Monday 15 July 2013

Die 24 "moenies" van Spreuke 22 - 24

READ PROVERBS 22 – 24 AND LOOK AT ALL THE VERSES THAT START WITH “DO NOT”.  THERE ARE 24 – PERHAPS EVEN MORE.
DISCUSS THEM WITH YOUR CHILDREN AND GRANDCHILDREN.
Tell them why you want to discuss them. Prov.22:17-21
 
Lees Spreuke 22 – 24 en soek al die “moenies” daarin en bespreek dit met jou kinders en kleinkinders.  
Verduidelik vir jou kinders hoekom jy dit doen met die volgende woorde:  “Luister goed, luister wat die wyse mense sê; probeer verstaan wat ek jou wil leer uit wat ek weet, want dit is lekker as jy dit ingeneem het en enige tyd kan weergee.  Ek onderrig juis vir jou vandag sodat jy op die Here kan vertrou.  Ek skryf vir jou belangrike voorskrifte neer om jou leiding te gee en die nodige kennis, sodat jy die waarheid sal herken,…..” 
Spr. 22:17-18

1.    Moenie ‘n arm mens uitbuit nie
2.    Moenie die hulpelose in hofsake tekort doen nie
3.    Moenie vriende maak met ‘n humeurige mens nie – bly ver weg van een wat ongeduldig is
4.    Moenie borg staan vir iemand nie – moenie instaan vir ander se skulde nie
5.    Moenie grensdade verskuif wat jou voorouers bepaal het nie
6.    Moenie by hoë amptenare hul lekker kos begeer nie, dit kan jou duur te staan kom
7.    Moenie jou afsloof om ryk te word nie
8.    Moenie jou sin vir waardes verloor nie
9.    Moenie by ‘n suinige mens eet nie, hy bly uitreken hoeveel dit hom kos
10. Moenie ‘n dwaas probeer reghelp nie hy sal jou verstandige raad met minagting behandel
11. Moenie weeskinders se grond by hulle afvat nie, hulle Beskermer is magtig
12. Moenie bang wees om jou kind te dissiplineer nie.  Hy sal nie doodgaan van ‘n pak slae nie.  As jy hom wil red van die dood, moet jy hom juis lyfstraf gee
13. Moenie afgunstig wees op sondaars nie
14. Moenie jou tyd verspil op suiplappe en vrate nie
15. Moenie jou ouers verag as hulle oud geword het nie
16. Moenie dat jy verlei word deur die rooi glans van wyn, die vonkel in die beker, die gladde manier waarop dit in jou keel afloop nie.  Nadat jy dit gedrink het, pik dit soos ‘n slang, spoeg dit gif soos ‘n kobra.  Jy sien vreemde dinge en jou gedagtes is verward
17. Moenie slegte mense beny en hulle geselskap begeer nie.  Met wysheid word ‘n huis gebou.  Insig is nodig om dit te onderhou.  Wysheid is buite die begrip van ‘n dwaas
18. Moenie ‘n regverdige mens by sy huis gaan voorlê en soos ‘n goddelose mens sy woonplek verwoes nie.  Selfs al val ‘n regverdige mens 7 keer, hy sal elke keer weer opstaan.  Die goddelose mens sal bly lê na net een ramp
19. Moenie bly wees as jou vyand struikel nie.  Moenie jou daarin verheug dat hy geval het nie.  Die Here sal sien wat jy doen en sal ontevrede wees
20. Moenie jou ontstel oor kwaaddoeners nie.  Vir iemand wat kwaaddoen, is daar geen toekoms nie.  Die lewenslig van goddeloses gaan dood
21. Moenie saamgaan met oproermakers nie.  Hulle ondergang kom skielik 
22. Moenie teen jou naaste getuig as hy jou nie rede gegee het nie
23. Moenie mense mislei met wat jy sê nie
24. Moenie mense terugbetaal vir wat hulle aan jou gedoen het nie  
 

 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap