Tuesday, 19 November 2013

Kersboodskap met 5 kleure verduidelik, Explain the Christmas message with 5 colours


Kersboodskap met 5 kleure van woordlose boek van Child Evangelism Fellowship:
 
The Christmas message with the 5 colours of the Wordless book of Child Evangelism Fellowship
1.  Goue bladsy praat van God en Sy Heiligheid:
* God is ons Skepper God en het alles gemaak en besit  alles
* Hy is die Koning van die Heelal
* God is Heilig en sonder sonde
* God woon in die Hemel
Jes. 6:3 ”Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.”
God ons Skepper. Hy is  ‘n God van liefde en ook ‘n Heilige God.  Hy het geen sonde nie en kan geen sonde in die Hemel toelaat nie.
1.  The golden page speaks about God and His holiness
. God created and owns the world
. He is the King of Kings
. He is pure and holy
. He lives in Heaven
Isaiah 6:3 “Holy, holy, holy is the LORD of hosts…”
God wants you to be with Him in Heaven one day
God is our Creator, He is a God of love and He is a holy God.  He has no sin and cannot allow sin in Heaven.
2.  Donker bladsy praat oor sonde en die gevolge daarvan: 
Rom. 3:23 sê dat ons almal gesondig het en ver van God is.  Ons is almal in sonde gebore.  Wat is sonde?  Alles wat ek dink of doen of sê waarmee ek God hartseer maak, is sonde.  God moet sonde straf, soos wat jy gestraf word as jy verkeerd doen.  Sonde skei ons van God en maak ons ongelukkig.
2.  The dark page speaks about sin and its consequences
Rom. 3:23 “For all have sinned…”
What is sin – disobeying God and His commandments
God must punish sin because He is just and fair
Sin separates us from God and makes us sad.
 
3. Rooi bladsy praat oor Jesus Christus en Sy kruisdood vir ons sonde: Rom. 5:8-9 sê dat Jesus vir ons gesterf het en vir ons vrygespreek van ons sonde.  
*  God het sy Seun gestuur om ons Redder te wees. Jesus is gebore in 'n stal in Bethlehem.  Daar het die herders en wyse manne Hom gevind en Hom aanbid.  Hy het grootgeword in Nasaret saam met sy ma Maria en sy aardse pa Josef.
*  Toe Hy ongeveer 30 jaar oud was, het Hy   aan die kruis  op Golgotha gesterf om ons te red van ons sonde
*  Jesus het God se straf vir al die sonde van die wêreld op Hom geneem
 
3.  The red page speaks about Jesus Christ, and His death for sin
Rom. 5:8,9 – “Christ died for us – we are justified by His blood, we shall be saved from wrath through Him”
.  God sent His Son, the Lord Jesus Christ to be our Saviour.   Jesus was born in Bethlehem in a stable.  There the shepherds and wise men found him and worshipped Him.  He grew up in Nazareth with his mother, Mary and his earthly father Joseph. 
.  Jesus died at the age of 30 on a cross in Jerusalem (Golgotha) to save us from our sins
.  Jesus took God’s punishment for all the wrong things we have done
4. Skoon bladsy praat van vergifnis – Vergifnis beteken dat al die verkeerde dinge wat jy dink, doen en sê is nie meer ‘n probleem tussen jou en God nie.  God neem die sonde wat jy voor Hom kom bely weg en maak asof dit nooit gebeur het nie.  In die Bybel staan daar “Ek sal hul sonde wegneem en nooit weer daaraan dink nie.  (Jer. 31:34) Het jy al hierdie Koning ontmoet?   Is jy reg as Koning Jesus weer kom om vir jou te  kom haal?  Hoe kan jy reg wees? 
Maak seker jy is sy kind.  Hoe?  Bid tot God en loof Hom omdat Hy goed is.  Bely jou sonde.  Vra dat koning Jesus jou sal vergewe en jou God se kind sal maak.
Aanvaar die belofte in Joh. 1:12:  “Aan almal wat Hom aangeneem het, die wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te wees.”
Hierdie skoon bladsy vertel vir ons dat die oomblik wat jy God se kind word, maak Hy jou hart witter as sneeu en woon die Heilige Gees in jou.
Vertel hierdie goeie boodskap aan almal hierdie Kerstyd sodat meer mense in Jesus kan glo en Hom verwag as Hy weer kom op die wolke!
 
4.  The white page speaks about salvation – especially about justification
2 Cor. 5:21 “For He made Him who knew no sin to be sin for us – that we might become the righteousness of God in Him.”
When we trust Jesus Christ as our Saviour, God forgives all our sins
He sees us as pure and as clean as Jesus Christ
Rom. 10:13 – Do you want to be saved?  Call on the Lord Jesus.  Confess your sins and ask God to help you to live a life according to His will.
Accept the promise in John 1:12 that when you believe, you are a child of God
Accept Jesus Christ as the Saviour of the world this Christmas and tell the good news of our His birth and death to all the people you get in touch with this Christmas.
 
5. Groen buiteblad van woordlose boekie praat van geestelike groei: As jy God se kind is, wil Hy hê jy moet geestelik groei. 2 Pet. 3:18. Vra God om jou te help om geestelik te groei met die hulp van die Heilige Gees wat in jou woon.   Jy kan groei deur hierdie 5 dinge te doen:
  1. Lees jou Bybel – God se Woord
  2. Bid tot God jou Koning
  3. Getuig van jou Koning
  4. Bely dadelik sonde wat jy doen
  5. Gaan kerktoe saam met ander gelowiges
In jou eie krag kan jy nie geestelik groei of vir God verheerlik nie, maar die Here belowe in Hebr. 13:6 dat Hy ons Helper is.  Vra Hom vir krag elke dag
 
5.  The green cover speaks about spiritual growth after salvation
1 Pet. 2:2 “As newborn babes, desire the pure milk of the word, that you may grow thereby”
.  Grow by reading Bible
.  Grow by talking to God regularly
.  Grow by telling others about the Lord Jesus
.  Grow by confessing sin to God
.  Grow by meeting regularly with other Christians and by attending a good church
In your own strength you cannot live as a child of God, but trust God and accept the promise in Hebrews 13:6 “The lord is my helper…."
 

 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap