Saturday 21 September 2013

Drie prentjies van Abraham se lewe om na te volg:

Abraham het baie na aan die Here God gelewe en die drie uitstaande kenmerke van sy lewe was: 

1.     Hy het altare opgerig waar hy die Here aanbid en geloof het vir Sy goedheid en guns aan hom en sy nageslag bewys. (Gen. 12:7-8)
2.    Hy het in tente gewoon om te wys hy is ‘n pelgrimsreisiger.  Hy het ‘n tydelike huis en is ‘n reisiger op weg na die Ewigheid. (Gen. 13:3)
3.    Hy het putte gegrawe om vir sy mense en diere van water te voorsien. (Gen. 26:15)
Watter prentjies in jou lewe wys vir mense dat jy die Here aanbid, dat jy ‘n reisiger is op pad na die ewigheid en dat jy lewende water aan ander gee sodat hulle kan lewe?
Hoe kan jy dit doen?
1.     Maak erns met jou verhouding met die Here en hoe jy Hom aanbid.  Hou gereeld stiltetyd waar jy jou verhouding met die Hemelse Vader kan verryk. 
2.    Reis lig in hierdie wêreld!  Moenie toelaat dat die wêreldse prag en praal jou insluk nie.  Moenie verval in kooplus en alles koop wat jou oë sien nie.  Leef eenvoudig en help jou kinders en kleinkinders om lig te reis.  Maak vir jou skatte in die Hemel bymekaar waar mot en roes en inbrekers dit nie kan verniel nie!
3.    Voed en versterk ander met die Lewende Water van Jesus Christus.  Bid vir die geestelike lewens van jou kinders en kleinkinders en agter-kleinkinders.  Deel traktaatjies uit aan ander en deel die Goeie Nuus van Jesus Christus wat gesterf het vir ons sonde aan ander sodat hul van die Lewende Water kan drink en gered kan word.
(Vergelyk Mnr. Sam Doherty se boek bl. 24 van “God’s Word for God’s workers” volume 2.  Indien jy die boek gratis wil aflaai, kan jy dit doen deur op “CEF BOOK MINISTRY” in te gaan) 
Mr. Sam Doherty talk in his book “God’s Word for God’s Workers” volume 1 about Abraham who was an altar builder, a tent dweller and a well digger.  You can download the book for free from “CEF book ministry”

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap