Tien-punt
plan hoe ek as vrou vir God kan verheerlik en Hom
in alles kan geniet!
Bid en leer hierdie waarhede vir dogters en vroue.
1.
Wees seker van jou geloof! Wat is jou enigste troos in lewe en in sterwe?
Antw. Dat ek met liggaam en siel in lewe in in
sterwe nie aan myself nie, maar aan my getroue Verlosser, Jesus Christus
behoort. Hy het met sy kosbare bloed
vir al my sonde ten volle betaal en my
uit alle heerskappy van die duiwel verlos.
Hy bewaar my op so ‘n wyse dat sonder die wil van my Hemelse Vader,
geen haar van my kop kan val nie.
Alles moet inderdaad tot my saligheid dien. Daarom verseker Hy my ook deur sy Heilige
Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om
voortaan vir Hom te lewe.
(Heidelbergse Kategismus)
|
|
2.
Vind vreugde in die Here se
Woord, dink daaroor na en memoriseer
dit! – Ps.
1 “Dit gaan goed met die mens wat vreugde vind in die gebooie van die Here en
sy voorskrifte dag en nag oordink…..”
|
|
3.
Bid oor alles! – Fil. 4:6-7 “Moet oor niks
bekommerd wees nie, maar bid oor alles.
Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir
alles wat Hy doen. As julle so bid sal
julle God se vrede beleef.”
|
|
4.
Stry teen sonde in jou lewe! – Rom. 6:11-13 – “Moenie toelaat dat sonde
jul lewens beheer nie…..julle is betrokke in ‘n geestelike oorlog. Moenie jul
liggaamlike vermoëns as wapens van
ongeregtigheid vir sondaars beskikbaar
stel nie, maar stel dit aan God beskikbaar as wapens van geregtigheid…”
Stry as vrygespreekte
sondaar! Miga
7:8-9 “Ek het geval, maar sal weer
opstaan….Hy sal weer lig in my lewe bring.”
Ps. 51:14 “Laat my weer blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos
is…”
|
|
5.
Aanvaar vreugde in die Here as ‘n geskenk van God! - Gal. 5:22 “Die vrug van die Gees is liefde,
vrede, vreugde….”
|
|
6.
Volhard in geloof! - 2 Tim. 4:7 “Ek het die goeie stryd gestry,
ek het die wedloop voltooi en ek het gelowig gebly.”
|
|
7.
Verheerlik die Here deur na jou liggaam om te sien! - Kry rus, oefening en regte dieet waarvoor
die Here jou liggaam gemaak het. 1 Kor. 6:20 “ want julle is teen ‘n duur
prys gekoop. Daarom moet julle God met
julle liggaam verheerlik.
Verwonder jou in God se openbaringe in die natuur en prys
Hom daarvoor Matt. 6:30 “As God dan die veldplante wat
vandag daar is en môre verbrand word, so mooi
aantrek, hoeveel te meer sal Hy nie vir julle sorg nie?”
|
|
8.
Preek vir jouself i.p.v. luister na jouself! - Ps. 42:6&12 “Hoekom is
ek nou so mismoedig? Hoekom is ek so hewig ontsteld? Nee, ek plaas my hoop op
God! Ek sal Hom weer prys. Hy is my
redder en my God!”
|
|
9.
Spandeer tyd met Geesvervulde mense en lees geestelike boeke veral biografieë
van gelowiges! - Spr. 13:20 “Hy wat met wyse mense meng,
verkry self ook wysheid. Meng jou met
dwase en jy word self soos hulle.”
(Augustine Bookroom
www.augustine.co.za)
|
|
10.
Wees tot ‘n seën vir ander omdat die Here
jou seën! - Ps. 67:1-3 “Mag God ons genadig wees en ons seën, mag Hy tot ons redding
verskyn, sodat Sy dade oor die wêreld heen bekend mag word,
sy reddende krag onder alle nasies”
|
|
No comments:
Post a Comment