Wednesday 24 July 2013

SENDINGWERK


      Hoekom gelowiges sendingwerk doen!
 
A.   Die  boodskap by die geboorte van Jesus was ‘n sendingboodskap. Die engele het aan die herders gesê hul bring ‘n goeie tyding van groot blydskap dat die Verlosser, Jesus Christus gebore is. Luk. 2:10-11
 
B.  Die gebed wat Jesus vir sy dissipels geleer het, was ‘n sendinggebed. Jesus vra dat ons sal bid dat die Koninkryk sal uitbrei.    Matt. 6:10 

C.  Die opdrag van Jesus nadat Hy uit die dood opgestaan het, was ‘n sendingboodskap.  Jesus het vir sy dissipels gesê om die hele wêreld in te gaan en die Evangelie-boodskap aan almal te verkondig.    Mark. 16:15
 
D.  Jesus se laaste opdrag was ‘n sendingopdrag. Hy het vir sy dissipels gesê hulle moet na al die nasies gaan en dissipels maak van mense wie in Hom glo en hulle leer om alles te onderhou wat Hy hul beveel het.  Matt. 28: 19 en 20

E.  Jesus se Wederkoms sal gouer kom as die gelowiges Jesus se sendingboodskap, sendinggebed en sendingopdrag uitvoer, sodat alle nasies sal hoor en geleentheid sal kry om vir Jesus aan te neem en in Hom te glo.  Eers as almal die getuienis gehoor het, sal Jesus weer op die wolke kom!     Matt. 24:14

Daar is 'n pragtige lied:

As Jesus kom op die wolke, wie reg is gaan dan saam (2x)
Waak, waak, staan in die geloof dat niemand jou die kroon ontroof.
As Jesus kom op die wolke, wie reg is gaan dan saam!

  

 

 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap