Tuesday 15 October 2013

Herlewing

Bid vir HERLEWING!  
Charles H. Spurgeon sê dat herlewing moet begin en eindig by God se kinders.  Herlewing is iets wat deur die “possessors of vital godliness” geniet moet word.  Ons as God se kinders moet so bewus wees van God se teenwoordigheid in ons lewens en Hom so geniet dat dit lei tot herlewing in ons eie lewens en dat dit uitkring tot die wêreld daarbuite.

Gebruik die ABBA-metode om te bid vir herlewing in jou eie lewe en in die lewens van ander.  Vra vir God om vir jou wysheid te gee oor hoe om te bid en dat die Heilige Gees jou moet bystaan en saam met jou pleit. (Rom. 8:26) 
A – Aanbid God vir wie Hy is: Lees Ps. 145 en loof die Heer dat Hy jou Koning is, dat Hy groot is, dat Hy Almagtig is, vol Heerlikheid en Majesteit, dat Hy goed is , dat Hy genadig en barmhartig is, vol liefde, dat Hy ons Helper is, dat Hy alles en almal onderhou, dat Hy alles in oorvloed skenk, dat Hy regverdig is, dat Hy naby die is wat Hom in opregtheid aanroep, dat Hy gee wat Sy kinders vra en hul red en beskerm.
B – bely jou sonde saam met Dawid in Psalm 51.  Noem jou sonde by die naam en vra dat die Heer dit sal bedek met die bloed van Jesus Christus en jou volkome sal vergewe.  Bid dat die Heer jou hart witter as sneeu sal was en weer vir jou die blydskap sal gee wat deur die Heilige Gees bewerk word in ‘n skoon lewe.
B – bedank God vir al die goeie gawes wat jy elke dag uit sy hand ontvang.  Maak ‘n lys van al die seëninge.  Gebruik Ps. 103 en bedank  die Heer vir al Sy weldade:  sondevergifnis, genesing van siektes, lewe, liefde, ontferming, goeie in oorvloed, jeugdige krag, geregtigheid en reg, barmhartigheid, genade, lankmoedigheid, ontferming, trou, en Sy heerskappy oor alles en almal.
A – Asseblief – doen voorbidding vir almal wat herlewing nodig het en deur God uitverkies is om Sy kinders te wees.  Bid dat die Here jou sal wysheid gee vir wie om te bid en hoe om te bid en hoe om te getuig dat ander na Hom getrek sal word.  In Hand. 1:8 het Jesus vir die dissipels gesê dat hul krag sal ontvang wanneer die Heilige Gees oor hulle kom en dat hul dan moet getuig in Jerusalem, Judea, Samaria en die uithoeke van die aarde.  Begin bid vir almal in jou Jerusalem – jou huismense en werksmense.  Bid vir Judea – jou dorp, jou kerk, jou omgewing.  Bid vir Samaria – die plekke rondom jou dorp.  Bid vir die uithoeke van die aarde – mense in jou land en die wêreld.  

PRAY FOR REVIVAL!
In Somerset West, Strand and Gordon’s Bay in South Africa, some of the churches decided to take hands and pray for revival this week.
Spurgeon said:  “A true revival is to be looked for in the church of God. Only in the river of gracious life can the pearl of revival be found. It has been said that a revival must begin with God's people; this is very true, but it is not all the truth, for the revival itself must end as well as begin there. The results of the revival will extend to the outside world, but the revival, strictly speaking, must be within the circle of life, and must therefore essentially be enjoyed by the possessors of vital godliness, and by them only. Is not this quite a different view of revival from that; which is common in society; but is it not manifestly the correct one?”

Jericho Walls’ call for revival:   7 Days on the WALL

"7 Days on the WALL" is a night-and-day prayer initiative. We are joining the world in 2013 by praying non-stop for revival among the nations.

Urgently calling all Christians in South Africa (local churches, prayer watches and organisations) to take 7 days (168 hours) to pray literally night-and-day, earnestly seeking God for revival in South Africa, for the whole year of 2013!

Imagine all 900+ cities and towns in Souh Africa praying in 7 Day watches for:

SPIRITUAL AWAKENING OF THE CHURCH Isaiah 62:6-7; SALVATION OF THE UNSAVED  Acts 15:16

SOCIAL JUSTICE Luke 18:7-8

It only takes 24 individuals to pray for one hour per day to cover all the hours of the week!

 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap