ONS EN
ONS KINDERS MOET WEET:
- Daar
is ‘n God – Heb. 11:6 – “As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te
doen wat God wil. Wie tot God
nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat
Hom soek, beloon.”
- God
is Almagtig en kan alles doen – Ps. 135:5-6 “Alles wat die Here wil, doen Hy, in die
hemel en op die aarde, in die see, in al die oseane,”
- God
werk volgens ‘n plan en niks word aan toeval oorgelaat nie – Rom. 11:33
- God
praat met ons deur die Bybel, die hoofbron van Waarheid – 2 Tim. 3:16
- God
het die heelal en alles daarin geskep uit niks – Gen. 1:1
- Die
aarde waarop ons leef, is geskep in 6 dae. (Gen. 1)
- Alle
visse, diere en voëls is geskep
soos hul was en het nie ontstaan nie. – Gen. 1:20-26
- Adam
was die eerste mens en hy is geskep soos hy was op ‘n spesifieke tyd –
Gen. 1:26-27. Hy was nie die gevolg
van ‘n proses, verandering en evolusie nie. Die eerste vrou was gemaak uit ‘n deel
van die eerste man. Gen. 2:21-22
- Sonde
het in die wêreld gekom deur die mens se
ongehoorsaamheid – Rom. 5:12-21
- God
het voorsiening gemaak vir vergifnis van sonde vir hulle wat glo in Jesus
Christus – Rom. 3:24 – 28
Die Bybel sê
|
Evolusie sê
|
|
|
Iemand
mag vra watter skade is daar as iemand glo in evolusie?
- Die
evolusie-teorie sluit die bestaan, krag en beheer van God totaal uit. As ons God as Skepper ignoreer, dan hoef
ons ook nie teenoor Hom verantwoordelik te wees nie. Pred. 12:1 “Dink aan jou Skepper in jou jong dae….”
- As
die evolusie-teorie reg is, dan is die Bybel verkeerd. Gen. 2:7 – God het lewensasem in die
mens se neus geblaas.
- Die
Waarheid van die skepping is ‘n baie belangrike deel van die
Evangelieboodskap van Jesus Christus wat gepreek word. Hand. 17:24-27 –
Paulus preek in Atene: “God, wat
die wêreld
met alles wat daarin is, gemaak het, Hy is die Here van hemel en aarde, en
Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie. Hy het ook nie nodig dat mense Hom
versorg nie. Inteendeel, dit is Hy
wat aan almal lewe en asem en alles gee.
Uit een mens het Hy al die nasies gemaak. Hy het hulle gemaak om
oor die hele aarde te woon. Hy het
bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon.”
Tot
vandag toe, is die “missing link” nie gevind nie, want niks is nog gevind en
sal gevind word wat half vis en half reptiel of half dier en half mens is nie.
Ek loof die Heer vir
elke kind wat deur die Heilige Gees gelei word en van harte glo dat God die
Skepper van die hemel en die aarde is.
Ek loof die Here dat
Hy deur die Heilige Gees in kinderharte werk om Hom lief te hê en vir
Hom te dien en eer.
Ek loof die Heer vir
gelowiges wat glo in die Bybel en aan die hand van die Bybel en met die krag
van die Heilige Gees die Bybelwaarhede aan kinders oordra.