Wednesday 3 July 2013

HUISGODSDIENS/FAMILY DEVOTIONS

HOU GEREELD HUISGODSDIENS!
Die belangrikste en beste” Bybelskool” van gelowige kinders, is die 18 jaar wat hul in hul ouerhuise is voordat hul die huis verlaat om op hul eie bene te staan.  Die beste “dosente” in hierdie Bybelskool is Godvresende ouers wat die Here se roeping uitleef in hul taak om hul eie kinders te onderrig in Bybelse Waarhede en dit so uit te leef in hul huise dat die kinders die voorbeeld navolg as hulle die “Bybelskool” verlaat.
Ek was bevoorreg om  Oupas en Oumas te hê wat die Here gedien en gevrees het en vir wie ek hoor Bybellees en bid het met huisgodsdiens as ons vir hulle gekuier het.  In my ouerhuis was ek bevoorreg om ouers te hê wat lief was vir die Here en gereeld huisgodsdiens gehou het. Ek het gehoor hoe hulle vir my bid en Bybel lees en die waarhede van die Woord inskerp volgens Deut. 6:7.
Deur die Here se genade is ek getroud met ‘n man wat die Here liefhet en dien.  Ons moes hard werk aan ‘n plan en bid vir wysheid om gereeld tyd te maak vir huisgodsdiens wat vir almal pas.  Vir ons gesin was die beste tyd soggens voor ontbyt.  Ek het soggens baie vroeg opgestaan om stiltetyd te hou en dan vir almal wakker gemaak om reg te maak vir skool.  Sodra die ontbyttafel gedek is en die pap gemaak is, het ek begin om geestelike liedere te sing wat dan vir almal die teken was, dat hul na die ontbyttafel moes kom.
Daar het ons eers saamgesing, dan Bybel gelees en geleentheid gegee vir gebedsversoeke en gebed. Bid vir die regte tyd, plek en metodes om jul huisgodsdiens te hou, want die Here belowe in Jakobus 1:5 dat Hy wysheid sal gee!
Mnr. Roy Harrison die afgetrede Europese Direkteur van CEF  gee 7 belangrike riglyne vir huisgodsdiens in sy boek: “Guidelines for the Christian Family”.
1.    Kies ‘n tyd wat vir almal pas.

2.    Maak die tyd interessant en effektief en oop sodat elkeen kan deelneem

3.    Maak beurte met die lees van Bybelgedeeltes – nadat jul Bybel gelees het, bespreek wat is die hoofwaarheid in die gelese gedeelte: is dit ‘n waarheid om te glo en uit te leef, is daar ‘n waarskuwing om op te let, is daar ‘n voorbeeld om te volg, is daar ‘n belofte om toe te eien, of is daar ‘n opdrag om te gehoorsaam?

4.    Bespreek gebedsversoeke en gee tyd vir gebed – sluit in jul gebede die volgende in: aanbidding, sondebelydenis, danksegging, voorbidding.

5.    Leer en memoriseer Bybelverse – begin by maklike Bybelverse en herhaal van tyd tot tyd

6.    Berei jou kinders voor en rus hul toe om probleme te hanteer

7.    Deel sendingnuus en gedeeltes uit Geestelike boeke wat jy gelees het en sing Geestelike liedere

Onthou Huisgodsdiens moet nie in die plek van persoonlike stiltetyd gehou word nie.  Kinders moet op hul eie stiltetyd hou waar hul leer om persoonlik met die Here te praat.

Family Devotions are very important for a Christian family.  The Christian home is like a Bible School to children and Christian parents who share the Gospel message to their children are the best instructors!  May God bless you and help you to be a fisher of men to lead your unsaved child to the Lord – by hook and to help your saved child to grow spiritually by shepherding him or her by crook.
Pray for the right time and place and method to have your family devotions.  God promises us that He will give us wisdom – James 1:5.
Mr. Roy Harrison, Retired European Director of CEF, mentions in his book: “Guidelines for the Christian Family” that there are 7 essentials of family worship:
1.   Choose a time which suits everyone
2.   Make the time interesting, effective and open for everyone to take part
3.   Take turns to read some verses from the Bible – after reading the Bible, ask your children to look for certain things in the passage:  Is there a truth to know and believe? Is there a warning to heed? Is there an example to follow? Is there a promise to live by? Is there a command to obey?
4.    Share prayer requests and have a time of prayer – include in your prayer time: worship, confession, thanksgiving, supplication, and intercession.
5.    Learn and review Bible verses
6.    Prepare and equip your children to face difficulties
7.    Share missionary news, read book excerpts or sing hymns and choruses
Remember that your family devotions should not take the place of quiet time.  Encourage your children to have their own quiet time daily.
Spurgeon said: “Expect fruit in your children while they are children! Pray for them that they may not run into the world, fall into the evils of outward sin, and then come back with broken bones to the Good Shepherd.  But that they may, by God’s rich Grace, be kept from the paths of the Wicked One and grow up in the fold of Christ, first as lambs of His flock, and then as sheep of His hand.”
 “Perhaps David might have been excused from teaching Solomon, as he was already so wise, but the fact that he did instruct him teaches us that the wisest child needs to be taught the things of God!” Spurgeon’s sermon 1892.

 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap