Wednesday 4 September 2013

Jesus bring VREDE


Jesus het aan mense verskyn na sy opstanding uit die dood.  ‘n Paar keer het  Hy vir hulle gesê:  Vrede vir julle”.
Jesus se koms na die aarde, het vir ons VREDE bewerkstellig.
Maak ‘n ster en skryf by elke punt ‘n letter van die woord VREDE en verduidelik dit so:  

Soos julle weet het ‘n ster 5 punte.  Die woord VREDE pas net mooi in op die ster. 
Elke letter van die woord wil vir julle vertel hoe Jesus vir ons VREDE kom bring het.
Die Bethlehemster was die ster van VREDE omdat die ster aangekondig het dat Jesus Christus, die VREDEVORS, gebore is. 

V staan vir VERGEWE – Hy het al julle sondes kom vergewe omdat Hy aan die kruis daarvoor gesterf het – julle moet ook mekaar vergewe sodat julle vrede kan hê.

R staan vir RED –  Jesus het vir julle kom red van die dood, daarom moet julle ook vir ander vertel van Jesus sodat hulle gered kan word

E staan vir EWIGE LEWE – Jesus het dit moontlik gemaak dat julle die ewige lewe kan hê as julle in Jesus glo, want Hy het die dood oorwin en opgestaan uit die dood.

D staan vir DANKBAAR – Julle moet God die Vader dank dat Hy sy eniggebore Seun gestuur het om vir julle te wys hoe lief Hy vir julle het

E staan vir EER – die Engele het God ge-eer met Jesus se geboorte en daarom moet julle Hom elke dag eer met alles wat julle dink, doen of sê.  

‘n  Ster het die wyse manne na Bethlehem gelei sodat hulle vir Jesus kon aanbid.  

Dink aan maniere hoe julle God kan eer vir die geskenk van JESUS 
(Geneem en verwerk uit boek “Planne en pret vir die kerkjaar”)

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap