Saturday 5 October 2013

REFORMATION/HERVORMING


Reformation Day vs Halloween 
 - Good information and advice from Peter Hammond – Frontline Fellowship

“It was on 31 October 1517, that Dr. Martin Luther nailed the 95 Theses on the door of the Slosskirche (castle church) in Wittenberg, Germany. His bold challenge against the unBiblical practices of the medieval Roman papacy inspired the Protestant Reformation. All Bible believing churches should celebrate the greatest revival of Faith and freedom ever. The Reformation was one the most important turning points in world history. The energies that were released by the rediscovery of the Bible in the common tongue led to the most extraordinary spiritual Revival in history. The Reformation freed the Christians of Northern Europe from the decadence of Renaissance paganism and led to the greatest freedoms and scientific discoveries in history.  

Every Bible believing Christian should celebrate the Reformation. No Christian should have part in celebrating the occultic Halloween.  

We are in a spiritual world war. Cruelty to animals, vandalism and even murders occur with far greater frequency during Halloween. Every Halloween many thousands of animals, and even people, are sacrificed in satanic rituals worldwide, while millions of other people, including well meaning Christians, participate in Halloween celebrations. Halloween is a prime recruiting time for witches and Satanists. Many people have testified that they were introduced to the occult at a Halloween party. Halloween is very religious, but it is not Christian.  

"Do not be overcome by evil, but overcome evil with good." Romans 12:21  
 
Choose Life  

This 31 October, take a stand against Halloween by mobilising your family and congregation to celebrate the Reformation, and to engage in spiritual warfare, earnest prayer, praying the Psalms, and sharing the Gospel with our friends and neighbours, particularly those who may be unthinkingly participating in this occultic celebration of divination, necromancy, human sacrifice and cruelty to animals.  

"Finally, my brethren, be strong in the Lord and in the power of His might. Put on the whole Armour of God, that you may be able to stand against the wiles of the devil. For we do not wrestle against flesh and blood, but against principalities, against powers, against the rulers of the darkness of this age, against spiritual hosts of wickedness in the heavenly places. Therefore, take up the whole Armour of God, that you may be able to stand in the evil day, and having done all, to stand. Stand therefore, having girded your waist with truth, having put on the Breastplate of Righteousness, and having shod your feet with the preparation of the Gospel of Peace. Above all, taking the Shield of Faith with which you will be able to quench all the fiery darts of the wicked one. And take the Helmet of Salvation, and the Sword of the Spirit, which is the Word of God; praying always with all prayer and supplication in the Spirit, being watchful to this end with all perseverance and supplication for all the saints." Ephesians 6:10-18”   

Screen a film to your Sunday school, youth group or congregation:
 

Halloween: Have You Been Tricked? (Suitable for children, 27 minutes).  

Halloween: Trick or Treat? (Suitable for teens and older, 48 minutes).  

Both DVDs by Jeremiah Films are also available from Christian Liberty Books: 021-689-7478, email: admin@christianlibertybooks.co.za This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it , website: www.christianlibertybooks.co.za.
Ten Reasons Why Christians Should Not Celebrate Halloween
Reformation or Desecration? How a Hallowed Eve Became Halloween
95 Theses for Reformation Today
 
                                               
HERVORMING  – terug na die Bybel!

Mag die Bybel vir ons wees wat C.H. Spurgeon aanbeveel:  “Soos ‘n eekhorinkie in ‘n eikeboom, moet ek in en van God se Woord leef.  Dit moet my skuilplek, rusplek, kos, medisyne, skatkis, my vreugde en wapenrusting wees.”   

Hervormingsfees word op die laaste Sondag in  Oktober gevier, d.w.s op Sondag 27 Oktober 2013.  Op dié dag dink ons aan die Hervorming wat deur Maarten Luther in Duitsland in 1517 begin is.  Die belangrikste van Hervorming is dat die Woord van God herontdek is.  

Hervorming  beteken dat iets wat nie goed is nie, weer oorgemaak moet word, sodat dit kan wees soos dit bedoel is om te wees. As jy bv. van klei ‘n voorwerp wil maak en dit kom nie reg nie, neem jy weer die klei en maak dit eers weer ‘n bal sodat jy weer van vooraf kan begin vorm. 

So was dit op ‘n tyd nodig dat die kerk hervorm moes word, omdat dit nie meer was wat God daarmee bedoel het nie.

Ongeveer 500 jaar gelede was daar net een Christelike Kerk, naamlik die Roomse kerk.  Die Pous was die hoof van die kerk.  ‘n Bybel was net in die kerk beskikbaar en dan was dit met ‘n ketting vasgemaak.  Die Bybel was net in Latyn geskryf en die meeste mense het dit nie verstaan nie.  Onder leiding van die Pous het die mense die dinge gedoen wat die Bybel nie geleer het nie, bv. mense moes betaal om hulle sondes vergewe te kry.

Die Here het op ‘n wonderlike manier manne geroep wat die volle boodskap van die Bybel sou verkondig en die Bybel vertaal in tale wat die mense kon verstaan.  Hierdie manne- Maarten Luther, Johannes Calvyn, Zwingli, Knox en ander word Hervormers genoem.

Maarten Luther was ‘n priester en in die klooster waar hy gebly het, het hy geleentheid gekry om die Bybel te lees.  Terwyl hy die Bybel bestudeer het, het hy besef hoe baie verkeerde dinge daar in die Roomse Kerk is.  Eendag het hy 95 stellinge van die Roomse kerk op ‘n stuk papier geskryf en dit teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker.  Die Roomse kerk het hom uit die kerk geskop, maar Maarten Luther het vasgestaan.  Sy wagwoord was:  “Terug na die Bybel.”  Hy het ook geglo dat elke persoon die Bybel mag lees en nie net die priesters nie – so het hy die kettings waarmee die Bybel gebind was, losgemaak sodat ek en jy dit vandag ook kan lees.
(As julle meer wil weet van Maarten Luther, kyk na die DVD  “Luther”).  

Ek en jy kan ook vandag ‘n HERVORMER wees, deur die Here se Woord te lees en die hele Bybel te glo en vir ander mense wat nog nie glo in die Bybel nie, daarvan te vertel.

Weet julle dat elke vers in Ps. 119 – die langste Psalm praat oor die Bybel, of die Woord of die Wet van die Here.   Lees ‘n bietjie die Psalm stuk vir stuk deur.   Ps. 119:72 sê:  “U wet is vir my kosbaarder as ‘n oorvloed van goud en silwer”  Ps. 119:105 sê:  “U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.”  

Die mense wat geglo het soos Maarten Luther en self die Bybel begin lees het, het weggebreek van die Roomse Kerk en hulle is Hervormers of Protestante genoem.   Hulle is deur die Roomse kerk vervolg en selfs doodgemaak.  Hulle Bybels is afgeneem en verbrand.

In Frankryk is die huise gereeld deursoek deur die polisie en is mense gevang wat Bybels gehad het.  Baie van ons voorouers het gevlug uit Frankryk na Suid-Afrika en het in Franschoek-omgewing gaan bly. Die Protestante in Frankryk is Hugenote genoem en hulle het baie gely vir hulle geloof.  (Die museum in Franschoek bevat baie inligting oor die Franse Hugenote – ons voorouers kom ook daarvandaan (du Plessis en de Villiers).  Ons was bevoorreg om in 2012 die Hugenote Museum in Frankryk te besoek en kon sien (DVD) en hoor hoe die Hugenote doodgemaak is en gevlug het vir hul geloof in God en die Bybel.     Ons span van 12 mense het 10,000 koeverte met ‘n Johannes Evangelie en ‘n CEF boekie en uitnodigingsbrief in Franse se posbusse geplaas om hulle uit te nooi om hul lewe aan die Here oor te gee.  Van al die koeverte wat uitgedeel is, het daar 10 mense op die uitnodiging gereageer!!    

Die Franse Hugenote het kruisies om hulle nekke gedra wat ‘n wonderlike verhaal vertel.    Die sirkel-gedeelte vertel van God.  God het geen begin of einde nie, want Hy is van ewigheid tot ewigheid.  Die kruis-gedeelte van die Hugenote kruis, vertel van Jesus Christus.  Jesus wat na die aarde gekom het, om vir ons sonde te sterf.  Die tandjies om die sirkel vertel van die doringkroon wat Jesus moes dra voordat Hy gekruisig is.  Onderaan die sirkel, hang ‘n duif, wat vertel van die Heilige Gees.  Nadat Jesus na die Hemel is om vir ons plek te gaan voorberei, het God die Heilige Gees gestuur om vir ons te help.  Die Heilige Gees gee vir ons die krag om te weet wat is die regte ding om te doen en lei ons op die regte pad.

Die gebakte Bybel:

In Frankryk was daar een oggend ‘n vrou besig om brood te knie.  Haar man storm toe by die huis in en roep uitasem:  “Die soldate is besig om die huise hier in ons straat te deursoek vir Bybels …. Waar kan ons tog ons Bybel wegsteek?”  “Ek het ‘n goeie plan!” sê sy vrou,  “Bring gou die Bybel hierheen.”
Sy het die Bybel onder in die broodpan gesit, die deeg bo-op gesit en die brood in die oond gesteek.
Die soldate het die huis deursoek en niks gevind nie. 
Na die soldate weg is, het die vrou die brood uit die oond gehaal.  Die brood was gaar en die Bybel het niks oorgekom  nie.  

 In 1933 is die Bybel vir die eerste keer in Afrikaans vertaal. 
 Die Bybel is vanjaar 80 jaar oud! Mag jy jou wagwoord maak: TERUG NA DIE BYBEL!  

Bid asb. vir al die mense wat ter wille van hul geloof in Jesus Christus en die besit van ‘n Bybel vervolg word.

Mag die Hemelse Vader ons help om ware HERVORMERS te wees.  Mag jou Bybel vir jou wees soos die eekhorinkie se akkerboom – jou huis, jou skuilplek, jou kos en jou rusplek!

 

 

 

 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap