Monday 1 July 2013

PAULUS SE GEBED IN EFES. 3


Bid Paulus se gebed vir die Efesiërs in Efes. 3:16-21 vir jou en jou kinders en kleinkinders soos volg:

1.     Onse Hemelse Vader ons kniel in gebed voor U neer en aanbid U.

2.    Aan U het ons hele gemeenskap van gelowiges ons bestaan te danke

3.    Ons bid dat U deur U Gees uit die rykdom van U heerlikheid aan ons die krag sal gee om innerlik sterk te word

4.    Ons bid dat Christus deur die geloof in ons harte sal woon

5.    Mag ons in die liefde van God gewortel en gegrondves wees

6.    Mag ons almal as gelowiges in staat wees om te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek

7.    Mag ons Christus se liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan

8.    Mag ons heeltemal vervul word met die volheid van God, deur die werking van die Heilige Gees in ons harte

9.    Aan U o God kom ons dank en eer toe – U wat deur U krag in ons werk

10. U is magtig om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, ons loof U daarvoor

11.  Dankie Vader dat ons verbondenheid met Jesus Christus deur U bewerkstellig is

12.  Dankie Vader dat U die kerk – die hele gemeenskap van gelowiges – deur al die geslagte heen tot in ewigheid bewaar en beskerm en help om U te eer

 

HELP ONS HEMELSE VADER DAT ONS EN ONS KINDERS EN KLEINKINDERS EN NAGESLAGTE HIERDIE GEBED VAN PAULUS SAL BELEEF EN UITLEEF EN U DAARDEUR SAL VERHEERLIK! ONS BID DIT IN JESUS CHRISTUS ONS HERE SE NAAM.  AMEN

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap