Monday, 17 June 2013

WAT IS WAARHEID?

Volgens Joh. 18:37 het Jesus vir Pilatus gesê dat Hy die Koning van die Jode is en Hy is gebore om van die WAARHEID te getuig. Hy het verder gesê dat elkeen wat aan die WAARHEID behoort, luister na wat Hy sê.
A.  HOE het JESUS oor die WAARHEID getuig?
  1. Deur oor die WAARHEID te praat en te getuig. Hy het sy lewe gegee as losprys; en Hy belowe dat hy tot aan die einde by ons sal wees. Matt. 28:20
  2. Deur die WAARHEID te wees – Joh. 14:6  “Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe.
  3. Hy het gesterf om die WAARHEID te bevestig – Open. 1:5  “Jesus Christus die getroue Getuie – die eerste wat opgestaan het uit die dood, regeer as Koning op aarde.
  4. Hy stuur ons om getuies te wees van die WAARHEID – Joh. 20:21  “Soos die Vader my gestuur het, stuur Ek ook vir julle…”
  5. Hy bid vir ons, sy kinders, dat ons toegewy sal wees aan die Woord wat die WAARHEID is – Joh. 17:17 
B.  Hoe moet ons as gelowiges oor die WAARHEID getuig en doen wat Jesus sê?
1.   Ons moet die WAARHEID - die Bybel  en Evangelieboodskap - ken en glo sodat dit ons kan lei tot diens van God en hoop gee op die ewige lewe.    Titus 1:1-2
2.   Ons moet die Woord van die WAARHEID suiwer verkondig – volgens 2 Tim. 2:15  

Hierdie WAARHEID word verdraai deur die antichris in boeke, preke, deur mense – hulle wat nie glo in die WAARHEID nie.  Ons gebed moet gedurig wees dat die Here ons sal help om in die WAARHEID te wandel,  dat ons die WAARHEID sal liefhê en dat die WAARHEID ons sal lei waar ons ookal gaan!
Maak Ps. 43:3 ook jou gebed en vra dat die Here onse God Sy LIG en WAARHEID sal stuur dat dié jou lei!

No comments:

Post a Comment

Woordlose boek se oorsprong en boodskap