Thursday 31 October 2013

PSALM 23

My man het met ons familie-naweek met ons oggenddiens Ps. 23 as volg verduidelik:    
Die Psalmdigter het teruggekyk en besef  God  het vir hom soos ‘n Herder versorg  in die dae wat dit goed gegaan het – groen weivelde.  In die moeilike dae het sy Herder vir hom nuwe krag gegee   en hom op die regte paaie gelei.
In die lig van die Herder se goeie leiding in voorspoed en teenspoed, kan hy die toekoms in die Herder se hande gee en Hom volkome vertrou – selfs al moet hy deur die doodsvallei gaan!   
Hierdie Psalm volg op Psalm 22 wat die Psalm van die Kruis genoem word, waar die Psalmdigter uitroep: “My God, my God waarom het U my verlaat” – wat dui op Jesus se woorde aan die kruis.

Eers wanneer ek Jesus se vryspraak in my lewe ervaar, ervaar ek Psalm 23 se vreugde en vrede!
Die Psalmdigter wys ons in hierdie 6 verse op:
Vers 1    volmaakte tevredenheid – Herder versorg
Vers 2     rus en stilwees – Herder lei na waters van rus
vers 3     leiding en herstel – Herder help in moeilike tye
vers 4     volkome vertroue – Herder is betroubaar
 vers 5    toewyding en vreugde – Herder bederf
vers 6     toekoms visie – Herder is ook my Redder en wegbereider na ewigheid 

My Herder is:
Met my – my Herder
onder my – groen weivelde
langs my – waters waar rus is
voor my – die tafel
rondom my – beskerm my teen vyande
volg my –  met Sy goedheid en guns
voor my – die huis van die Here wat wag tot in ewigheid 

In Psalm 23 word ‘n hele paar van God se name geïllustreer:
Jehovah-Rohi – die Here is my Herder – vs. 1
Jehovah-Jireh – die Here sal voorsien –vs. 1
Jehovah – Shalom – die Here gee vrede –vs. 2
Jehovah-Rophi – die Here wat genees –vs. 4
Jehovah-tsidkenu – die Here is geregtigheid– vs. 3
Jehovah-shammah - die Here is daar -  vs. 4
Jehovah-nissi – die Here is my banier – vs 6
Jahweh-Mekaddishkem – Die HERE wat ons heilig van sonde tot toewyding aan Hom – vs. 6

 

Spurgeon sê van Psalm 23:  “This is the pearl of Psalms whose soft and pure radiance delights every eye……….its sweetness and its spirituality are unsurpassed.”

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap