Wednesday 5 June 2013

'n Les van die mossies, swaeltjies en robbins

Ek het ‘n gediggie in die skool geleer van ‘n mossie wat eenkeer vir ‘n swaeltjie gevra het:  “Hoekom is die mens tog so vol kommer en vol sorg”?  Toe antwoord die swaeltjie: “Vriend, dit val my nou eers by hulle het dalk geen Hemel Vader soos wat sorg vir jou en my!” 

Die 2 mossies op ons kleinste geldeenheid, het ‘n Bybelboodskap gedra.   Die Bybeltekste van  Matt. 10:29 en 31 word daarmee uitgebeeld:  “Julle weet dat 2 mossies vir ‘n skamele sent verkoop word.  Tog beland nie een van hulle hulpeloos op die grond sonder dat julle Vader daarvan weet nie.” “Moet dan nie bang wees nie, julle is meer werd as baie mossies.”  

Hier is ‘n baie mooi verhaaltjie van robbins:  You may have read about some city workers in Hamilton, Canada, who were trimming trees along a certain street. In one tree they found a nest with several baby robins in it. They decided not to trim this tree until the nest was empty.
When it was abandoned, the workers returned. In the nest they found a piece of paper, along with dried twigs, the robins had used to build the nest for their babies. On the paper were printed the words, "We trust in the Lord our God!"
Wenke: 
1.    Indien jy met ou sente of stuiwers sit en nie weet wat om daarmee te doen nie, maak boekmerkies met die tekste van Matt. 10:29 en 31, plak die stuiwers of sente daarby en gee dit as geskenkies weg.
2.    Hou ‘n sent in jou beursie waar jy dit kan sien sodat dit vir jou kan herinner daaraan dat die Here vir jou sorg!

 

 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap