Showing posts with label Vakansieplanne. Show all posts
Showing posts with label Vakansieplanne. Show all posts

Sunday, 22 September 2013

VAKANSIEPLANNE:

A. Vul blokraaisels in en maak jou eie blokraaisels op.
Met lentetyd hoor ‘n mens gereeld duiwe koer.  Hier is ‘n blokraaisel oor tekste in die Bybel wat vir ons van duiwe vertel.    Omkring die wegsteekwoorde nadat jy die woorde opgesoek het in die Bybel. 

1.     Wie het ‘n duif losgelaat in Gen. 8:8? 
2.    Wat begeer Dawid  in Ps. 55:7 van ‘n duif? 
3. Wat sê Jesaja in hoofstuk 38:14 het hy gedoen soos ‘n duif ?
4. Wat maak die duiwe teen die rante van ‘n put  volgens Jer. 48:28?
5. Hos. 7:11 sê ‘n duif is dom en sonder wat?
6. Deur wie is Jesus gedoop volgens Matt. 3:13?
7. Soos wat het die Gees van God op Jesus neergedaal – Matt. 3:16?   

 
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
1
V
E
R
S
T
A
N
D
A
B
2
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
3
M
N
O
N
P
Q
R
S
T
E
4
U
V
J
O
H
A
N
N
E
S
5
W
X
Y
A
Z
A
B
C
D
E
6
T
F
G
G
E
K
L
A
H
I
7
A
J
D
K
L
M
N
O
O
N
8
B
P
U
R
V
L
E
R
K
E
9
C
S
I
Y
U
V
W
X
Y
S
10
E
Z
F
A
B
C
D
E
F
G

 Antwoorde: 1 (D3-D6); 2 (E8-J8);3D6-H6);4(J7-J9);5(A1-H1);6(C4-J4);7(C7-C10)

 B.  Hou ‘n skattejag.

Steek iets in die tuin weg of in die posbus sonder dat kinders weet waar soos balonne en iets te ete. As alles gekry is na die skattejag, word daar partytjie gehou met die skatte.

 Laat almal soek daarna maar gee vir hulle ‘n paar instruksies op kaartjies – geskryf of geteken.

Eerste plek bv. in ‘n kamer, tweede plek in die kombuis, bv. in ‘n blik of karton wat jy vir hulle teken . Derde plek in die tuin, bv. in ‘n gieter of onder iets.  Vierde plek in die posbus of waar ookal.
 
Hou lekker partytjie met die eetgoed, drinkgoed en speelgoed wat hul vind!
 
C.  Maak 'n poppekas en skryf jou eie tonele daarvoor.
1.  Gebruik die verhaal van Esther in die Bybel
2.  Gebruik die verhaal van Josef in die Bybel

Sunday, 7 July 2013

Vakansie-planne


Die wintervakansie is nog ‘n week lank .  Soek julle dalk idees oor hoe om julself besig te hou en nie net rekenaarspeletjies te speel of TV te kyk nie?  Hier is 'n paar idees vir Oupas, Oumas, Pappas en Mammas en kinders vir die vakansie of die res van die vakansie:  

  1. Beplan ‘n motorhuis-verkoping.  Vra vir Pappa en Mamma, Oupa en Ouma om alles bymekaar te maak in die huise wat hulle nie meer gebruik nie.  Spandeer tyd om vir alles ‘n prys te maak en merk dit deeglik.  Maak ‘n plakkaat om voor jul huis op te rig met die kennisgewing van wanneer en hoe laat die verkoping gaan plaasvind. Julle kan selfs koeldrank aanmaak en verkoop. Die geld kan jul gebruik om as gesin iets te doen, bv, na ‘n  akwarium  te gaan.
  2. Hou ‘n huiskonsert:  Vra ‘n paar van jou maatjies en beplan ‘n verskeidenheidskonsert.  Julle sal moet oefen voor die tyd aan sang en voordrag en toneeltjies.  Jul kan selfs ‘n CD speel en sangers naboots.   Vra  vir Pappa en Mamma om jul te help met ‘n tyd en plek om die konsert te hou.   Nooi familie en vriende uit en laat hulle ‘n fooitjie betaal.  As julle vir Mamma of Ouma mooi vra, sal sy dalk pannekoek bak en kan jul dit ook  by die konsert verkoop!
  3. Vir die gesinne wat ver gaan reis,  het ons  ‘n plan om die langpad per motor, makliker te maak.   Maak ‘n verrassingssak.  Elkeen van die gesin kan iets koop bv. stokkielekkers, inkleurboekies, speletjies, droëvrugte, ens. Elkeen maak dit op in  pakkies en alles word in die verrassingssak gepak.  Nadat julle die langpad begin het en Pappa of Mamma het ‘n gebed gedoen om die Heer se seën te vra op die langpad, word die voorwaarde-brief gelees.  In die brief word verduidelik hoe gereeld die sak oopgemaak gaan word , bv. elke 3 ure, maar indien daar bakleiery of lelike gedrag was, vind die oopmaaktyd ‘n uur later plaas.  Ons gesin het gereeld hierdie speletjie gespeel op die langpad en dit werk werklik baie goed!!  Ek het die wenk ook ingestuur na die Huisgenoot en dit het groot byval gevind by gesinne!
  4. Hou ‘n poppespel.  Julle kan jul eie poppe maak van karton of papierborde  en dit dan aan stokke vassit.  Maak  ‘n poppekas van ‘n kartondoos of tafeltjie.  Sit of lê agter tafeltjie en soos iemand ‘n verhaal lees, laat beweeg jy die poppe bo die karton of tafeltjie.  Iemand kan selfs vir jou die verhaal lees en laat opneem op ‘n kasset met musiek daarby.  Julle kan self ‘n kompetisie hou en kyk wie se pop is die mooiste of kleurvolste.
  5. Begin met ‘n versameling, bv. maak mooi klippies bymekaar. Versamel verskillende vorms en kleure blare wat jy in ‘n ou telefoongids kan laat lê totdat hulle droog is.  Plak hulle dan in ‘n boek of raam selfs van hulle om teen jou muur te hang.  Versamel potlode, uitveërs, seëls of skulpies en hou hulle in houertjies wat jy self maak.  Jy kan kartondose oortrek met mooi papier of materiaal. 
  6. Inkleur-kompetisie:  Kry mooi inkleurprente of teken jou eie prente en kleur dit baie mooi in en kyk watter is die mooiste.  Dit moet volgens ouderdomme beoordeel word.  Neem dan die mooiste en laat dit lamineer om teen jul muur te hang of agter jul kamerdeur!  Skryf ‘n mooi Bybelteks daarby en versier dit.  Jy kan ook boekmerke maak met Bybeltekste en dit mooi inkleur en as geskenke gee vir jou maats of familie. 
Laat weet vir my wat dink julle van al die planne en of julle daarvan kon gebruik.

Saturday, 29 June 2013

VAKANSIEPLANNE - HOU PIEKNIEK!!

ORGANISEER ‘N LEKKER PIEKNIEK VIR BINNENSHUIS OF BUITE IN DIE NATUUR:  

1.  TEDDIEBERE-PIEKNIEK: (vir kleuters)

Pak al jou sagte speelgoed en teddiebere in ‘n mandjie en pak bekertjies en koeldrank en koekies in ‘n ander mandjie.

Nooi een of twee maatjies na die piekniek en vra hulle moet ook hulle beertjies saambring.

Vra vir Mamma om vir julle ‘n kombers of slaapsak onder ‘n boom oop te gooi.

Pak al die speelgoed een kant van die kombers uit, pak al die eet en drink-goed aan die ander kant uit en hou lekker fees!!  

2.  LIEDJIES EN GEDIGTE-PIEKNIEK:

Nooi iemand wat kitaar kan speel en kinderliedjies ken.  Neem ‘n gedigteboek en die Bybel saam.

Vra vir elkeen om iets saam te bring na die piekniek – rou groente soos wortelstokkies of komkommerringe, tamaties in wiggies gesny; vrugte soos druiwe of appels of piesangs.  Julle kan ook vrugtesap saamneem en broodrolletjies of toebroodjies.

Neem papierborde saam en laat elkeen ‘n gesig uitpak op die papierbord met die vrugte en groente voordat dit geëet word.

Na die ete kan julle lekker saamsing en kan gediggies of ‘n Psalm uit die Bybel gelees word.

Iemand of almal  kan selfs bid en die Here loof en prys vir al Sy seëninge! 
 

3.  STRAND-PIEKNIEK:

Maak seker die wind waai nie op die Strand nie! 

Pak ‘n mandjie met:

toebroodjies, gebakte wors, gekookte eiers (10 min. Nadat die water  begin kook het), sout en peper, tamaties, ‘n pak aartappelskyfies, koeldrank.  Onthou die bekertjies en papierborde.

Neem ‘n reisdeken of slaapsak, opvoustoele en sambreel asook ‘n bal.

Kry ‘n lekker plek vir jul gesin en pak alles uit.   Eet eers lekker rustig en bekyk die pragtige see en berge en loof die Heer vir die wonder van die Skepping.

Speel dan ‘n paar balspele, swem as dit lekker warm is en vier FEES!
 

4.  PIEKNIEK MET JOUSELF:

Het jy al daaraan gedink dat jy op jou eie ‘n piekniek kan hou?  Hier is hoe:

Dek vir jou ‘n mooi tafeltjie met ‘n mooi tafeldoek en sit jou spesiale bord, glas of koppie daarop met jou gunsteling eetgoed. (My gunsteling eetgoed sal wees:  Soutbeskuitjies, kaas, tamatie, avokadopeer, neute,  tee en sjokolade)

Speel die CD waarvan jy baie hou.  (My gunsteling is een van Mozart se klavierkonserte)

Teken ‘n prent van Psalm 23 waar staan:  “Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie.  Hy laat my in groen weivelde rus.  Hy bring my by waters waar daar vrede is.  Hy gee my nuwe krag.”

 

5. PIEKNIEK OM JOU EETKAMERTAFEL: Pak speletjies soos Dambord, “Chinese Checkers”, “Rummikub”, “Thirty seconds”, Uno ens.op tafel.  Pak broodrolletjies en worsies uit op ‘n skinkbord  met pakke aartappelskyfies, tamatiesous en aanmaak koeldrank. Sny ook appels op in 16des en plaas in bakkies op tafel vir peusel.  Besluit watter speletjies wanneer gespeel gaan word en hou boek van wie wen.  Besluit ook wanneer om te eet.  Geniet ‘n heerlike piekniekete en speletjiesaand!!

 

Woordlose boek se oorsprong en boodskap