Saturday 8 June 2013

OEFENINGE EN BYBELVERSE

WAARHEDE OOR GOD IN DIE BYBEL WAT JY MOET WEET                                                                 
1. God is die Skepper van die hemele en die aarde en het vir jou gemaak   Gen. 1                     

2. God is Heilig en daarom haat Hy sonde. Hy het vir Jesus gestuur om te sterf vir Sy kinders se sonde  
    1 Joh. 1:9

3. God is ‘n God van liefde. Jy kan God se kind word, as jy in Jesus glo en Hom aanneem as jou Verlossser
   – Joh. 3:16                        

3. God is Almagtig en Alwetend en Alomteenwoordig en Hy weet van alles wat jy dink of doen of sê
    – Openb. 19:6

4. God is Soewerein en daarom is Hy in beheer van alles wat in die hemel en op die aarde gebeur –
     selfs Satan kan niks doen as God dit nie toelaat nie – Ps. 33 vertel van God se beheer.

5. God is Alwys en Hy gee vir Sy uitverkore kinders wysheid hoe om te leef – Hand. 6:10
     (Stefanus se wysheid)

6. God is jou Hemelse Vader – jou ABBA Vader en wil hêjy moet elke dag Sy wil soek en doen. – Matt. 6  

Hier is 10 oefeninge wat jy elke dag kan doen en 10 Bybelverse wat jy kan memoriseer en opsê om vir jou te help om die groot waarhede van God te onthou en Hom daarvoor te eer en loof!

                      OEFENING
    BYBELVERS OM TE MEMORISEER
  1. Asemhalingsoefeninge – loof die Heer dat Hy jou Skepper is met alles wat jy is en het. Staan regop, haal diep asem en sing die lied: “Loof Hom met die tromme”
Ps. 150:6 “Laat alles wat asem haal, die Here prys.”
  1. Breinoefening – begin elke dag deur vir die Here te vra om jou te help om te dink aan God se liefde en Heiligheid en aan alles wat mooi en goed is.
Fil. 4:8  “Verder broers, alles wat waar is, alles wat reg is, alles wat mooi is…-daarop moet julle julle gedagtes rig.”
 
  1. Oogoefeninge – Hou jou oë elke dag op Jesus en wat Hy vir jou gedoen het aan die kruis.
Hebr. 12:2 “Hou die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.”  
 
  1. Gesigsoefeninge – Wees altyd bly in die Here. As jy lag kry al die spiere in jou gesig en selfs jou ore oefening!  As jy glimlag, kan jy alle tale in die wêreld praat, want almal verstaan dit!! 
Fil. 4:4. “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal:  Wees bly!” 
  1. Ooroefening – Luister baie mooi as met jou gepraat word, moenie te gou praat of te gou kwaad word nie
Jak. 1:19 “ …elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie.”  
  1. Tongoefening – Sê vir die Here baie dankie dat Hy Almagtig en Alwetend en Alwys is en vra Hom om vir jou wysheid te gee oor hoe jy moet lewe, wat jy moet sê en  hoe jy Hom moet dien.   Sing: My God is so groot! 
Kol 3:16 “Met dankbaarheid in jul harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing.”
 
  1. Been-oefeninge – Loop die reguit pad wat jou Soewereine God jou aanwys in die Bybel. Staan mooi regop en sing: “Die stapsoldaat”.
Hebr. 12:12 “Versterk daarom die slap hande en die lam knieë en loop die reguit pad.” 
  1. Hart-oefeninge – Vra dat jou Hemelse Vader jou elke dag al jou sondes sal vergewe en jou hart skoon sal maak.  Dawid het baie sonde gedoen en God het hom daarvoor vergewe, omdat hy opregte berou daaroor gehad het.
Ps. 51:12 – “Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig.”    
  1. Hand-oefeninge – Strek jou hande in gebed na die Hemelse Vader en dink aan alles wat Hy gemaak het en vir jou doen
Ps. 143:6 “Ek strek my hande uit in gebed na U toe.”
  1.  Ontspanningsoefeninge – Neem alles wat vir jou pla en waaroor jy bekommerd is na die Hemelse Vader en loof Hom omdat Hy vir jou sorg. 
1 Pet. 5:7 – “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.”
 
             
SLUIT AF MET DIE ONSE VADER GEBED EN MOET DIT NIE OPSê SOOS ‘N RYMPIE NIE, MAAR BEDOEL ELKE WOORD WAT JY Sê.

 

 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap