewige lewe kan hê.  1 Kor. 15:20

5.    Neem Jesus aan as jou Verlosser van sonde:  Paulus het vir die tronkbewaarder gesê dat Hy in Jesus Christus moet glo en sodoende gered sal word.  Kniel en bid tot jou Vader wat in die verborgene sien en vra vir Hom om jou aan te neem en dit vir jou moontlik te maak om Hom aan te neem.  Bid die gebed van die tollenaar in die tempel:  “Wees my arme sondaar genadig”! Lukas 18:13.

AS JY HIERDIE 5 STAPPE GEVOLG HET EN VIR JESUS AANGENEEM HET, SKRYF JOU NAAM IN BY JOH. 1:12:  “MAAR AAN ......... WAT HOM AANGENEEM HET, .......... WAT IN HOM GLO, HET HY DIE REG GE GEE OM ‘N KIND VAN GOD TE WORD.”

Bid ‘n dankgebed vir die Heer se groot genade:  Efes. 1:3-14.

Die engele juig oor elkeen wat vir Jesus aanneem as Verlosser!!

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap