Resepte vir die haastige en ook beginner kok en ook
‘n paar soettand resepte:
Uit Petro se kombuis!!
1.
Kerriemaalvleis,
rys en slaai
Op een
plaat jou kastrol met rys; ander kastrol kerrie: Bietjie
olie in kastrol en braai ui wat opgesny is.
Voeg pakkie maalvleis by (ek maak maalvleis in klein plat pakkies op dan
gooi ek dit so gevries op ui. Voeg water
by en draai plaat op medium. Voeg
wortelringe, aartappelkwarte, gevriesde ertjies by en laat kook sowat 10
minute. Voeg nog water by as dit wil
aanbrand. Voeg nou 2 eetlepels
kerrie-poeier, 2 teelepels borrie, 2 eetlepels appelkooskonfyt, 2 lepels
blatjang en sout by. Kook weer so 10
minute. Voeg nou blikkie “baked beans”
by. Roer liggies en kook verdere 10
minute.
Bedien
kerrie op rys met blatjang asook ‘n mengelslaai of piesangslaai (kerf piesangs
op en meng met bietjie appelkooskonfyt en room)
2.
Spaghetti
en maalvleis met mengelslaai
Op een
plaat kook jy spaghetti en ander kastrol braai 1 ui in bietjie olie. Voeg maalvleis by en laat kook. Voeg by diee vleismengsel sout, peper,
worcestersous, blikkie uie en tamatie mengsel of tomatiepuree of albei. Kook tot gaar. Plaas spaghetti in vergiettes of sif en
spoel af onder warm water.
Eet
vleismengsel op spaghetti en rasper kaas bo-oor. Eet met mengelsaai of beetslaai
3.
Ongebakte
vrugtekoek
Meng 500g. Gemengde vrugtekoekmengsel en
glanskersies of dadels. Kook 10 minute
oor lae hitte en voeg 2 lepels appelkooskonfyt en 3 eetlepels margarine
by. Haal af van stoof en voeg 1
geklitste eier by en meng goed terwyl nog warm is. Breek ‘n pak Marie beskuitjies in stukkies en
voeg by vrugtemengsel. Meng goed en druk
plat in ‘n pan. Sny blokkies en plaas in
yskas om styf te word.
4.
Sjokolade blokkies
Breek pak beskuitjies fyn en plaas in
mengbak. Gooi pak versiersuiker (500g)
bo-oor en 4 eetlepels kakao poeier en 1 teelepel vanilla. Smelt 6 eetlepels margarine en haal van stoof
af – voeg 1 geklitste eier by en meng vinnig sodat eier nie stukkies maak. Voeg by beskuitjie-mengsel en roer goed. Druk plat in plat gesmeerde bak. Sny blokkies en plaas in yskas.
5.
Gebakte
yoghart tert
Maak pakkie Marie beskuitjies fyn en meng met 2
eetlepels gesmelte margarine. Druk plat in bak vir kors.
Meng 500g yoghart (enige geur), 1 blikkie
kondensmelk en blikkie vrugte (enige soort – ek hou van appelkose) sonder die
sap. Gooi in tertkors en bak in mikrogolfoond vir 6
min. Plaas in yskas en geniet dit sodra
dit afgekoel het.
6.
Pannekoek-maaltyd
Maak pannekoekdeeg in ‘n beker met tuit aan sodat
jy dit sommer in pan kan uitgooi.
Meng 1 ½ kop. Water, 1 ½ kop melk, ½ kop. Olie, 3 eiers, sout, 1t.
Asyn. Klits goed en voeg 2 kop.
Bruismeel by. Verhit pan met bietjie
olie vir 1ste pannekoek, daarna is olie nie meer nodig. Sodra blasies breek aan bokant van pannekoek,
draai dit om en bak anderkant gaar. Nie
te warm plaat, maar ook nie te koel.
Eet vulsels by:
tuna gemeng met blaarslaai en mayonaise; gegeurde maalvleis met kaas;
kaneelsuiker, appelvulsel met room of roomys.
7.
Makrolletjies
Kook oor medium
hitte 2 kop. Suiker, ½ kop. Kakao, ½ kop. Melk, 4 eetlepels margarine. Kook vir 5-7 min. Totdat dit groot borrels
maak. Haal van stoof af en voeg 1 t.
Vanilla en 4 kop. Droë bestanddele by
(bv. 3 kop. Hawermout en 1 koppie klapper, 3 kop. Hawermout en 1 kop. Rice
Crispies of 3 kop. Hawermout en 1 kop. Marshmellows of 3 kop. Hawermout en 1
kop. Rosyntjies en neute by). Skep
hopies van beslag op waspapier en eet wanneer styf en koud.
No comments:
Post a Comment