NOMMER
EEN
|
NOMMER
TWEE
|
NOMMER
DRIE
|
NOMMER
VIER
|
NOMMER
VYF
|
sê
dat God
die Skepper
is van die Hemel en die aarde, die son, maan en sterre en die
natuur. Party mense aanbid ander gode en maak vir hulle
beelde om te aanbid, maar die Bybel vertel vir ons dat daar net
een God is en dat ons net vir Hom mag aanbid. Hy raak
jaloers as ons ander gode het wat sy plek in ons lewens inneem |
sê
dat die Bybel
bestaan uit twee dele.
Die eerste deel noem ons die Ou Testament en die tweede deel noem
ons die Nuwe Testament. In die Ou Testament word alles
vertel wat God gesê en gedoen het voordat Jesus Christus gebore
is en die Nuwe Testament vertel vir on swat God gesê en gedoen
het nadat Jesus gebore is. Die Ou testament kyk vorentoe na
Jesus se geboorte en dood aan die kruis en die Nuwe testament kyk
terug na Jesus se kruisiging.
|
sê
dat elke deel van die Bybel (O.Testament en Nuwe Testament) kan
verdeel word in 3
dele.
Die eerste deel bestaan uit Geskiedenis- wat in die verlede gebeur
het en die laaste deel uit Profesië oor wat in die toekoms gaan
gebeur. Die middelste deel vertel van die ondervindinge van
mense.
|
sê
vir ons daar is 4
Evangelies aan
die begin van die Nuwe Testament. Hulle is Matteus, Markus,
Lukas en Johannes. Hulle is baie belangrike boeke, want
hulle vertel vir on swat het met Jesus gebeur toe Hy op aarde
geleef het en wat Hy gedoen he tom dit moontlik te maak dat ons
gered kan word. Daar word 4 belangrike
dinge vertel van Jesus: Hy is gebore as ‘n baba in
Bethlehem, Hy het 33 jaar op die aarde geleef en nooit sonde
gedoen nie, Hy het aan die kruis gesterf vir ons sonde en Hy het
na drie dae opgestaan uit die dood en leef vir ewig.
|
sê
die eerste vyf
boeke
van die Ou Testament is Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri,
Deuternomium. Hierdie vyf boeke is deur Moses geskryf en
word genoem die Pentateug. Die Duitse Bybel praat van Mose
1, Mose 2, Mose 3, Mose 4 en Mose 5. Hierdie 5 boeke vertel
vir ons hoe alles begin het. Hoe die wêreld begin het, hoe die
lewe begin het, hoe die eerste mense gemaak is, hoe sonde en
slegte dinge begin het, hoe verskillende tale begin het, en hoe
die verskillende volke begin het.
|
Nommer
een
|
Nommer
twee
|
Nommer
drie
|
Nommer
vier
|
Nommer
vyf
|
Daar
is net een
manier hoe ek gered
kan word en seker kan wees dat ek Hemel toe kan gaan – dit is om
in Jesus te glo
|
Die
Bybel leer vir my dat daar twee
soorte mense
op aarde is. Die een groep het vir Jesus aangeneem as hul
Verlosser en glo in Hom, die ander groep glo nie in Jesus nie en
het Hom nie aangeneem as Verlosser nie.
Elkeen
wat glo is dan soos ‘n huis wat op rots gebou is of soos ‘n
boom wat vrugte dra en op die regte pad na die Hemel. Elkeen
wat nie glo nie is soos ‘n huis wat op sand gebou is, of soos ‘n
boom wat nie vrugte dra nie of op die breë pad wat nie Hemel toe
gaan nie.
|
Die
Bybel leer vir ons dat God
is drie persone in een.
God die Vader wat vir my en die wêreld baie lief is. Hy wil
hê ek moet ‘n sy kind wees en daarom het Hy sy Seun Jesus
na die aarde gestuur om te sterf vir my en dit moontlik te maak
dat ek sy kind kan wees. Die Heilige Gees is die Een wat met
my praat en vir my help om in Jesus te glo en vir my help om tot
God te bid. |
Het
jy al ooit gevra: “Wie is Jesus?” Daar was eenkeer
4 vriende wat uitgevind het wie Jesus is. Hierdie 4 het ‘n
vriend gehad wat lam was en hulle het besluit om hom na Jesus te
neem. Toe hulle by die huis kom, was die huis vol mense en
kon hul hom nie by die deur inneem nie. Hulle besluit toe om
hom deur die dak te laat sak tot by Jesus. Jesus
het toe 4 dinge gedoen:
1. Hy het vir die man gesê: “Jou sonde is vergewe”
2. Jesus het vir die mense wat vrae gehad het oor Hom,
presies gesê wat hulle dink, omdat Hy God is weet Hy mos alles.
Jesus het vir die man gesê: “Staan op en loop”.
Dit het gewys dat Hy vir hulle vriend omgegee het. 4.
Hulle het gesien hoe hulle vriend sy bed optel en loop. Net
God kan mense gesond maak – Jesus is God.
|
Daar
was iemand wat getrou het en hy nooi toe 10 meisies na die
bruilof. Vyf
van die meisies
het met lampies vol olie gewag vir die bruidegom om te kom.
Toe Hy kom, het hulle saam met Hom na die bruilofsaal gegaan en
vrolik fees gevier. Die ander
vyf se
lampies het nie genoeg olie gehad nie en toe die bruidegom kom,
kon hulle nie saamgaan nie, want hulle was nie gereed nie.
Toe
hulle gaan aanklop by die bruilofsaal het die bruidegom gesê:
“Ek ken julle nie”
Watter
groep van 5 meisies wil jy wees? Die wat reg was toe
die bruidegom kom of die wat nie reg was nie?
Die
manier om reg te wees vir die bruilofsfees met Jesus, is om in Hom
te glo en Hom te vertrou.
|
Evangelize children with the Gospel Message so that they can believe in Jesus Christ. The unsaved child you need to "catch" like a fish with a hook and the saved child you need to teach wisely - like a shepherd with his "crook" so that they can grow spiritually. Only the Holy Spirit can work in the lives of children to come to a saving knowledge of the Lord Jesus and can help them to grow spiritually.
Wednesday, 29 November 2017
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
-
Hierdie tyd van die jaar wil almal oefen vir 'n kersspel voor die skole sluit. Hier is 'n kersspel wat ons by 'n Child Evange...
-
IDEES vir Lentetyd! Vandag is amptelik "lentedag" in Suid-Afrika. Ons kan saam met die voëls sing en die Here loof vir die pragt...
-
Hoe om ‘n kind na die Here Jesus te lei: Die Boekie sonder woorde van Child Evangelism Fellowship is ‘n baie goeie metode om kinders na di...
No comments:
Post a Comment