Friday 31 May 2013

Skepping en Evolusie

ONS HET ‘N REEKS LESSE VIR KINDERS AANGEBIED N.A.V. MNR. SAM DOHERTY SE REEKS OOR DIE SKEPPING.  DIE DOEL DAARMEE WAS OM VIR KINDERS TE LEER DAT, VOLGENS DIE BYBEL, GOD DIE SKEPPER IS EN DAT ALLE LEWENDE WESENS DIE MENS INGESLUIT, DIREK EN ONMIDDELLIK DEUR GOD GESKEP IS.

ONS EN ONS KINDERS MOET WEET:

  • Daar is ‘n God – Heb. 11:6 – “As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil.  Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.”
  • God is Almagtig en kan alles doen – Ps. 135:5-6  “Alles wat die Here wil, doen Hy, in die hemel en op die aarde, in die see, in al die oseane,”
  • God werk volgens ‘n plan en niks word aan toeval oorgelaat nie – Rom. 11:33
  • God praat met ons deur die Bybel, die hoofbron van Waarheid – 2 Tim. 3:16
  • God het die heelal en alles daarin geskep uit niks – Gen. 1:1
  • Die aarde waarop ons leef, is geskep in 6 dae. (Gen. 1)
  • Alle visse, diere en voëls is geskep soos hul was en het nie ontstaan nie. – Gen. 1:20-26
  • Adam was die eerste mens en hy is geskep soos hy was op ‘n spesifieke tyd – Gen. 1:26-27.  Hy was nie die gevolg van ‘n proses, verandering en evolusie nie.  Die eerste vrou was gemaak uit ‘n deel van die eerste man.  Gen. 2:21-22
  • Sonde het in die wêreld gekom deur die mens se ongehoorsaamheid – Rom. 5:12-21
  • God het voorsiening gemaak vir vergifnis van sonde vir hulle wat glo in Jesus Christus – Rom. 3:24 – 28

                  Die Bybel sê
                     Evolusie sê
  1. Die Skepping was beplan en het ‘n definitiewe doel.
  2. Alle lewende dinge was afsonderlik gemaak – elkeen volgens sy soort
  3. Die mens is spesiaal geskep – en is heeltemal afsonderlik van diere geskep
  4. God het ons huidige wêreld in 6 dae geskep
 
  1. Die Skepping was perfek maar is deur die sonde bederf
  1. Die natuur het per ongeluk en per toeval gebeur
  2. Alle lewende dinge kom van een klein lewensvorm – deur evolusie
  3. Die mens is ‘n dier wat ontwikkel het van ander diere
 
  1. Ons huidige wêreld het ontwikkel oor miljoene jare en is steeds besig om te ontwikkel
  2. Die natuur en mens is gedurig besig om te verbeter deur evolusie


Iemand mag vra watter skade is daar as iemand glo in evolusie?
  1. Die evolusie-teorie sluit die bestaan, krag en beheer van God totaal uit.  As ons God as Skepper ignoreer, dan hoef ons ook nie teenoor Hom verantwoordelik te wees nie.  Pred. 12:1  “Dink aan jou Skepper in jou jong dae….”
  2. As die evolusie-teorie reg is, dan is die Bybel verkeerd.  Gen. 2:7 – God het lewensasem in die mens se neus geblaas.
  3. Die Waarheid van die skepping is ‘n baie belangrike deel van die Evangelieboodskap van Jesus Christus wat gepreek word. Hand. 17:24-27 – Paulus preek in Atene:  “God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hy is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie.  Hy het ook nie nodig dat mense Hom versorg nie.  Inteendeel, dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee.  Uit een mens het Hy al die nasies gemaak. Hy het hulle gemaak om oor die hele aarde te woon.  Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon.” 
Tot vandag toe, is die “missing link” nie gevind nie, want niks is nog gevind en sal gevind word wat half vis en half reptiel of half dier en half mens is nie. 

Ek loof die Heer vir elke kind wat deur die Heilige Gees gelei word en van harte glo dat God die Skepper van die hemel en die aarde is.
Ek loof die Here dat Hy deur die Heilige Gees in kinderharte werk om Hom lief te hê en vir Hom te dien en eer.
Ek loof die Heer vir gelowiges wat glo in die Bybel en aan die hand van die Bybel en met die krag van die Heilige Gees die Bybelwaarhede aan kinders oordra.                                                                                                                                                                 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap