Wednesday 29 May 2013

Prayer Methods


Gebruik die ABBA-metode om te bid. 
Die eerste A beteken dat jy die Here AANBID en loof vir wie Hy is en wat Hy doen.  Die eerste B beteken dat jy jou sonde BELY voor die Here.  Die tweede B beteken dat jy God BEDANK vir al die seëninge wat jy elke dag uit Sy hand ontvang en die tweede A beteken ASSEBLIEF – hier vra jy vir jou daaglikse brood, nl. alles wat jy nodig het van die Here en doen voorbidding vir jou naaste.  
       ABBA-gebede vir 7 dae:
Dag 1. 
A.   U, my Vader in die Hemel
U is my God
U doen groot en wonderlike dinge.
Oral om my sien ek U handewerk
Ek loof U, my Skepper Heer.
Help my om U in alles te eer!
B.  Ek bely, Here, dat daar soms ander dinge in my lewe is wat belangriker is as U.  Vergeef my daarvoor.
B.  Ek bedank U vir my verlossing deur Jesus Christus en dat ek nou U kind is. 
A.  Ek wil bid vir my naaste – my ouers, oupas en oumas, broers en susters, familie. Help hulle om U te volg in alles
Dag 2
A.  Vader in die Hemel
Ek loof U omdat U Almagtig, Alwetend en Alomteenwoordig is
U is die begin en die einde van alles en van my lewe
Dankie dat ek deur Jesus Christus U kind is.
Maak my elke dag U gehoorsame kind!
B.  Ek bely dat ek nie altyd leef asof U alles van my weet nie.  Ek bekommer my dikwels oor dinge.
Vergeef my asb.
B.  Baie dankie vir my gesondheid en dat ek soveel kan doen en die lewe kan geniet.
A.  Vader, ek bid vir die gestremdes wat sukkel om te beweeg en soms moedeloos is.  Seën hulle met U nabyheid en liefde.
Dag 3
A.  Vader, in die Naam van Jesus loof ek U omdat U ‘n God van liefde is.
U het vir my eerste liefgehad en U help my om vir U lief te hê…
U het vir Jesus gestuur om vir my te sterf sodat ek in U liefde kan deel.
Help vir my om vir U bo alles lief te hê!
B.  Vader, ek wil bely dat ek nie altyd aan my verhouding met U werk nie.  Ek bid nie genoeg nie, ek lees nie genoeg Bybel nie en ek stel U so teleur.  Vergeef my.
B.  Help my asb., Heer om tyd te maak vir stiltetyd.  Leer my deur U Woord hoe ek moet leef.
A.  Vader, ek bid vir die vertaling van die Bybel in al die tale van die wêreld.  Stuur die regte mense om dit te vertaal en gee die nodige geld om die Bybels te kan versprei sodat almal ‘n Bybel in hul eie taal kan hê.
Dag 4
A.  Vader, ek loof U omdat U vir Jesus gestuur het na die aarde om vir ons te leer hoe om te leef.
Ek loof U, Heer Jesus, dat U vir ons kom leer het hoe om ons medemens lief te hê
Help vir my om U voorbeeld te volg en  ander se voete in liefde  te was!
B.  Vader, ek bely dat ek nie altyd vir ander mense so baie omgee nie.  Ek is ongehoorsaam aan my ouers en onderwysers en ek bely dit voor U.
B.  Baie dankie, Heer vir my medemense wat so baie vir my doen en beteken.  Baie dankie vir ons skool en onderwysers. 
A.  Help my om my naaste so lief te hê soos myself.
Dag 5
A.  Hemelse Vader,
Saam met die engele wil ek U vandag loof en prys.
U is heilig, heilig, heilig.
Dankie dat U my vul met U Gees en dat ek in die Naam van Jesus U heiligheid beleef.
Maak my U heilige kind!
B.  Ek bely Vader dat ek soms U naam ydellik gebruik en nie altyd beswaar maak as ander mense U naam ydellik gebruik nie.  Vergeef my daarvoor.
B. Baie dankie Heer vir die Heilige Gees wat vir my oortuig daarvan as ek sonde doen en vir my help om ook teenoor ander te getuig.
A.  Help my asb. om ook heilig te wees.  Help my om ‘n tempel van die Heilige Gees te wees.
Dag 6
A.  Vader in die hemel,
Mag ek U groot en heilige Naam loof en eer
U ken my deur en deur
U weet wat ek nodig het nog voordat ek vra
U is wat U is
Help my om nooit te twyfel oor wie U is en oor wat U plan vir my lewe is nie
B.  Here, ek wil bely dat dit nie altyd vir my lekker is om kerk toe te gaan nie.  Die meeste van die tyd is dit baie “boring”.
B.  Baie dankie dat daar predikante, sendelinge, kategete en gelowiges is wat die Bybel-boodskap reg oordra en na aan U leef.  Seën hulle daarvoor.
A.  Vader, ek wil  vir die predikante en stuur asb. meer sendelinge na die mense wat nog nie vir U ken nie.
Dag 7
A.  Vader, ek loof U vir my verlossing deur Jesus Christus
Ek loof U in Jesus se naam dat U Regverdig is
Ek wil vertel aan almal van U regverdigheid en liefde
Ek loof U vir mense wat U gebruik om vir my te leer van U groot dade
Help my om ‘n getroue getuie van U te wees
B.  Vader, ek wil bely dat ek nie altyd die regte dinge dink of sê van my maats of ander mense nie.  Ek skinder dikwels en dit maak dat ek met my tong moord pleeg, want ek skend hul karakters.  Vergeef  my asb. daarvoor.
B.  Baie dankie vir my vriende en vir my ouers se vriende.  Baie dankie vir vriendskap en dat ons vir mekaar die lewe aangenaam kan maak.
A.  Here, ek bid dat U asb. ‘n wag voor my mond sal stel, sodat ek net die regte dinge sal sê en dink van my naaste.
 
 
The ACTS-method to pray:
A- Adoration C-Confession T- Thanksgiving S- Supplication
Adoration:
Start your prayer by glorifying our ABBA FATHER in the name of Jesus for who He is. In Psalm 145 there are many characteristics of God that can be used to worship Him.
Spurgeon said that the most important day in his life was the day when he became a Christian and the second most important day was the day that he realized that God is Sovereign.
Focus your prayer on God’s Sovereignty and praise Him for that
Confession:
In the light of God’s sovereignty, you see your sin and need to confess. Read Ps. 51 to see how David confessed his sins and pray this Psalm to do confession of sins in your life.
Thanksgiving:
“Count your blessings, count them one by one”. Make a list of things that you want to thank God for – spiritual blessings, emotional blessings, intellectual blessings and physical blessings.
Supplication:
John 14:14 tells us “You may ask me for anything in my name, and I will do it.

                                                  

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap