Friday 12 July 2013

INTERSESSIE

Intersessie – Andrew Murray
 “All the powers of evil seek to hinder us in prayer.  Prayer is a conflict with opposing forces.  It needs the whole heart and all our strength.  May God give us grace to strive in prayer till we prevail.”
In die boekie van Andrew Murray oor intersessie gee hy 31 gebedsversoeke waarvoor om intersessie te doen.  Lees die Skrifgedeeltes en die versoeke en bid dit vir jouself en jou kinders en kleinkinders en die kerk en wêreld:
BID VIR: 
1.    Die krag van die Heilige Gees in gelowiges – Efes. 3:16
2.    Die wysheid van die Heilige Gees vir voorbidding – Rom. 8:26
3.    Al die gelowiges – Efes. 6:18
4.    Die Gees van Heiligheid – “Wees heilig, want ek is Heilig”
5.    God se kinders dat hul nie wêreldgelykvormig sal word nie – Joh. 17:15-16
6.    Die gees van liefde en eenheid in die kerk – Joh. 17:23
7.    Die krag van die Heilige Gees in predikante – Rom. 15:30
8.    Die werking van die Heilige Gees op alle Christen werkers – 2 Kor. 1:11
9.    God se Gees op sendingwerk – Hand. 13:2-4
10. God se Gees op sendigwerkers – Hand. 1:8
11. Meer arbeiders – Matt. 9:38
12. Die Heilige Gees se oortuiging van sonde – Joh. 16:7-8
13. Die verwydering van sonde deur die Gees van God – Jes. 4:4
14. Die kerk van die toekoms – Ps. 78:6-8
15. Skole, kolleges en Universiteite – Jes. 59:21
16. Die krag van die Heilige Gees in Sondagskole en die redding van ons kinders – Jes. 49:25
17. Konings en leiers – 1 Tim. 2:1-2
18. Vrede – Ps. 46:10
19. Die Christendom en die werk van die Heilige Gees in elkeen – 2 Tim. 3:5
20. Die Heidendom – jaarliks sterf duisende mense sonder God – Luk. 24:47
21. God se uitverkore volk die Jode vir geloof in Jesus Christus – Rom. 10:1
22. Almal wat ly – Heb. 13:3
23. Die werk van die Heilige Gees in jou eie lewe – Kol. 1:29
24. Die werking van die Heilige Gees in jou gemeente - - Luk. 24:47
25. Meer bekerings – Hand. 6:4, 7; Hand. 7:25
26. Die werking van die Heilige Gees op jong bekeerlinge – Hand. 8:15-16
27. Roepingsbewustheid van God se kinders – Gen. 12:2-3; Ps. 67:1-2
28. God se kinders dat hul die Heilige Gees sal ken en gehoorsaam – Joh. 14:17
29. Die begeerte by God se kinders om intersessie te doen – Joh. 15:16
30. Die werking van die Heilige Gees met lees van Woord van God – 1 Pet. 1:12
31. Die Gees van Christus in Sy kinders en hul afhanklikheid van Hom – Joh. 15:5

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap