Monday 19 August 2013

Timoteus se lewe

Die Hemelse Vader het dit so beskik dat Timoteus ‘n gelowige ma en ouma gehad het en toe bevoorreg was om vir Paulus as mentor te hê.  Paulus kon net aangaan waar sy ma en ouma opgehou het met die oorvertel van die Bybelboodskap.  

Paulus het vir Timoteus 4 waarhede oor die Woord van God ingeskerp wat hy weer aan ander kon oordra.

  1. Die Woord van God is deur die Heilige Gees geïnspireer – 2 Tim. 3:16 Opdrag:  Glo dit en preek dit of vertel daarvan
  2. Die Woord van God is aan ons toevertrou – 2 Tim. 1:13 en 14   Opdrag:  Hou vas aan die Waarheid en beskerm dit soos wat jy jou beste besitting sal beskerm 1 Tim. 6:20
  3. Die Woord van God is kragtig.  Iemand het gese “many books can inform, but only the Bible can transform”  Dit is die krag van God tot verlossing – Rom. 1:16.  Charles Spurgeon het gese:  “Open the door and let the lion out.  He will take care of himself…The way to meet infidelity is to spread the Bible.  The answer to every objection against the Bible is the Bible.’  Opdrag:  Lees dit en leer die waarhede.
  4. Die Woord van God moet bestudeer word. 2 Tim. 3:14.  Paulus waarsku Timoteus teen mense wat nie die Woord verstaan nie en dan verkeerd interpreteer en weergee – vals profete.  2 Tim. 2:17-18, 2 Tim. 3:7,8)  Opdrag:  Bestudeer die Woord sodat God met jou kan praat daardeur en vir jou kan leer.  

In 2 Tim. 2 Gee Paulus 7 beelde van hoe ‘n Christen behoort te wees: 
Onderwyser (1-2);
Soldaat (3-4);
Atleet (5);
Boer (6-13);
Arbeider (14-19);
Voorwerp (20-23)
Dienaar (24-26)

 
Ons gebed moet altyd wees dat die Here ons sal help om die Woord korrek te verstaan en korrek te verduidelik aan ons kinders.  Bid vir die korrekte verduideliking van ons kansels.  

Die gevolg van gelowige ouers se invloed en geestelike leiers op Timoteus, was dat hy ‘n sendeling geword het en saam met Paulus die Evangelieboodskap uitgedra het.  

Mag die Hemelse Vader ons as gelowige ouers en mentors gebruik om baie kinders te help om sendelinge en geestelike werkers te word om die groot opdrag uit te voer en ander na die Here Jesus Christus te lei.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap