Friday 19 July 2013

Bybellesuur/Bible lesson hour

Hou ‘n "waatlemoen-lesuur" en verduidelik die Evangelieboodskap met die waarhede  van Romeine. (CEF het ‘n waatlemoen-partytjie les wat jy kan gebruik  met ‘n mooi storie daarby). 
1.  Verwelkom kinders en open met gebed 
2.   Sing ‘n lied op die wysie van “I believe the Bible”:
1.Die waatlemoen vertel ‘n storie (3x) wat ons saam kan sing. 2. Goud dui op die Hemel (3x) waar ek graag wil woon 3. Donker is die sonde(3x)wat my skei van God. 4. Rooi die bloed van Jesus(3x) Hy’t vir my gesterf.5. Skoon sê: ek’s vergewe (3x)as ek in Hom glo. 6. Groen sê ek moet groei (3x) soos ek Jesus volg.
3. Leer ‘n Bybelteks aan:  Rom. 12:1 “Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is”. Verduidelik moeilike woorde.  Om die memorisering te doen kan kinders met  kledingstukke van die verskillende kleure van die waatlemoen die vers opsê, bv. Almal met iets rooi aan moet opsê, almal met geel aan, almal met wit aan, almal met swart aan en almal met iets groen aan.
4. Bybelles:  Jy kan fisies ‘n waatlemoen gebruik en soos jy dit oopsny die Evangelieboodskap verduidelik.  Laat die kinders na die tyd in groepies sit en die waatlemoen eet en vir mekaar verduidelik waaraan die verskillende kleure ‘n mens laat dink.  
1. GOUE BLADSY OF GOUDGEEL BLOMMETJIE VAN ‘n WAATLEMOENPLANT
2.SWART/DONKER BLADSY OF SWART PITJIES VAN WAATLEMOEN
3.ROOI BLADSY
OF ROOI BINNESTE VAN WAATLEMOEN
4.WIT /SKOON BLADSY
WIT DEEL VAN  VAN WAATLEMOEN SKIL
5.GROEN BLADSY OF GROEN SKIL BUITE-OM WAATLEMOEN
Die Bybel sê:Rom.3:29 en 30 sê vir ons daar is net een God en hierdie God is ‘n God van liefde.  Hy het Sy uitverkore volk – die Israeliete lief, maar ook die heidennasies lief. 
God is die Skepper van die Hemel en die aarde en het alles gemaak.
God het vir die mens gemaak as die kroon van Sy skepping.
God woon in die Hemel, waar geen son, maan of sterre is om lig te gee nie, maar God se heerlikheid gee lig! Openb. Sê dat selfs die strate is van goud.
Ons is nie reg vir die Hemel nie, want die Bybel sê in  Rom. 3:23 sê ons is almal in sonde gebore.  Kyk wat sê Rom. 3:9-18 – niemand is regverdig nie! Omdat Adam en Eva, ons eerste ouers, gesondig het met hul ongehoorsaamheid aan God, het hulle al die mense na hulle besoedel met sonde.
 
Ons kan nie die sonde afwas nie! Die Bybel sê in Rom. 3:25-26 dat  God vir Jesus gegee het as offer wat deur Sy bloed versoening bewerk het aan die kruis.
God, ons Skepper  het  net na die sondeval van Adam en Eva  in Gen. 3:15 reeds beloof dat die Mens, Jesus Christus, die Satan(slang) se kop sal vermorsel en die sonde van die wêreld sal wegneem.
 
Jy  kan in Jesus glo en vrygespreek word van jou sonde.  Dit staan in die Bybel in Rom. 3:21 – 22
Hoe kan ‘n mens glo in Jesus Christus?
Glo dat Jesus God is en sonder sonde is en daarom ons sonde op Hom kon neem.
Glo dat Jesus aan die kruis vir jou gesterf het.
Erken dat jy ‘n sondaar is en bely jou sonde voor God.
Vra dat die Here jou moet aanneem as Sy kind.
Hoe doen jy God se wil?
Jy moet jouself elke dag oorgee aan God en leef soos Hy wil hê jy moet leef. Rom. 12:1
Lees jou Bybel om te sien hoe jy moet lewe.
Laat God jou verander deur jou gedagtes te vernuwe Rom. 12:2
Die Heilige Gees leer vir jou hoe om te bid en tree self vir jou in. Rom. 8:26
Die Heilige Gees help vir jou om te getuig en vir ander van Jesus te vertel. – Rom. 15:7-13
Die goue bladsy en goue blommetjie van die waatlemoen laat ons dink aan die Hemel waar God woon.  God wil hê dat ons eendag saam met Hom in die Hemel moet woon en saam met Hom die ewige lewe moet deurbring.
God is ‘n heilige God wat beteken Hy is sondeloos en Hy haat sonde. God kan ook nie sonde in die Hemel toelaat nie,
Ons kan alleen Hemel toe gaan as ons sonder sonde is.
 
Die swart bladsy of die swart pitjies van die waatlemoen laat ons dink aan die sonde in ons harte wat  maak dat ons verkeerde dinge dink, doen en sê en daarmee maak ons vir God hartseer.  Sonde skei ons van God en maak dat ons van Hom wil wegkruip soos Adam en Eva gedoen het nadat hulle gesondig het!
 
Die rooi bladsy en rooi deel van die waatlemoen laat ons dink aan Jesus se bloed wat gevloei het aan die kruis waar Hy in ons plek die sonde van die wêreld op Hom geneem het.  Jesus het gewilliglik ons sonde op Hom geneem en nadat Hy gekruisig is, is Hy begrawe, maar na 3 dae het Hy opgestaan uit die dood.  Jesus is nou in die Hemel waar Hy vir ons plek voorberei en waar Hy vir ons intree as ons bid.
Die wit bladsy of die wit deel van die waatlemoen laat ons dink aan reinheid. As Jesus in jou lewe kom en jy vir Hom aanneem, neem Hy al jou sonde weg en maak jou so skoon soos die wit kleur.As die Here in jou hart werk en jou oortuig dat Hy jou as Sy kind wil aanneem, kan jy Hom aanneem.  Jy kan bid en vir God vra om jou aan te neem as sy kind of die volgende gebed bid:
“Hemelse Vader baie dankie dat Jesus Christus vir my sonde aan die kruis gesterf het.  Ek bely my sonde voor U.  Neem dit asb. weg en help my om U gehoorsame kind te wees. Kom woon in my deur die Heilige Gees.”
Die groen bladsy en groen skil van die waatlemoen laat dink ons aan groei, geestelike groei.  Ek en jy as gelowiges moet groei om meer en meer soos Jesus te wees.
Dit is onmoontlik om op jou eie geestelik te groei, maar aan God kom al die eer toe.  Hy help ons.  Loof Hom met die woorde van Rom. 11:36 “Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid.”
Is jy heilig- sonder sonde? Is jy reg vir die Hemel?
Is daar sonde in jou hart?
Kan jy die sonde afwas met water en seep?
Glo jy in Jesus Christus?  As jy Sy kind is loof en prys Hom daarvoor. Jy wat nog nie in Jesus glo nie, wil jy Hom aanneem as jou Verlosser van sonde?
Het jy hierdie gebed bedoel? Dan is Rom. 6:18 vir jou bedoel: Dank God dat jy nou vrygemaak is van sonde en nou ‘n slaaf of volgeling van God geword het om Sy wil te doen!
Mag God ons Vader vir jou en vir my help om gedurig gevul te wees met Sy vreugde en vrede wat in ons is deur die werk van die Heilige Gees. Rom. 15:13

5. Hersieningspeletjie:  
1. Die verskillende kleure van die woordlose boekie tel verskillende punte, bv. Goud tel 1000, Swart tel 100, rooi tel 3000, wit tel 2000 en groen tel 5000.
2.  Stel 2 vrae per kleur op bv. 
2.1 Goud: Wat beteken dit dat God ons Skepper is?   Wat beteken dit dat God Heilig is? 
2.2 Swart of donker: Wat is sonde?   Watter vers in Romeine vertel dat almal gesondig het?
2.3 Rooi: Wanneer het God al gesê dat Hy eendag ‘n Mens sal stuur om die Satan(slang) se kop te vermorsel?  Waaraan laat die rooi kleur ons dink?
2.4 Wit/skoon: Hoe kan ‘n mens in Jesus glo?  Wie woon in jou as jy vir Jesus aangeneem het?
2.5 Groen: Hoe kan ‘n mens God se wil doen?  Hoe kan ‘n mens geestelik groei?
Laat kinders ‘n kleur kies en vra die vraag en as hul reg antwoord, kry hul die punt van die kleur.  Tel aan die einde die punte bymekaar en laat wenners eerste van waatlemoen eet en tweede wenners kry tweede beurt!
6.   Sluit af met die lied van die waatlemoen op die wysie van “I believe the Bible” en gebed.
7.  Uitnodiging: Vra vir kinders wat na die tyd met jou wil kom gesels oor geloofsekerheid om jou te ontmoet sodat jy hul kan help om in Jesus te glo

Bibel lesson hour:     Have a watermelon-party and explain the Gospel Message with the truths in Romans:  (CEF has a watermelon-party lesson that you can order and use)
1.     Welcome the children and open with prayer
2.     Sing a watermelon song on the tune of “I believe the Bible”:
2.1   The watermelon tells a story (3x) that we need to know 2.2 Gold is for heaven (3x) where we want to go 2.3 Dark says I’m a sinner(3x) and I can’t go in.2.4 Red says Jesus died(3x)on the cross for me 2.5 Clean says I’m forgiven (3x) when I trust in Him. 2.6 Green says I should grow (3x) as I follow Him.
3.     Teach a Bible verse:  Romans 12:1 “..present your bodies a living sacrifice, holy, acceptible to God.” Explain difficult words. To memorize the verse let children do “crazy standups” to repeat the verse.
4.     Bible lesson:  You can use a watermelon and cut it open and explain the Gospel message with the colours.  Afterwards the children can devide into groups and eat the watermelon and explain what the colours remind them of.
1.Golden page or yellow flower of watermelon plant
2.Black/dark page or black pips of watermelon
3.Red page or red part of watermelon
4.White/clean page or white part of watermelon peel on inside
5.Green page or green peel of watermelon on outside
The Bible tells us in Rom. 3:29 and 30 that there is only one God and He is a God of love.  Hy loved His chosen people – the Israelites, but He also love the heathen nations.
He is our Creator God of Heaven and Earth and made everything.
He made man as the crown of His creation.
God is in heaven where there are no son, moon or stars but only His majesty and glory gives light.  The streets in heaven are made of gold
We are not ready for heaven, because the Bible tells us in Romans 3:23 that we are all sinners and far from God. Romans 3:9-18 says that nobody is righteous.  Because of the sin of Adam and Eve, our first parents, when they disobeyed God in the Garden of Eden, we are all dirty as a result of their sin.
We cannot wash our sins away.    The Bible tells us in Romans 3:25-26  that God gave Jesus as a sacrifice.  Through the blood of Jesus on the cross, we were justified with God as if we never sinned.
God, promised Adam and Eve after they sinned in the Garden of Eden, that He will send a Man to bruise  Satan”s head  and take away the sin of the world. Gen. 3:15
You can believe in Jesus and be free from your sin.  In the Bible Romans 3:21-22 it tells you that you can be free.
How do you believe in Jesus Christ?
Believe that Jesus Christ is God and without sin and that He is the only one who can take your sin away.
Believe that Jesus died on the cross for your sins.
Admit that you are a sinner.
Ask God to accept you as His child.
How do you do God’s will? Do what the
Bible says in Romans 12:1  – present yourself to God everyday as a living sacrifice to do His will.
Read your Bible  regularly to see how to live according to God's will.
Allow God to change your thoughts and make them new – Rom. 12:2.
The Holy Spirit will teach you how to pray and will intercede for you. Rom. 8:26. The Holy Spirit will help you to witness and tell other about Jesus – Rom. 15:7-13
The golden  page or the yellow flowers of the watermelon plant reminds me  of Heaven where God lives.  God wants us to be with Him in Heaven and spend eternity with Him.
God is Holy and that means He has no sin and He hates sin and cannot allow sin in Heaven.
We can only go to Heaven if we are sinless.
The black page or the black pips of the watermelon reminds me of  the sin in our hearts.  Sin that makes us do, say or think the wrong things that make God sad.
Sin separate us from God and make us want to hide from God like Adam and Eve did after they had sinned!
The red page and the red part of the watermelon reminds me of the blood of Jesus that took away our sins.  He died on the cross, He was buried and after 3 days He arose from the dead.  He appeared to many people and after 40 days He returned to Heaven where He is preparing a place for us and where He intercedes when we pray.
The white page or white part of the watermelon reminds me of pureness.  When Jesus comes into your life, He takes away your sin and wash you whiter than snow.  When God works in your heart and convinces you that  you should turn to Him, you can pray to Him and ask Him to come into your life.  You can pray the next prayer:
“Heavenly Father, thank you that Jesus died for me on the cross.  I confess my sins before you. Please take them away and help me to be your obedient child. Please come into my life and fill me with your Holy Spirit.”
The green page and green peel of the watermelon remind us of growth,  spiritual growth.
We have to grow to become more and more like Jesus.  It is impossible to do that in our own strength, but God will help us to do that.  Romans 11:36 says: “For of Him and through Him and to Him are all things, to whom be glory forever. Amen.”
Are you without sin? Are you ready to go to Heaven?
Do you have sin in your heart? Can you wash away your sin with soap and water?
Do you believe in Jesus Christ?  If you do, praise and worship God for that.  You who do not believe in Him,do you want to accept Him as your Saviour from sin?
If you are serious with this prayer, and mean the words thank God because he will set you free from sin and make you  His slave(child) to do His will. Romans 6:18
May God help you and me to be filled with the Holy Spirit continually so that His peace and joy may be part of our lives.  Romans 15:13

 5.     Song:  “What can wash away my sin? Nothing but the blood of Jesus!”
6.     Watermelon Quizz:  Use 10 cards, 2 yellow, 2 black, 2 red, 2 white and 2 green.  Write numbers on them like 2000, 1000, 500, 300, 100.  The children or teams may choose a card with a number and you ask a question that is related to that colour e.g.
Gold:  What does it mean that God is our Creator?   What does it mean that God is holy?
Black/dark: What is sin?  Which verse in Romans tell us that we all sinned?
Red:  When did God promise that one day a Man will come to kill Satan?  What does the red peel remind us of?
White/clean:  How can you believe in Jesus?  Who is in you when you accept Jesus as your Saviour?
Green: How can you do God’s will? How can you grow spiritually?
7.      End with the “watermelon song” and a prayer and invite children who want to talk to you about assurance of salvation to come to you afterwards.

 

 

 

 

 

 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap