Saturday 31 August 2013

Die Voorskrifte van die Here - Deut. 6:1-9


Deut. 6:1-9  se WAARHEDE:
Vs. 1 – Die Wet en die bepalings en die voorskrifte kom van die Here God – God het vir Moses beveel om dit vir die volk te leer.
Vs. 2 – Die voorskrifte leer ons hoe om die Here God te dien en gehoorsaam en ook hoe die nageslagte dit moet doen – belofte ‘n lang lewe.
Vs. 3  - Gehoorsaamheid aan God en sy gebooie, en leef soos dit voorgeskryf is, sal voorspoed bring en volk sal vermeerder en land oorloop van melk en heuning.  Dit is nie voorspoed teologie wat gepreek word nie, maar as God in beheer is van jou lewe, gee Hy wat jy nodig het.
Vs. 4 – Die Here onse God is die enigste Here – ander volke se gode kan nie help nie.  Onse God is die enigste Here en as sy kinders moet ons anders wees as die ander volke wie nie in God glo nie.  Kinders hoor deesdae so baie verkeerde gedagtes oor God – dat Hy nie bestaan nie of dat Hy nie die Skepper-God is nie of dat Jesus nie opgestaan het uit die dood nie, ens.  Ons moet dus vir ons kinders bid en leer en toerus sodat hul kan staande bly.
Vs. 5 – Omdat God die enigste God is, moet ons Hom liefhê met hart en siel en met al ons krag.
Vs. 6 – Die gebooie moet in ons gedagtes bly – in jou hart.  Die kinders moet kan sien dat as jy van die Here praat Hy jou beste Vriend is – dat jy Hom met oorgawe dien.
Vs. 7 – Jy moet die gebooie wat in jou gedagtes is, vir jou kinders inskerp – praat met hulle daaroor by jou huis, op pad, in die kerk, met slaaptyd met huisgodsdiens.
Vs. 8-9 – Bind die riglyne oor hoe om te leef as herinneringsteken aan jou hande op jou voorkop, deurkosyne, stadspoorte.  Leer kinders om Bybelverse te memoriseer en dit in herinnering te roep as hulle dit nodig het. Verkondig die Woord en Bybellesse aan kinders sodat hul kan glo in Jesus Christus, ons Here.
Persoonlike toepassing op my:  Ek moet so leef met God se gebooie in my gedagtes en hart teenoor ‘n  kind, dat hy/sy deur my voorbeeld sonder dat ek ‘n woord praat, weet ek het ‘n verhouding met my Hemelse Vader en vir Jesus aanneem as hul Verlosser en Hom  dien.
Gebed:  Here help my om so ‘n voorbeeld te wees dat kinders ( my eie en die kinders met wie ek werk)  vir U beter kan leer ken. Help my om Bybelse Waarhede so duidelik oor te dra dat kinders die Waarhede sal weet en sal toepas in hul lewens.
 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap