Friday 5 July 2013

Waarde van Bybel


Leer vir kinders die waarde van die Bybel:

         1.       Sing ‘n lied saam op die wysie van “Vader Jakob”:    Ek 
            glo die Bybel (2x) Dit is God se brief (2x) Dit vertel van Jesus
                (2x)Jesus het my lief (2x)

         2.       Leer ‘n memoriseervers aan:  Ps. 119:72 “U wet is vir  
             my kosbaarder as ‘n oorvloed van goud en silwer” Verduidelik vir kinders dat die Here se woord soos ‘n skatkis is wat bestaan uit kosbare skatte wat kosbaarder is as baie rykdom.  Die Bybelse skatte lei ons na God en die Hemel.  
3.       Bybelles:  Teken ‘n skatkis en soos jy oor skatte van die Bybel praat, plaas kaartjie met skat se naam daarop op die tekening  of kry ‘n kissie en haal kaartjies uit soos jy na skatte verwys.
Skat 1: BEKERING: Ps. 51:9 (lees die vers)– Hierdie skat wys vir ons dat die Here God ons sonde kan wegneem en vir ons witter as sneeu kan was.  Hierdie vers in die Here se Woord het vir my gehelp om tot bekering te kom.  Daar is baie mense wat tot bekering gekom het, nadat hulle die Here se Woord begin lees het.  Ons moet grawe vir skatte in die Here se Woord en vir Hom vra om ons harte te verander soos ons die Bybel – ons skatkis – lees.
Skat 2: GELOOF IN JESUS: Joh. 3:17 (lees vers) – Hierdie skat wys vir ons dat Jesus na die wêreld gestuur is om die wêreld te red en nie te veroordeel nie.  Daarom moet ons reageer as die Woord met ons praat en die Here ons na Hom roep om te  glo in Jesus en vir Hom aan te neem as ons Verlosser.
Skat 3: HULP: Ps. 121:2 (lees die vers) – Hierdie skat wys vir ons dat ons hulp kom van die Here wat die hemel en die aarde gemaak het.  Ons kan die Here vertrou in alles wat ons doen en vashou aan hierdie belofte.  Soek vir ander skatte wat verseker van God se hulp.
Skat 4: ONDERSKEIDINGSVERMOë: Rom. 12:2 (lees die vers) – Hierdie skat wys vir ons dat ons nie aan die sondige wêreld gelyk moet  word nie, maar dat ons vir God moet toelaat om ons te verander en vernuwe sodat ons onderskeidingsvermoë kan hê tussen reg en verkeerd.  Bid daarvoor.
Skat 5: LEWENSWANDEL: Hebreërs 12:1b en 2 (lees die verse) – Hierdie skat wys vir ons hoe ons moet wandel met ons oog gehou op Jesus, want Hy is die begin en die einde van ons geloof en lewe. Skat 6: ONS ERFENIS: 1Pet. 1:8-9 (Lees die vers) – Hierdie skat wys vir ons dat ons ‘n erfenis het in die Hemel wat vir ons wag omdat ons glo in Jesus Christus ons Verlosser. Ons het reeds nou al deel aan die saligheid en dit vul ons met “onuitspreeklike en heerlike blydskap”!

(Daar is nog baie skatte wat op kaartjies geskryf kan word en aan kinders verduidelik kan word, laat kinders saam met jou soek na skatte en dit opskryf op kaartjies en in skatkis plaas.  Jul kan met huisgodsdiens van die kaartjies uittrek en die skatte bespreek en daaroor bid).  

4.  GEBED:  Sluit af met gebed en loof die Heer dat ons so ‘n skatkis vol van skatte mag besit.  Loof God dat ons ons Bybel in ons eie taal kan lees.  Vra dat die Here ons sal help om gereeld tyd te spandeer om ons Bybels te lees en te glo!

5.   Sing weer die lied van:  “Ek glo die Bybel”. 
 
The Word of God led Spurgeon to Him:
Spurgeon’s conversion:   For years he remained under deep conviction of sin until one Sunday morning in January 1850 a snow storm forced him to cut short his intended journey and turn in to a Primitive Methodist chapel in Colchester. "The minister did not come that morning; he was snowed up, I suppose. At last, a very thin looking man, a shoemaker, or tailor, or something of that sort, went up into the pulpit to preach. . . . He was obliged to stick to his text, for the simple reason that he had little else to say. The text was, "Look unto me, and be ye saved, all the ends of the earth." When he had managed to spin out ten minutes or so, he was at the end of his tether. Then he looked at me under the gallery, and I daresay, with so few present, he knew me to be a stranger. Just fixing his eyes on me, as if he knew all my heart, he said, "Young man, you look very miserable." Well, I did, but I had not been accustomed to have remarks made from the pulpit on my personal appearance before. However, it was a good blow, struck right home. He continued, "and you always will be miserable—miserable in life, and miserable in death—if you don't obey my text; but if you obey now, this moment, you will be saved." Then, lifting up his hands, he shouted, as only a Primitive Methodist could do, "Young man, look to Jesus Christ. Look! Look! Look! You have nothin' to do but to look and live." I saw at once the way of salvation . . . I had been waiting to do fifty things, but when I heard that word, "Look!" What a charming word it seemed to me! Oh! I looked until l could almost have looked my eyes away. There and then the cloud was gone, the darkness had rolled away, and that moment I saw the sun; and I could have risen that instant, and sung with the most enthusiastic of them, of the precious blood of Christ, and the simple faith which looks alone to HIM . . .

E'er since by faith I saw the stream
Thy flowing wounds supply
Redeeming love has been my theme
And shall be till I die

                                                                 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap