Tuesday 20 August 2013

PEUTERS


Ons kleindogter Rebecca wat nou 2 jaar oud is, kom tweekeer per week by ons kuier en ek probeer ‘n program met haar deurwerk. Ek verstom my hoe oulik sy reageer en leer. 

1.  Die eerste rukkie is vir haar baie lekker as ons nog in die kamer is en sy saam met ons in die bed kan tee drink.
2. Daarna help sy bed opmaak en gee vir die eekhorinkie of tarentale of voëls kos deur die kamervenster. 
3. Dan volg ‘n program met klei speel.  Ons druk allerhande vormpies uit met die klei en pak die verskillende vorms bymekaar.  Dit is vir haar heerlik as Oupa saamspeel en ‘n klei roomys maak wat sy kamma moet eet!
4.  Daarna doen ons iets aktief soos balspeel of wegkruipertjie
5.  By die tyd is ons lekker honger en drink ons tee en eet broodjies – sy is veral lief vir stukkies kaas
6.  Na teetyd is dit tekentyd – sy geniet dit baie as ek vir haar hul huis en familie teken en sy dit kan inkleur!  Sy sit ook graag by my lessenaar waar baie kryt en papiere is en toets al die penne uit.
7.  Vir ‘n aantal minute kan sy dan ‘n peuterprogram kyk soos “Pocoyo”. Sy kan baie  goed met hierdie klein mannetjie identifiseer en lag lekker vir sy manewales.
8.   Ons laaste deel voor middagete, lees ek vir haar Engels en Afrikaanse boeke – ons het 8 boeke wat ons deurgaan en elke week wil sy weer almal hoor!  Sy is veral lief vir die Bybelboek en kan baie lank luister hoe ek die prente kortliks verduidelik.
9.  Klein Rebecca is baie lief om na fotos op Oupa of Ouma se slimfone te kyk.   Sodra ek middagete maak, sit sy graag by Oupa om fotos te kyk.
10. Rebecca hou daarvan as ons vir haar 'n huisie maak van komberse, kussings en stoele.  Al haar poppe en speelgoed word dan daarin gedra en haar telefoon is 'n baie belangrike deel van die huis en kort-kort praat sy met iemand oor die foon!  Partykeer moet Oupa en Ouma met moeite ook in die klein plekke ingeforseer word!!
11. Ons eet saam middagete en wag vir haar Mamma om haar te kom haal.  In warm weer speel ons buite of gaan stap ‘n ent tot sy kom. 

Iemand het gesê ‘n Oupa en ‘n Ouma raak verslaaf aan hul kleinkinders se aanraking.  Dit is absoluut ‘n voorreg om ons kleinkindersvan tyd tot tyd by ons te hê en hul te vertroetel, maar ook te beleef hoe hulle ons “vertroetel”!

Karaktertrekke van peuters – 0 – 2 jaar oud  -  Grootste behoefte is aan liefde!  

Wat doen hulle
Hoekom doen hulle dit
Hoe moet jy dit hanteer
Groei vinnig fisies en geestelik
Liggaam en brein groei
nou vinniger as hul hele lewe
Gee gebalanseerde kos
Gee nuwe ondervindinge en dinge om mee te speel.  Moedig hom/haar aan om nuwe dinge te probeer
Konstant aktief
Arm, been en groot spiere groei vinnig
Verwag van hom/haar om te beweeg en moedig dit aan .  Gebruik aksies en speletjies waar hy/sy kan deelneem
Val maklik en is ongekoödineerd
Kop is groot vir lyf
Verskaf ‘n veilig omgewing.  Moedig aan om weer te probeer
Kry maklik verkoue en griep
Immuunsisteem is nog nie ontwikkel
Hou kind weg van siek mense en voorsien ‘n skoon omgewing
Huil maklik
Kan nog nie sê wat pla nie
Verwag dat hy/sy baie sal huil.  Wanneeer hy/sy praat, luister en reageer daarop
Gebruik babbeltaal en maak woorde op
Speel met taal om te leer
Praat met peuter en moenie babataal gebruik.  Lees stories vir hom/haar
Na-aap jou woorde en aksies
Leer deur kyk en nabootsing
Laat hy/sy jou en ander kinders se aksies en woorde naboots – doen regte dinge voor hom/haar!
Hul doen dinge oor en oor
Leer deur herhaling
Herhaal stories, liedjies en versies.  Vra vir God vir geduld om oor en oor te herhaal
Hul sit alles in hul mond
Hulle leer deur hul 5 sintuie – veral mond
Gee veilige omgewing om alles te probeer – laat hul hoor, sien, voel, ruik en proe
Beweeg van een aktiwiteit na ‘n ander baie vinnig
Aandagspan is 1 – 2 minute
Moenie verwag dat hul sal stil sit nie.  Beplan baie aktiwiteite vir hulle om te doen
Huil een oomblik en lag die volgende
Emosies verander baie vinnig en hul is oop vir ander se emosies
Hou omgewing kalm en probeer hul gevoelens verstaan
Hulle wil graag by bekende mense wees
Hul is onseker en bang vir verandering
Hou by ‘n roetine en berei hom/haar voor vir verandering
Slaan en skop ander
Dink ander het nie emosies nie
As hy/sy geskop word deur iemand anders, verduidelik dit is hoe hul voel as jy hul skop of slaan
Self-gesentreerd
Dink hul is enigste mense op aarde
Help hul om te deel en wys hoe en help hul om beurte te maak met spel
Baie onafhanklik
Wil alles self doen – eet ens.
Wys dat hy/sy op jou kan vertrou.  Leer hom/haar om op God te vertrou
Hou daarvan om vasgehou en liefgehê te word
Het behoefte aan liefde en sekuriteit
Druk haar, soen en hou haar.  Deur jou liefde leer hy/sy God se liefde

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap