Wednesday 31 July 2013

DIE HEMEL EN HOE OM DAAR TE KOM


Die Hemel en hoe om daar te kom.  Maak ‘n boekmerk van die eerste deel nr. 1-6 deur dit op stywe karton te plak en ‘n lintjie of toutjie onderaan te heg.  Leer kinders om met die hulpmiddel teenoor mense te getuig oor hoe om gered te word.

1.Die Hemel – daar is net een manier om daar te kom!  Jesus het gesê: “Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”  Joh. 14:6
                                                                     
Die Hemel is ‘n wonderlike plek.  Die Bybel sê vir ons daar is nie trane, dood, hartseer, pyn of siekte in die hemel nie.  God is die lewe en die heerlikheid van die Hemel.  Daar is net een manier of Weg om in die Hemel te kom en dit is deur die Here Jesus Christus.  Hy is die Weg.  (Joh. 14:6)
2.Ek is ‘n sondaar -  “Almal het gesondig en is ver van God af.”  Rom. 3:23  
          


                        
Daar is een ding wat ons kan uithou uit die Hemel.  Dit is sonde.  Die Hemel is ‘n perfekte plek.  God is Heilig en God en sonde kan nie saam wees nie.  Almal het gesondig en is ongehoorsaam aan God. (Rom. 3:23)  Het jy al gejok of gesteel of was jy al ongehoorsaam?  Ons sonde verdien om gestraf te word.
3.God het my lief  “Want so lief het die God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die Ewige Lewe sal hê.”  Joh. 3:16  
                              
God het ons lief ten spyte van ons sonde.  God die Vader het Sy Seun, Jesus Christus na die aarde gestuur om vir ons te sterf.  (Joh. 3: 16) 
4.Christus het vir my gesterf – “Christus het vir ons sondes gesterf.... Hy is begrawe, en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte.”  1 Kor. 15:3-4 
        
 
 
                     
Ons sonde maak dat ons die dood verdien – om vir ewig van God geskei te wees.  Die Bybel sê:  Christus het vir ons sonde gesterf” (1 Kor. 15:3-4)  Toe die Here Jesus Christus aan die kruis gesterf het, het Hy in ons plek gesterf.  Hy het ons  straf op Hom geneem.  Hy het vir al ons sonde betaal .  Hy het weer opgestaan uit die dood en Hy is ons Redder.
5.  God se wonderlike geskenk  “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof.  Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God.”  Efes. 2:8
                           
God het die geskenk van die ewige lewe.  Ons kan nie enigiets doen om onsself te red nie.  Dit is God wat dit moet doen.  As ons draai van ons sonde, vergeef Hy ons en gee vir ons nuwe lewe.  Die nuwe lewe kry ons omdat Jesus Christus Sy lewe vir ons gegee het.
6.  Ek ontvang die geskenk  “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” Joh. 1;12
     
 
                             
Dit is nie genoeg om alles te glo wat ons weet van die Hemel, ons sonde, God se liefde en Christus se dood en opstanding nie.  Ons moet ons vertroue in Hom stel.  As jy vir God nou vra om jou sonde weg te neem en jou Sy kind te maak, en jy bedoel dit, kan jy seker wees, God sal dit doen en die geskenk aan jou gee om Sy kind te wees. 

Heaven and how to get there.  Use the left part nr. 1-6 as a bookmark.  Glue it onto thick paper.  Teach children to use this to witness to people.

1. HEAVEN – ONLY ONE WAY!  Jesus said ...”I am the way, the truth and the life: no man cometh unto the Father, but by me.”  John 14:6   
      
         
Heaven is a wonderful place.  The Bible tells us that there are no tears, death, sorrow, pain or sickness in heaven.  God is the life and the glory of heaven.  There is only one way of getting there: it is through the Lord Jesus Christ.  He is the way. 
(John 14:6)
2. I HAVE SINNED – “For all have sinned, and come short of the  glory of God.” Rom. 3:23
 

There is one thing which stops us from going to heaven.  It is our sin.  Heaven is a perfect place.  God is holy and God and sin cannot be together.  Everyone has sinned and disobeyed God.  (Rom. 3:23)  Have you lied, or stolen of disobeyed? Our sin deserves to be punished
3. GOD LOVES ME “For God so loved the world, that He gave his only begotten Son, that whosoever believeth in Him should not perish, but have everlasting life.” John 3:16
                  
God loves us, in spite of our sin.  God the Father sent His Son to die for us. (John 3:16)
4. CHRIST DIED FOR ME “...Christ died for our sins...He was buried, and He rose again the third day according to the scriptures.”
1 Corinthians 15:3-4
                
                   
Our sin means we deserve death – to be separated from God for ever.  The Bible says: “Christ died for our sins” (1 Cor. 15:3-4).  When the Lord Jesus died on the cross, he died in our place.  He took our punishment.  He paid for all our sin.  He rose again from the dead.  He is a living Saviour.
5. GOD’S WONDER-FUL GIFT “For by grace are ye saved through faith; and that not of yourselves: it is the gift of God.” Ephesians. 2:8
               
God has the gift of eternal life.  We cannot do anything to save ourselves.  It is God who must do it all.  When we turn from our sins, He forgives us and gives us new life, and it is because of what the Lord Jesus has done for us.
6. I RECEIVE THE GIFT
“But as many as received Him, to them gave He power to become the sons of God, even to them that believe on His name.” John 1:12
 
                
                
It is not enough to believe everything about heaven, our sin, God’s love and even Christ’s death and resurrection for us.  We must receive Him as our personal Lord and Saviour.  We must put our trust in Him.  If you ask Him right now to take away your sin and make you a child of God, and you mean it,  you can be sure He will do it, because of what the Bible says.  (John 1:12)

 

 

Tuesday 30 July 2013

Spiritual Gifts

Romans 12:6-8 lists 7 spiritual gifts.  Think about them and ask yourself which  gift God has given you.  What gift best describes the way you look at people and situations?

Why is it important for us to learn about Spiritual Gifts?   (Compare CMR Bible Page 1557)
1.     Learning about the gifts will help you to see how you can best serve the Lord
2.     With your gift  you will be able  to appreciate other believers. 
3.     Someday you will stand before God and explain what you did with your gifts
4.     If you know your gift  you can start to use it  and ask God to help you to do this
5.     When you use your spiritual gift, you will grow as a Christian
6.     If you are not sure about your gift, try different gifts
7.     Ask your godly friends to tell you which gift you use the best
8.   You will find joy and happiness when you use your gift  

GIFT
DESCRIPTION
BIBLE VERSES THAT DESCRIBE GIFT BEST
HOW DOES THE GIFT DESCRIBE YOU? EXACTLY/HALF AND HALF/NOT AT ALL
Prophecy
Christians with this gift can quickly discern between right and wrong and are willing to confront wrong wherever they see it
Acts 2:14-42 Peter’s sermon helped thousands of people to discern between right and wrong
 
Ministry
Christians with this gift, have the ability to see jobs that need doing and understand how to do them.
Romans 16:1-2 Phoebe, a servant of the church has been a helper of many and freed them to preach and evangelize
 
Teaching
Christians with this gift of teaching continually ask questions such as “why?” or “Is this correct?” They teach but also help other believers by encouraging them to be careful students of God’s Word
Luke 1:1-4 When Luke wrote his gospel his main concern was to assure his readers that he was giving an accurate record of Jesus’ life
 
Exhortation
Christians with this gift notice people’s  spiritual problems and want to help solve them.  They like to inspire others and encourage them to do right. Exhorters want everyone to obey the Lord and grow strong in Him.
Ephesians 3:14-21 Paul continually shared practical principles in ways that would help believers reach their full potential
 
Giving
Givers are aware of needs of others and like to use their time, money and talents wisely and encourage other believers to do the same
John 12:3-8 Mary of Bethany looked at Jesus with a giver’s attitude and showed love and appreciation and honored Him in a very special way
 
Leading
Christians with this gift of leading are organizers and can inspire others to work hard on projects while they oversee the project until all is finished
Nehemiah 2:17-18; 6:15  God used Nehemiah as a leader to oversee a big job
 
Showing Mercy
Christians with this gift can quickly sense the hurts of others.  They can console others in a way that strengthens them and put their trust in God
Philemon 4, 5, 7, 10, 20, 21.   Philemon continually comforted other believers.This gave Paul freedom to ask him to show mercy to Onesimus
 

 
In die Bybel in Romeine 12:6-8 word 7 geestelike gawes beskryf.  Lees die Bybelgedeeltes en dink daaroor na en vra jouself af watter gawe beskryf jou die beste?
Gawe
Beskrywing
Bybelverse wat gawe beskryf
Hoe beskryf die gawe vir jou?  Presies, half en half, glad nie
Profesie
Die gawe om die  waarheid van God so bekend te maak en toe te pas, dat dit gelowiges mag opbou, bemoedig en troos, sowel as ongelowiges oortuig
Hand. 2:14 – 42 – Petrus se toespraak op Pinksterdag het duisende bemoedig en oortuig
 
Dienslewering
Die gawe  om ander in hulle lewe en in hulle dienswerk te help deur hulle op praktiese maniere by te staan
Romeine 16:1-2 – Febe het haarself as diaken gegee sodat Paulus en ander sendelinge vry kon wees om die Evangelieboodskap te verkondig
 
Onderrig
Die gawe om kennis aan ander oor te dra met die doel om op te bou
Luk. 1:1-4 – Lukas wou die verhaal van Jesus baie akkuraat neerskryf vir  sy lesers sodat hul die waarheid oor Jesus kon lees en glo
 
Herderskap
Die gawe  om toesig te hou oor die geestelike lewens van ander en om te sorg vir hul geestelike behoeftes deur hulle te leer en te lei tot volwassenheid
Efesiërs 3:14-21 – Paulus se groot begeerte was om te sien dat gelowiges groei tot volwassenheid
 
Uitdeling
Die gawe om God se werk te ondersteun met milde, tydige en blymoedige bydraes
Joh. 12:3-8 – Maria van Betanië het Jesus se behoefte aan liefde en waardering gesien en Hom geëer deur duur salf te gebruik om sy voete te salf
 
Leierskap
Die gawe om lede van ‘n groep met liefdevolle besorgdheid en met oorleg te lei
Nehemia 2: 17, 18 en 6:15-16 Nehemia was ‘n gelowige vir wie God gebruik het as leier
 
Barmhartigheid
Die vermoë om saam te voel met die wat ly en om daaraan uitdrukking te gee deur blymoedige dade van diens
Filemon 4-7; 10, 20-21  Filemon was iemand wat ander gelowiges bemoedig het en daarom weet Paulus hy sal ook barmhartigheid aan Onesimus openbaar.
 

In 1983 is die kursus "Discover Your Gifts" in Afrikaans vertaal en in Suid-Afrika gebruik onder die titel "Ontdek jou gawes".  Ons het die kursus met groot sukses in ons gemeentes gebruik en baie gelowiges was dankbaar dat hul kon ontdek wat hul gawes is.  In die kursus word 15 gawes genoem en breedvoerig bestudeer. Dit is op die internet beskikbaar - sleutel net by Google in: "Ontdek jou gawes".
 

 

Monday 29 July 2013

KINDEREVANGELISASIE-BEDIENING:


  1. ROEPING:   Maak seker van jou roeping – as kind van God, as kinderwerker.    Weet dat jou bediening uniek is.    Jou taak is uniek en net jy met die hulp van die Here weet hoe om die pad te loop.  Vra jouself af hoekom jy Kinderevangelisasie doen, is dit jou liefde vir God wat jou dring – dit is al wat saak maak. Hand. 1:8  Ons sal krag ontvang om te getuig wanneer Heilige Gees oor ons kom en ons sal begin getuig in ons omgewing en dan verder.  Aanvaar die beloftes van die Here vir jou bediening en herinner Hom gereeld daaraan – Jos. 1:5 en 6
  2. VERTROU DIE HERE:  Gee elke dag jou taak aan die Here oor en doen elke dag iets wat met jou bediening te doen het. 
  3. PROGRAM:   Beplan jou program sodat jy tyd bestee aan:  
3.1         Jou eie geestelike lewe – hou gereeld stiltetyd en sonder jou af met die Here om met  Hom te praat oor jou geestelike groei en jou bediening

3.2         Jou voorbereiding berei deeglik voor vir jou vergaderings, klubs en besoeke.  Bid vir leiding en wysheid van die Here.

3.3         Jou visie bedink en beplan- luister wat die Here vir jou sê en deel dit met jou ondersteuners en werkers

3.4         SPAN:  Kry ‘n span wat jou bystaan met jou bediening:  Komitee, leiers by klubs, helpers by klubs, voorbidders.  Maak kontak  met jou komitee(eenkeer per kwartaal), leiers(eenkeer per week met e-pos en sien by klubs), helpers(eenkeer per week met e-pos en klubs) en voorbidders (eenkeer per week met epos met gebedsversoeke).  Maak seker mense weet wat jy doen en gee vir hul spesifieke gebedsversoeke.

3.5         Nuusbriewe en deputasie – stuur gereeld nuusbriewe uit om te vertel van jou bediening.  Bid vir wysheid om interessante nuusbriewe uit te stuur.  Beplan gereelde deputasie besoeke aan mense wie vir jou finansieel kan ondersteun.  Moet nooit dink jy bedel vir geld nie, maar sien dit as ‘n geleentheid om vir mense om betrokke te raak by jou bediening en deel is van jou sendingspan!  3 Johannes verse 6-8 het my baie daarmee gehelp!

3.6         VAKANSIE:  Beplan jou werksdae goed en ook  jou vakansies – bid vir wysheid.  Deur goeie beplanning sal jy nie jou huismense afskeep nie!

  1. OPLEIDING:  Jy moet goed toegerus wees vir die werk wat jy doen deur die nodige opleiding te kry.  CEF het ‘n Super Seminaar kursus wat gereeld op verskillende plekke aangebied word.  Daarna volg die TCE 1 en 2 en dan die Instrukteurs kursusse.  Sodra jy die kursusse deurloop het, kan jy ook kursusse aanbied en jou mense help sodat hulle ook goed toegerus is vir hul taak.  Bied  gereeld werkswinkels aan vir jou span waar jul die kwartaal se werksaamhede bespreek en jy vir hul voorsien van materiaal om te gebruik in die klubs of Sondagskool.  CEF het uitstekende materiaal vir kleuters en kinders van 4-14.   (Epos in Suid-Afrika: cefsalit@gmail.com)
  2. SKEP MOED:  Moenie moedeloos word nie en weet net die Heilige Gees help jou met die groot taak om kinders te evangeliseer.   Dit is nie jou bediening nie, dit is die Here se oes en Hy help jou met die taak en stuur ook die regte mense om vir jou te help!
  3. BID EN VERTROU:   Bid Jabes se gebed dat die Here jou grondgebied sal vergroot – moenie te vinnig groei nie, anders kom jy nie oral by nie. Begin klein en bid en werk aan span en brei jou bediening uit met die hulp van die Here.

 

CEF SE WEBBLAD VIR IDEES:  wonderzone.com

Woordlose boek se oorsprong en boodskap