Sunday 2 June 2013

Evangelism with the six colours of the South African flag

(5 colours of Wordless book of CEF plus blue colour)
1.     Gold tells us that we have a Creator God who lives in Heaven.  He made everything, including man.  He is our King and reigns over all.  He is a holy God who hates sin and  He is also a God of love – John 3:16
2.     The dark colour (black) reminds us that people are sinners.  We are born in sin because we do, say or think things that are against God’s will.  Romans. 3:23 says we are all sinners.  Sin separates us from God and makes it impossible for sinners to go to heaven.
3.     The red colour tells us what the solution to our sin-problem is.  God has to punish sin and He did that once and for all by sending His Son, the Lord Jesus Christ.  He died for our sins on a cross, He was buried and rose again after three days to show us that He had victory over Satan and sin.  1 Corinthians. 15:3-4. He gave his life willingly to pay the full price so that we can become free from sin.
4.     The clean colour (white) tells us that all our sins can be washed away, if we believe in Jesus Christ, the Son of God.  We have to admit that we are sinners, confess our sins and put our trust in Jesus as our Saviour.  John 1:12
5.     The blue colour tells us that the Holy Spirit starts living in us the moment we put our trust in the Lord Jesus Christ.  He dwells in us and teaches us how to live.  When we sin again, the Holy Spirit helps us to immediately confess our sins, He guides us to walk the right paths and He shows us how to become more and more like the Lord Jesus Christ. The Holy Spirit controls our life when we believe in Jesus -  Romans. 8:9
6.     The green colour says as a child of God, we have a task to fulfill on earth.  We have to grow spiritually.  How does that happen?   1. By reading the Bible – God’s Word.  2.  By praying to God, my Heavenly Father 3.  By witnessing to other people and tell them to put their trust in Jesus Christ  4. By confessing sins 5.  By attending an Evangelical church with other believers. 2 Peter 3:18

May the Lord help you to be a witness and lead other people to Christ with the colours of the South African flag.
 
EVANGELISEER MET DIE SES KLEURE VAN DIE SUID-AFRIKAANSE LANDSVLAG:
 (CEF se woordlose boekie plus blou kleur)
1.     Die geel of goud vertel vir ons van ons Skepper – God wat woon in die hemel.  Hy het alles gemaak en die mens gemaak.  Hy is ons Koning wat regeer in die Hemel.  Hy is ‘n Heilige God wat sonde haat, maar   Hy is ook ‘n God van liefde – Joh. 3:16.
2.     Die donker (swart) kleur in die vlag vertel vir ons van die mens.  Hy is sondig, hy dink, doen en sê dinge waarmee hy sy Skepper God hartseer maak.  Rom.3:23 sê ons is almal sondaars en ons is gebore in sonde.  Sonde skei ons van God en daarom kan ons nie na God in die Hemel gaan terwyl ons nog sondaars is nie.
3.     Die rooi kleur vertel vir ons wat die oplossing van die sonde-probleem is.  God moet sonde straf en het sy seun Jesus Christus gestuur om te sterf vir al ons sonde.  Hy het gewillig na die aarde gekom en het in ruil vir ons straf, alles op Hom geneem.  Hy het aan ‘n kruis gesterf, Hy is begrawe, maar na 3 dae het Hy opgestaan uit die dood om te wys Hy het die dood oorwin.  1 Kor. 15:3 en 4.
4.     Die skoon (wit)  kleur in die vlag vertel vir ons dat ons gereinig kan word van ons sonde deur ons geloof in Jesus Christus.  As ons erken ons is sondaars en ons sonde bely, as ons glo dat Jesus vir ons sonde kom sterf het, en ons neem Hom aan as Verlosser, verander Hy ons lewens  en maak Hy ons Sy kinders.  Joh. 1:12
5.     Die blou kleur sê vir ons dat die Heilige Gees in ons woon as ons hierdie geloofstap geneem het. Die Heilige Gees help ons as kinders van God om reg te lewe en God se wil te doen.  Rom. 8:9
6.     Die groen kleur sê vir ons dat ons as God se kinders op die aarde met ‘n doel geplaas is.  Ons moet ook geestelik groei. Hoe gebeur dit?
1.  Deur die Bybel – die Woord van God - te lees. 2.  Deur gebed – te praat met ons Hemelse Vader.  3.  Deur te getuig en vir ander van Jesus Christus te vertel.  4.  Deur ons sonde te bely die oomblik wat ek sondig.  5.  Deur saam met gelowiges ‘n Evangeliese kerk by te woon.

Mag die Here vir jou help om ‘n getuie te wees en mense na die Here te lei met die kleure van die Suid-Afrikaanse vlag.

 

 

 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap