Sunday 29 September 2013

Wat kan gelowige kinders doen vir die Koninkryk van God?

Jy, as gelowige, kan baie doen vir die uitbreiding van God se KONINKRYK!  Wees soos ‘n meerdoelige koerant!

Baie mense gebruik ‘n koerant net vir een rede – nl. om dit te lees.   Kom ek sê vir julle waarvoor julle koerante nog kan gebruik:  (Soos jy vir kinders vertel, kan jy die koerant vou en gebruik vir die verskillende voorwerpe)

·        Jy kan vir jou ‘n hoed daarvan maak as jy dit reg vou
·        jy kan vir jou ‘n voorskoot maak daarvan
·        jy kan dit vir ‘n tafeldoek of ‘n servet gebruik
·        Jy kan sit daarop
·        jy kan jou gesig toemaak as jy buite wil lê en slaap sodat die son jou nie bykom nie
·        jy kan dit gebruik vir ‘n sambreel
·        as jy dit dubbel vou kan jy dit vir ‘n vlieëslaner gebruik
·        Jy kan balle daarvan maak en oefen om dit in ‘n mandjie te gooi
·        Jy kan dit gebruik vir ‘n kombers in die koue weer
·        Jy kan kos daarmee warm hou as jy dit oor ‘n houer kos vou
·        Jy kan gevriesde kos daarmee koud hou, ens. ens.

(was net jou hande goed nadat jy die koerant gebruik het, want dit maak ‘n mens se hande baie vuil!)

As daar so baie maniere is waarop ‘n koerant gebruik kan word, hoeveel te meer kan jy gebruik word om die Here te dien en Sy Koninkryk uit te brei.

Kom ons dink aan maniere en dan kan jy self verder dink:

·        Nooi ‘n vriend kerktoe
·        vertel vir ander mense van Jesus
·        gee ‘n traktaatjie aan iemand wat nog nie vir Jesus ken nie
·        help jou ouers met takies in die huis
·        wees gehoorsaam aan die Here en aan jou ouers, want dit is ‘n gebod van God
·        wees ‘n vriend of vriendin vir iemand by die kerk of skool wat nie maats het nie
·        herinner jou ouers daaraan om gereeld huisgodsdiens te hou
·        Bid gereeld en praat met jou Hemelse Vader en vra dat Hy jou moet help om die Koninkryk te laat kom in jou hart, in jou omgewing, in jou land en in die wêreld
·        Lees gereeld jou Bybel en memoriseer Bybelverse  

Die mense lees jou lewe soos ‘n koerant – wees soos ‘n koerant met die Goeie Nuus van Jesus Christus wat gesterf het sodat die God se Koninkryk kan uitbrei!  (2 Kor. 3:3 "Julle is 'n brief van Christus")

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap