Monday 3 June 2013

BYBELLES - GEE ALLES VIR DIE HERE

BYBEL-GEDEELTE:  LUKAS 21:1-4. Die gedeelte gaan oor die arm weduwee wat alles wat sy gehad het ingegooi het in die offergawekis by die tempel.  Jesus het vir sy dissipels dit uitgewys en haar vergelyk met die ander mense wat IETS uit hul oorvloed ingegooi het, maar sy het ALLES wat sy gehad het om van te lewe gegee.
Hoe kan ek en jy ALLES gee vir die Here?
Wys 3 harte:  Swart hart met teks Joh. 3:19, Rooi hart met teks Joh. 3:17 en Wit hart met teks Joh. 3:16.     
Hierdie drie harte wys vir ons 3 groot waarhede oor hoe ons alles kan gee:
1.        Swart hart – hierdie hart wys dat die mens ‘n sondige wese is.  Ons is in sonde ontvang en gebore en van nature het ons die donkerte liewer as die lig.  Joh. 3:19  As ons volhard in ons sonde en nie tot bekering kom en in Jesus glo nie, het ons nie die begeerte om alles vir die Here te gee nie.
2.       Rooi hart vertel vir ons wat God gedoen het om ons sonde weg te neem.  Dit staan opgeteken in Joh. 3:17.  God se liefde vir die mens het gemaak dat God sy Seun gestuur het,  nie om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.  Jesus se bloed het vir ons redding gebring.  Jesus het dus alles vir ons gegee.
3.       Wit hart met Joh. 3:16 wys dat my sonde weggeneem word as ek in Jesus glo en dat ek nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.  Die ewige lewe begin reeds op aarde.  As ek besef Jesus het alles gegee, wil ek ook alles vir Hom gee, soos die arm weduwee met haar paar geldstukkies. Ek wil die Here in alles verheerlik met Sy hulp.
HOE KAN EK EN JY ALLES GEE?
1.  Draai wit hart om en skryf op agterkant alles wat jy kan gee:  Belangrikste wat jy kan gee is jou hart – jou lewe toewy aan die Here.  Jy kan jou  verstand in diens van Here stel en Hom vra om vir jou wysheid te gee  om reg te lewe.  Jy kan jou gee en vir Here vra om vir jou te help om die nood om jou raak te sien waarvoor jy kan gee en bid.  Jy kan jou lippe gee om die Here te loof en prys en vir ander van Jesus te vertel.  Jy kan jou hande gee om vir ander te help.  Jy kan jou voete gee en gebruik om kerktoe te gaan, om vir ander mense te besoek en om die regte pad te loop. Jy kan jou tyd gee om vir ander te help en jy kan jou besittings gee sodat die Koninkryk van God uitgebrei kan word. 
2.   Draai rooi hart om met vraagteken agterop.  Hoe kan jy hierdie boodskap van Jesus se Verlossing van sondes aan ander verkondig?  Maak ‘n lysie van mense vir wie jy kan bid wat nog nie vir Jesus ken nie.  Jy kan vir hulle ‘n traktaatjie gee of selfs ‘n Bybel gee.
3.  Draai swart hart om met vraagteken agterop:  Hoe lyk jou lewe vandag?  Glo jy in Jesus of wil jy Hom vandag aanneem?  Jy kan daaroor kom gesels as die Here vir jou oortuig dat dit is wat jy moet doen.  Jy wat reeds lankal vir Jesus aangeneem het, is daar miskien sonde wat jy vandag gedoen het en wat jy wil bely voor God?  Jy kan dit nou doen soos jy daar sit en vir die Here  vra om jou te vergewe en jou te help om ‘n skoon lewe te lei. 
Lees Ps. 23 en maak ‘n lys van wat die Here alles vir ons gee:

 
Sing Joh. 3:16 op Stille Nag se wysie: “ John 3:16 (2x), for God so loved the world that He gave His only begotten Son, that whosoever believes in Him should not perish but ha-ve everlasting love.”

 

 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap