Wednesday, 18 September 2013

Huisvergaderings:

Met ons gesin van 7 het ons dit nodig geag om van tyd tot tyd huisvergaderings te hou. 
Ons het ‘n agenda saamgestel en elkeen kon punte op die agenda sit wat hul graag wou bespreek. Met so ‘n huisvergaderings word sake bespreek wat die gesin raak en kan almal  saam oor oplossing besin.  Hierdie vergaderings het vir ons as gesin nader aan mekaar gebring.
 
 Voorstelle vir huisvergaderings:
  1.  Hou ‘n huisvergadering eenkeer per kwartaal –  ‘n goeie tyd is aan die begin van ‘n nuwe kwartaal nadat  almal weet hoe hul program vir nuwe kwartaal lyk. Kies elke keer ‘n ander voorsitter en sekretaris/sekretaresse vir volgende vergadering (mits kinders oud genoeg is om so ‘n rol te vervul – anders hanteer ouers die rolle)
  2. Plaas ‘n oop agenda op die yskas en laat almal punte op agenda plaas wat hul graag wil bespreek bv.  
AGENDA  
Opening en terugvoering van elkeen teenwoordig oor hoe dit gaan.
Spreek waardering uit vir positiewe dinge wat in huisgesin gebeur
Lees vorige notule en behandel sake uit die notule
 
Nuwe sake bv.:
1.  Wanneer huisgodsdiens gehou gaan word 
2.  Netheid van kamers 
3.  Bespreekv orde-reëls van gesin – wanneer hul maats mag kry, hoe laat ligte saans  moet  uitwees, straf vir ongehoorsaamheid, belonings vir netheid en goeie prestasie, ens. 
4.  Beplan gesinsnaweke en volgende vakansie 
5.   Bespreek probleme wat op agenda verskyn het
6.   Bespreek hoe jul familie kan uitreik in omgewing na bure.   Hoe jul miskien ‘n “garage sale” kan hou en jul interprenieursvernuf kan beproef.  
Afsluiting:  Sluit af met ‘n paar bord-speletjies of vra raaisels (kan op internet bekom word) of hou ‘n pannekoek-aand.

N.B.  Gee vir elke lid van die gesin 'n geleentheid om 'n bydrae te lewer en moenie mekaar verkleineer nie.  Bid voor die tyd dat die Here dit 'n aangename en verrykende tyd sal maak.

 

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap